Lesings by NMU opgeskort

Die ingang na die Tweede Laan-kampus van NMU. Foto: NMU

Lesings by die Nelson Mandela-Universiteit (NMU) is Maandag opgeskort ná ʼn betoging deur ontstoke studente wat bekommerd is oor veiligheid op die kampusse.

Zandile Mbabela, woordvoerder van die NMU, het gesê die bestuur van die universiteit is in gesprek met die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) en betogende studente.

Studente het Maandagoggend ingange na die noord- en suid-kampusse versper.

Mbabela het gesê ʼn kennisgewing is aan personeel en studente gestuur om van alternatiewe leerplatforms gebruik te maak. “Die situasie is tans onder beheer en betogende studente het reeds begin verdaag ná ʼn hofinterdik aan hulle voorgehou is.”

Mbabela het gesê die interdik is om die regte van alle belanghebbendes te beskerm, insluitend diegene wat die universiteit wil betree om te werk of te studeer, en diegene wat hul reg om te betoog wil uitoefen kragtens die voorwaardes wat in die interdik uiteengesit word.

ʼn Memorandum van die betogende studente, wat hoofsaaklik fokus op algemene veiligheidskwessies op die kampus en buite die kampus, word bespreek. Sy het bygevoeg ʼn vergadering word ook met die polisie belê oor polisiëring en ander bykomende veiligheidsmaatreëls.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Adam ·

Dit wil blyk asof die studente hulle teen hulself wil beskerm. Lagwekkend.

Degree Worhless ·

Ses student is ontstoke en sluit die kampus vir 6000 studente!

JohanL ·

Wonder ek ook. Te veel instansies sluit te gou en so word die meerderheid se regte vertrap. NMU – skaam julle.

Dawie ·

Adam ek sit ook nou net en wonder teen wie die studente beskerm moet word, maar eintlik weet ons hulle moet teen hulself beskerm word. Of soos die destydse IT hoof van SARS gese het can you protect me from yourself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.