Lesotho se eersteministersvrou verdink van moord

Lesotho se eersteministersvrou, Maesaiah Thabane. (Foto: Facebook)

Lesotho se eersteministersvrou is dalk binnekort agter tralies. Dit nadat ʼn lasbrief Vrydag uitgereik is vir die inhegtenisname van Maesaiah Thabane, vrou van Lesotho se eerste minister Thomas Thabane.

Maesaiah word verdink van die moord op haar man se gewese vrou, Lipolelo Thabane. Dié is in 2017 doodgeskiet toe sy op pad terug was huis toe saam met ʼn vriendin, twee dae voor haar man se inhuldiging as eerste minister. Thomas word óók met haar moord verbind.

Maesaiah het probeer om ʼn stokkie daarvoor te steek dat die polisie die lasbrief uitreik deur ʼn aansoek in die hooggeregshof in Lesotho te bring om die lasbrief ter syde te stel. Haar aansoek is egter Saterdag met koste van die hand gewys. Die lasbrief is aanvanklik deur die landdroshof in Maseru uitgereik nadat Maesaiah glo versuim het om aan te meld by die polisie om vrae rakende Lipolelo se dood te beantwoord.

Thomas moet ook vrae beantwoord oor die beweerde gebruik van sy selfoon om te kommunikeer met wie ook al op die misdaadtoneel was ten tye van Lipolelo se dood.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Niklaas ·

Lyk asof Lesotho nie eers hul hoës gaan laat vrykom nie. Dalks moet ons huidige owerheid bietjie notas maak hiervan. Daar is heelwat te leer in hierdie geval. Die les is… “niemand is onaantasbaar nie”

JohanR ·

In 25 jaar het nog net twee minder ANC’s geval, naamlik Tony Yengeni en John Block. Tony Yengeni is tronk toe, en toe hy uitkom maar net weer ‘n lekker “jobbie” gekry. John Block sal uitkom, en weer ‘n lekker “jobbie” kry. Soos hulle hoopelik met die nuwe NPA en die Zondo kommisie een vir een tronk toe gaan, sal hulle uitkom, en maar weer net ‘n lekker “jobbie” kry. My skoene is reg vir die dag dat die grootste ANC skelm tronk toe gaan. Nee nie Jacob of Ace nie. Dis daai drankwinkel Bathbile Dlamini? Ek wil agter die vangva aanhaadloop van die hof af, tot by die tronk se hekke om haar vaarwel te roep. As ek sou mag, sou ek self die sel sleutel vou draai!

charmaine ·

JohanR, dink jy regtig hulle sal tronk toe gaan? Een is te siek en een het nie geld om te kom vir die verhoor nie, ek weet nie of hulle ooit daai oranje suits gaan dra nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.