Lesotho se eersteministersvrou gee haarself oor

Lesotho se eersteministersvrou, Maesaiah Thabane. (Foto: Facebook)

Lesotho se eersteministersvrou het haarself aan die owerhede in dié land oorgegee. Sy sal nou van die moord op die eerste minister se vorige vrou aangekla word.

Maesaiah Thabane het haar Dinsdag by die polisie in die hoofstad, Maseru, aangemeld nadat sy verlede maand verdwyn het toe die polisie haar wou ondervra oor die moord op haar man, Thomas Thabane, se vorige vrou.

Volgens die polisie het Maesaiah in Suid-Afrika geskuil.

Thabane se vorige vrou, Lipolelo, is in Junie 2017 doodgeskiet, kort voordat die eerste minister met sy tweede ampstermyn begin het. Die egpaar was in daardie stadium nog in ʼn lang egskeidingstryd gewikkel en Thabane was reeds in ʼn verhouding met Maesaiah.

Die twee vroue het in die hof baklei oor wie die wettige eersteministersvrou moet wees en die regter het ten gunste van Lipolelo beslis.

Maroela Media het berig die polisie het verlede maand ʼn lasbrief uitgereik vir Maesaiah se inhegtenisneming nadat sy geweier het om ondervra te word oor die skietery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marie ·

Sy moet net pleit sy is siek en kan nie hof toe gaan nie. Werk vir baie hier in SA. Maar ja ons land het ook ‘n lekker skuilplek geword vir skelms/moordenaars ens.

Daniel Pieter Schoeman ·

Ons is in die land van moord, bedrog en versteekeling hul kry hier enige iets reg dit is mos n paradys vir skelms en moordenaars

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.