Lephalale-sakeman vas oor onwettige renosterjag

Van die pote wat op die plaas in Lephalale gevind is (Foto: Heritage Protection Group)

Van die pote wat op die plaas in Lephalale gevind is (Foto: Heritage Protection Group)

ʼn 55-jarige sakeman is by Ring-Beult Steenbokpan-plaas in Lephalale (Ellisras) in hegtenis geneem in verband met die onwettige jag van beskermde wilde diere.

“Die polisie het inligting opgevolg dat minstens sewe renosters na bewering verlede jaar November doodgemaak is en van hul horings gestroop is,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die renosters is glo met vragmotors na die plaas gebring en afgeslag.”

Mojapelo het gesê die ondersoek sal bepaal waar die renosters vandaan kom.

Die polisie het ʼn lasbrief bekom en die plaas deursoek. Die Heritage Protection Group, die bedreigdespesieseenheid van die SAPD, die departement van omgewingsake en SANParke het saam toegeslaan op die plaas van die welgestelde sakeman.

“Beamptes het beslag gelê op sewe renostersterte, agt pote en vleis wat alles in ʼn yskas gebêre is. Daar is ook renostervelle op die plaas gevind,” het hy bygevoeg.

Volgens hom word inligting opgevolg dat ʼn helikopter op die plaas geland, die horings opgelaai en daarna weer vertrek het.

“Nog inhegtenisnemings word verwag. Die verdagte sal Maandag in die Lephalale-landdroshof verskyn.”

Enigiemand met meer inligting kan ao Van Heerden kontak by 082 414 2337.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

J ·

Teleurgesteld sluit hom toe vir elke renoster wat hy dood gemaak het vir geld. Gooi weg die sleutels.

KP ·

Vat al sy wildplase na hy toegesluit is, hy wil nie boer nie en gee dit vir iemand wat n positiewe bydra tot landbou kan maak.

John ·

Natuurbewaring is skynbaar nie die erns van heelwat boere nie. Alles wat groei of leef word deur diesulkes in terme van rande gemeet. Wildplase/parke word net ‘n verskoning om diere op te gaar… amper ‘n soort dierebank vir latere stroping vir eie gewin; en ultra rente op die belegging. Alles so edel… arme boere… die droogte en wha, wha, wha… bid tog vir ons… skenk tog voer… Dalk self ‘n bietjie renosterhoring voor slapenstyd in die tandeglasie vir die prostaat en goeie geluk? Skande!

Deon ·

John, dit is nie mooi dat jy alle boere beskuldig nie!! Ek is ‘n boer en ek help elke liewe diertjie, of dit nou ‘n miskruier is wat i.d waterkrip beland, duifie wat seergekry het of koedoe wat probleme het!! Dit doen ek uit liefde, en so is daar hoop ek baie boere!

skorra ·

Ai John, ek veroordeel die optrede van die betrokke ‘sakeman’ ten sterkste, nes jy skynbaar ook poog om te doen. Indien hy skuldig is, is hy die naam ‘boer’ nie werd nie en sy beroep – as jy weer mooi lees – word ook nie as sodanig aangedui nie, maar wel as sakeman. Is jy nie dalk ‘n sakeman nie? Maar wat ookal jou beroep sou wees, sou dit bitter onregverdig en onlogies van my wees om almal van dieselfde beroep as jy van veralgemening, opsigtelike subjektiwiteit en bevooroordeeldheid te beskuldig bloot omdat jy jou daaraan skuldig maak. Jou denkfoute gee jou nie vrymag om alle boere met die teerkwas by te kom nie, inteendeel, dit kan dalk baat indien jy bietjie hand in eie boesem sou steek.

Cobus Nel ·

John, waar dink jy kom die kos waaraan jy jou magie dik eet? Die boere wat jy nou so sleg sê produseer dit, nie jou yskas, Supermark of die kruideniers winkel nie. Meeste boere is net so keelvol vir hierdie stropery en werk hard en eerbaar om kos te produseer sodat daar kos in die winkel beskikbaar kan wees. Jou argument klink soos Malema se argument dat hy nie die boer nodig het nie, want hy koop sommer sy kos by Checkers.

Voorlaaier ·

Di dag toe hy di renosters geslag het ,het hy di status van ‘boer wees” verloor!…..smyt hom in di tronk!!……

Se Net ·

Ek is regtig jammer dat mense so self sugtig is. Daar is meer mense hier betrokke as wat daar gedink word. John, jou komentaar oor die boere wat so kla oor sie droogte en wha wha wha is on van pas! Die boere sorg tog vir jou vol maag! Nie AL die boere is sleg nie! Hulle kry deksels swaar! Jy het nie n idee nie!!!!

Adam Boshoff ·

Maak sy borgtog onbetaalbaar dat hy eers oor sy geldgierigheid kan na dink

Helene ·

Gooi hom in die tronk, dit is daar waar hy hoort!! Siek vir geldgierigheid van die mensdom. Maak my naar. Hy is nie ‘n mens nie, maar ‘n ….. wag dat ek liewers stilbly!!

Tjaart ·

Ek voel weer jammer vir al die miljoene beeste, varke, skape, hoenders en visse wat doelloos vir ons genot geslag word.

Wouter ·

John jy het nie n idee wat dit is om voor jou beeste te staan met n geweer en hulle een vir een dood te skiet en dan hulle aan die brand te steek en jou rug op hulle draai en huistoe te loop en voor jou heilige siel nie te weet waarheen nie. Om nie daardie selfde geweer teen jou kop vas te druk en om die sneller te trek nie. Jy het nie n idee waarmee ons boere vandag sit nie. Jy is gewetenloos en geen respek vir n Boer nie.

Npiets ·

Marula jul berig maak nie sin nie! Renosters wat van renosters gestroop is??? Lees weer en maak die sin reg. Dit moet seker horings wees…

Landi Slatter ·

Dagsê Npiets

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

John ·

Wouter, is jy nie ‘n bietjie te teatraal nie? Hoekom beeste skiet as jy hulle kan verkoop? Hoekom wag totdat die beeste uitgeteer is en dan plan maak? En hulle dan uittartend voor die Hemelvader op ‘n brandstapel uitwis. Wat probeer jy vir Hom se? As dit een jaar nie reen nie, dan…? Hoekom soveel beeste aanhou dat as daar een jaar wisselvalligheid in die weerpatroon kom (wat selfs elke dom stedeling weet) is daar nie ‘geld’ om die diere te versorg nie. (Natuurlik vas bele, want geen boer trek mos ooit van sy spaargeld nie. Hulle leef van lenings.) Maar nee, gooi liefs die melk in die voortjie en skiet die beeste, maar verkoop sal ek nie verkoop nie en dit teen ‘n laer prys. (Versekering werk hier soos ‘n bom.) Die prys van vleis is hemelhoog in die winkels want winkeliers speel ook die’ speletjie. Duur ou blou vleis pronk op die winkelrakke. Boere sien neer op arme stedelinge; so pateties en so afhanklik van julle… Oppas vir die dag as hulle julle produkte begin boikot…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.