Lesings by UK-kampusse afgelas

Foto: Twitter via @MaryamBaekhyun

Die Universiteit van Kaapstad het Donderdagoggend op hul Twitter-profiel bekend gemaak dat lesings vandag en Vrydag nie verder sal voortgaan op die universiteit se boonste, laer en Hiddingh-kampusse nie.

Lesings by die fakulteit van gesondheidstudies en die besigheidskool gaan egter wel voort.

Die universiteit het ook vroeër vanoggend bekend gemaak die hoofbiblioteek is ook gesluit. Volgens hulle is die rede hoofsaaklik om die veiligheid van die studente en die personeel te verseker en om “te vermy dat personeel en studente blootgestel word aan onaanvaarbare en ontwrigtende gedrag”.

Volgens UCT Radio sal daar om 13:00 ʼn massavergadering deur studente gehou word.

Betogende studente het sedert Woensdag chaos op die universiteit se kampusse veroorsaak en probeer om die akademiese bedrywighede tot stilstand te bring. Volgens berigte eis die studente dat die verslag van die kommissie van ondersoek na universiteitsfooie onmiddellik vrygestel moet word.

Die DA het sy kameraadskap met die betogende studente uitgespreek. Die party se studente-organisasie (DASO) het op Twitter laat hoor talle toetse word tans uitgestel. “Love us or hate us, we are truly here for you,” het DASO getwiet.

Die EFF se studentevleuel (EFFSC) het die betogende studente geloof vir hul optrede en gesê die oproep vir “gratis gedekolonialiseerde onderrig” moet gehoor word.

Verskeie foto’s is op sosiale media versprei van ingange na die universiteit wat met asblikke, plastiek verkeersversperrings en plante versper is. ʼn Sterk polisieteenwoordigheid heers tans op die kampus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eish ·

Hier kom dit weer! Verlede jaar nog vars in die geheue. Dan die oorspoel na ander instellings van hoër onderrig en dan volg die uitwissing van geskiedenis. Ten einde laaste, na baie geplunder en gebrand, onderhandelingstafel toe met die bestuur so mak soos lammetjies.
Dis hoekom die aktiviste tot in hul middeljare nog op universiteit sit.
Gee die bloedjies tog die gedekolonialiseerde opleiding.
BA in weerligkunde
BSC in Engelse sout ens. Ens.
Die proffe hoop ek het hul voetwerk gedoen en skuif op groot skaal. Dis uiters ongemaklik om n vak aan te bied wat jy voor jou siel weet die feite is maar yl gesaai.

Irene ·

Al so afgesaag hirdie tipe nuus regering laat dit toe stuur a klomp mense met sambokke in

Haan ·

Kry vir julle, julle klomp liberale sotte, kry vir julle. DA wys ook nou mooi wie en wat hulle werklik is.

Frikkie Geld en huis ·

Die wat weet hul het nie die vermoë om deur te kom nie, begin elke jaar toi-toi net sodra die jaareindeksamens begin. Elke jaar dieselfde storie. Die universiteite se keuringsprosesse is uiters swak. Die wat nou toi-toi, moes in die eerste instansie nooit toelating gekry het nie.

kat ·

Die vorige keer het Price se seun mos saam betoog en Price was so trots op hom en toe is alles vernietig – die skilderye ens. Wonder of Price se seun weer die voorbok is? Dalk sal Price die voorbok wees hierdie keer/ hy het mos gese daar is niks verkeerd daarmee nie ?Ai die libs wat net nie leer nie – Hy was ook aangerand – ja hulle byt jou aan die hakskeen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.