Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Kgoantha (22) se borgaansoek is tot 17 Februarie uitgestel. Hy bly in aanhouding. Kgoantha staan tereg op aanklagte van moord en diefstal.
Familielede het op 6 Januarie op Kotze se liggaam afgekom toe hulle haar nie in die hande kon kry nie. Toe hulle gaan ondersoek instel op die plaas, het die huis se ligte gebrand, maar die huis was gesluit en daar was geen reaksie nie.
Die polisie is ontbied en haar liggaam is in die huis aangetref. Sy is vermoedelik met ʼn draadhanger verwurg. Die verdagte het twee selfone, ʼn klein bedrag kontant en haar Ford Bantam-bakkie gebuit.
Kgoantha is drie dae na die moord by sy oom se huis in Northam in hegtenis geneem. Kgoantha het glo takies om die huis vir Kotze verrig.