Die eerste minister van Lesotho sal Dinsdag na sy land terugkeer nadat hy drie dae lank in Suid-Afrika skuiling gesoek het tydens ‘n vermeende staatsgreep in sy land.
Lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het uit Pretoria ‘n ooreenkoms bereik om die krisis tot ‘n einde te bring.
Die eerste minister, Tom Thabane, het Saterdag oor die grens na Suid-Afrika gevlug toe soldate die polisiehoofkwartier aangeval en sy amptelike woning omsingel het. Die weermag en ‘n opposisieparty, die Lesotho Congress for Democracy (LCD) wou glo die 75-jarige Thabane ontsetel, maar hulle ontken dié aanklag ten sterkste.
Pres. Jacob Zuma en verteenwoordigers van die SAOG-lande het met leiers van die drie koalisiepartye in Lesotho vergader om ‘n oplossing te bewerkstellig.
Ja dit is nou maar tipies. Het nie “guts” nie, en hardloop stert tussen die bene weg om te gaan wegkruip. Wonder waar Mr Zuma gaan wegkruip….Rusland????.’n Kaptein los nooit sy skip nie
Mr Zuma, het mos n bunker by sy huis, onthou. dis waar hy skuiling gaan soek
Pieter, dankie vir jou goeie humor, het nou lekker gelag. Skoon vergeet van die Bunker !
Hy beter die geld van die bunker terug betaal,anders kan hulle hom dalk kom terug vat :)