Lesotho se eerste minister tree dalk al dán af

Thomas Motsoahae Thabane (27 September 2019) (Foto: AP Photo/Richard Drew, File)

Thomas Thabane, die eerste minister van Lesotho, kan moontlik reeds in Junie vanjaar aftree.

“Ek het besluit om vrywillig uit die amp te tree ondanks die feit dat my grondwetlike termyn eers einde 2022 eindig,” het die eerste minister Donderdag in ʼn uitgesaaide toespraak gesê.

“Soos ek in Januarie aangedui het, vereis die pos as eerste minister skerp insig én fisieke krag. Ek is weens my ouderdom nie meer so energiek soos voorheen nie. Ek het dus besluit om vrywillig uit die amp te tree en die leisels oor te gee in ooreenstemming met die wette van Lesotho,” het Thabane in sy toespraak gesê.

Thabane is 80 jaar oud.

“Ek het nog altyd aangedui dat dit my wens is om teen 31 Julie 2020 of nog vroeër teen 12 Junie 2020 uit die amp te tree indien al die nodige voorwaardes vir my aftrede uitgeklaar is.”

Druk word op Thabane geplaas om te bedank sedert hy vroeër vanjaar van die moord op sy vervreemde vrou, Lipolelo, aangekla is.

Maroela Media het vroeër berig Thabane se huidige vrou, Maesaiah, is ook van die moord aangekla nadat sy landuit gevlug het.

Thabane is Lesotho se eerste dienende eerste minister om van ʼn misdaad aangekla te word. Hy staan ook tereg op aanklag van poging tot moord op Thato Sibolla, ʼn vriend van sy vervreemde vrou.

Lipolelo is kort voor haar en die eerste minister se egskeiding op 14 Junie 2017 naby haar huis in Maseru doodgeskiet. Sibolla, wat saam met haar in haar motor was, het skietwonde opgedoen. Hy het intussen uit vrees vir sy lewe na Suid-Afrika verhuis.

Lipolelo en Thabane was van bed en tafel geskei ten tyde van die moord.

Die aanval het plaasgevind net twee dae voor Thabane vir ʼn tweede keer as eerste minister beëdig sou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marius ·

Hy het uit vrees na suid afrika verhuis ? Daar was verklaar dat hy vir mediese behandeling hier was . Is hy nog steeds hier ?

Pompies55 ·

En so vlug al die ander lande se uitvaagsels maar net oor die grens na SA en hierdie anc regering ontvang almal heelhartig hier in banana republic

Drico ·

Lees die berig. Sibolla was saam met die minister se vervreemde vrou. Die vrou wat die minister laat vermoor het en ook vir Sibolla gewond het. Sibolla het uit vrees na SA verhuis.

antieke antie ·

ja ek dink die muishondland is wegkruipplek vir kriminele want hulle het terroriste beskerm …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.