Lephalale-sakeman in hof oor onwettige renosterjag

Van die pote wat op die plaas in Lephalale gevind is (Foto: Heritage Protection Group)

Van die pote wat op die plaas in Lephalale gevind is (Foto: Heritage Protection Group)

Antonio Freitas (55) van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, het Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van die onwettige jag van beskermde wilde diere.

Maroela Media het vroeër berig Freitas is by Ring-Beult Steenbokpan-plaas in Lephalale (Ellisras) in hegtenis geneem in verband met die onwettige jag van beskermde wilde diere.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê Freitas se aansoek om borgtog hervat Woensdag.

Beamptes het beslag gelê op sewe renostersterte, agt pote en vleis wat alles in ʼn yskas gebêre is. Daar is ook renostervelle op die plaas gevind. Mojapelo het gesê die ondersoek sal bepaal waar die renosters vandaan kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

E.V ·

Ryk boere dink hul kan maak en breek en is bo die gereg…. Ek persoonlik hoop daar word van Mnr Freitas n voorbeeld gemaak vir ander jagters!!!! Geld gaan nie 1 dag renosters en ander bedreigde spesies terug bring nie.

Daan Erasmus ·

EV. Kan jy asb die “ryk boere” definieer. Ek verstaan dit nie so lekker nie. Julius Malema dink ook alle boere is ryk. En wat ek van hom dink is lasterlik.

skorra ·

skorra se lont raak nou aan die korterige kant vir mense wat oenskynlike genot daaruit put om luidkeels teen landbouers in die algemeen uit te vaar, maar ewe waarskynlik nie ‘n basiese begripstoetsie sal kan slaag nie. Persoonlik het ek nog nerens in enige van die talle beskikbare berigte oor hierdie saak raakgelees dat die beskuldige se beroep as landbouer oftewel boer aangetoon word nie.

Gustav ·

AS ek na die van FREITAS kyk klink hy nie vir my soos ‘n RYK AFRIKANER BOER NIE .. wou maar net se.

Johanna Botha ·

Wat die man gedoen het is gewetenloos en onaanvaarbaar teenoor die onskuldige weerlose diere ! Die eintlik n GROOT skande !

PMB ·

Daan ek stem saam met jou. EV se dom gevolgtrekking en uitlatings is baie onvanpas. Duidelik weet hy nie van die swaar kry van Boere nie. En wat as daar ryk Boere is nie almal jag renosters nie.

Bosvelder ·

Die man is ‘n sakeman van die dorp, hy bedryf slegs die lodge op ‘n ander eienaar se plaas. Hy is nie ‘n boer self nie. Ek stem wel saam dat hy vir ‘n lang tyd tronk toe moet gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.