Lesings opgeskort weens teenverkragting-betoging

Betogers by die Rhodes-Universiteit. Foto: Facebook

Betogers by die Rhodes-Universiteit. Foto: Facebook

ʼn Betoging teen verkragting het Woensdagoggend op die kampus van die Rhodes-Universiteit voortgegaan met honderde studente en personeel wat buite die dramadepartement saamgedrom het.

ʼn E-pos van die universiteitbestuur is aan die betogers voorgelees waarin hulle ingelig word dat alle akademiese aktiwiteite tydelik opgeskort is weens die deurlopende betogings. Vroeëre berigte dat talle betogende studente deur die Grahamstad-polisie met rubberkoeëls geskiet is, is ook bevestig.

Protesleiers eis dat die universiteitbestuur onmiddellik optree teen mense wat hulle as “verkragters” bestempel. ʼn Lys van die name van die beweerde seksuele oortreders is aan die universiteitbestuur oorhandig en die betogers eis dat die individue onmiddellik deur die instansie geskors word.

Die lys is intussen ook al op sosiale media versprei, saam met foto’s van betogende vrouestudente wat besig is om hul klere uit te trek.

Die Rhodes-Universiteit het Woensdag gesê dat alle lesings opgeskort is nadat drie van die studente in hegtenis geneem is. Intussen het die DA gesê die party sal Woensdag parlementêre vrae indien oor die kapasiteit en hulpbronne van die Grahamstad-SAPD en hul vermoë om aandag te gee aan bewerings van seksuele aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anoniem ·

Hoekom hul klere uittrek…. Wat is die doel daarmee? Wat wil hul bereik daardeur?

Francois Kroukamp ·

Deur jou klere uit te trek lok jy juis die verkragters uit hoe klein moet jou verstand wees en dan noem hulle hulle self studente. Ek wonder net wat swot hulle

Lance ·

Die klere uittrek spreek boekdele …dit se ons net met watse mense ons hier te make het. Gaan draf klas vir n slag en doen iets met jou kans om iets te word in die lewe. Natuurlik word die fotos op die internet geplaas en kannie weer verwyder word nie ….sal maar sien wie gee jou werk die dag as jy iets soek met so n agtergrond …o ja die staat sal nie ongee nie ….

outannie ·

Ek verstaan ook nie die klere uittrek nie. Het dit n sekere betekenis?

Veritas ·

Protesaksie het deel geword van ons bestaan. In Europese lande is dit ‘n effektiewe kanaal om griewe, vreedsaam te lug. In Afrika werk dit net indien die owerhede direk deur die aksie geraak word. ‘Vrede’ en ‘vreedsaam’ is onbekende terme hier. Protesmakers weet maar alte goed dat geweld, intimidasie en vandalisme die enigste doeltreffende metodes is om griewe te lug.

Takkie Takuuza ·

Enige verskoning om te betoog. Elkeen soek ‘n “struggle”. Ek wonder betoog die “tree huggers” weer bietjie. Will iemand nie dreig om ‘n boom af te kap nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.