Lesotho-weermag se perde vrek van honger

Een van die perde op die kleinhoewe. (Foto: Verskaf)

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein het vandeesweek 68 perde van die Lesotho-regering se militêre eenheid uit hul sorg verwyder weens dieremishandeling.

Luidens ’n verklaring wat deur die DBV uitgereik is, het hulle gereageer op klagtes dat van die perde wat deur die eenheid op ’n kleinhoewe in Hobhouse in die Vrystaat aangehou word, van die honger vrek.

Die DBV het dié klagtes ondersoek waarna hulle op die karkasse van ses perde op die kleinhoewe afgekom het. Nóg drie het met hul aankoms plat op die grond gelê en was baie swak.

“Die perde het swaar asemgehaal en was in verskriklike pyn en lyding. Hulle kon nie opkom nie en was baie maer en verhonger. Die perde was ook totaal gedehidreer,” lui die verklaring.

Volgens die DBV was daar ook geen kos of weiding in die kamp waarin die perde aangehou is nie. Die veld waar die perde veronderstel was om te wei was ook heeltemal oorbevolk.

“Hulle het net daar gestaan en daar was geen emosie meer in hulle nie. Hulle het glad nie beweeg nie. Hulle koppe het gehang,” lui die verklaring.

Die DBV kon ná ’n ondersoek vasstel dat die perde aan die Lesotho-weermag behoort. Slegs een bevelvoerder versorg die diere op die kleinhoewe.

Verdere ondersoek het ook getoon dat die siek perde geen behandeling van ’n veearts ontvang het nie. Luidens die verklaring is sommige van die perde heeltemal blind en ander se hoewe weer erg beskadig wat tot gevolg het dat hulle moeilik loop. Ander het velkondisies opgedoen en hul pelse is in ’n haglike toestand.

Sommige van die perde moes van kant gemaak word, terwyl die DBV die oorblywende perde verwyder het. Hulle is tans in die DBV se sorg in Bloemfontein.

“Ek het tyd saam met die perde deurgebring en hulle dopgehou. Al die perde lyk depressief. Dit is ’n koue gevoel in hulle teenwoordigheid. Hulle toon geen emosie of teken van energie nie,” het Tebogo Maswanganye, inspekteur by die DBV, gesê.

“Dit is ’n skande dat so baie perde in die sorg van mense van die honger kan vrek. Dit is absoluut wreed; inteendeel, dit is skokkend,” het Maswanganye gesê.

’n Klag van dieremishandeling is intussen teen die regering aanhangig gemaak.

Om ’n bydrae tot die versorging van die oorblywende perde te maak, kontak die Bloemfonteinse DBV by 051 447 3801.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

San ·

Absolute skande dat die arme perde so mishandel word. Wat word van die mensdom?

Diefie ·

Dit is maar weereens ‘n bewys dat daar sekere mense in die leweis, wat nie ken van opbou nie.

Nienie ·

Stomme diere. Ek het nie woorde nie. Hoekom VRA die mense nie vir hulp nie?

Lizelda ·

Na watse hulp verwys jy Nienie? Ons weet waarnatoe gaan finansiele hulp ne? Reguit in hulle sakke…

Maro ·

Die onvermoë strek wyd. En dis werklik nie ñ moeilike taak nie.

Johann M van Heerden ·

Wat is verkeerd met die mense dat hulle goed reg kan bestuur nie? Ek dink daar is geen hoop vir ons nie. Wat soek Lesotho se weermag in Suid-Afrika?

Carl ·

Jaco, jy maak ‘n fout, ‘n blink dingetjie is dan tog so onweerstaanbaar.

kallie ·

Laat die wat die hand van wreedheid uitsteek,in dieselfde mate gestraf word. Vir weke ,maande sonder kos en water gelaat word in die uiterste koue.! Kom ons kyk watter deuntjie dan gesing word. Dit is by uitstek ‘n feit dat sommige mense onder ons nie opgevoed kan word nie. Geen skool of universiteit kan die universele liefde vir diere se omgee kweek nie, want aan moederskoot word hierdie beskaagdheid nooit geleer nie.die waardes wat geld in die westerse beskawing duik in die hek as dit kom by Afrika hebsug en korrupsie.

jean ·

Sien die swaarkry van die perde maardit registreer nie…..nie instaat tot enige emosie…

Gert van Wierdapark ·

Dit is ‘n Saak wat beslis onder die aandag van ons eie Speaker in die Parlement gebring moet word! Dit sal haar DALK nag-merries besorg in haar drome oor haar eie bekende/berugte Potch-plasie!!!!

Andre Coetzee ·

Die mense het al oor en oor gewys dat hulle geen waarde heg aan die lewe van ‘n dier nie.Vir hulle is dit ‘n hulpbron en niks meer nie.Arme diere.

Rooi Jan ·

Die opdrag aan die mens was versorg die diere van die veld. So nou kom die vraag by my op is hulle dan nie mense nie dat hulle so absoluut glad nie omgee vir die diere wat aan hulle sorg opgedra is nie. IMO sal dit reg wees om almal wat hiermee geassosieer word presies dieselfde te behandel, sluit hulle toe in klein hokkies sonder kos of water totdat hulle van honger of dors omkom wat ookal eerste gebeur.

Ek is Sam ·

Adam ontvang die opdrag om oor die skepping te heers. Sy taak is om op te bou, te behou, te bewaar. Duidelik kan vandag waargeneem word wie sy nasate is en wie nie.

Iemand wat geen empatie met ‘n dier of kind het nie, het geen lig in hom nie.

SA vir Jou! ·

Maar kyk nou net hoe rond is die mense wat vir hulle moet sorg….. Nee wat die SA verdien niks goeds soos die land sy trots weg gegooi het nie!!

Bullet ·

My begeerte is om n perd te kan besit, nou laat hulle die diere vrek.
Dit is so onregverdig.

Pieter C ·

Daar was nie iemand om vir hulle te se die perde moet kos en water kry nie

Joahnna ·

Dit is verskriklik!!!! Skokkend.! Die DBV moet maar gereeld daar n draai gaan maak net vir ingeval daar weer perde aangeskaf word. Baie ontstellend.

smurfie ·

Hulle worry nie eens oor mense nie, hoekom sal hulle oor perde worry. Solank hulle vol ge eet is, en hulle bankrekeninge vol is, worry hulle nie oor die res nie

Yolanda ·

Hoekom sou hulle omgee, solank hulle blink geeet is kan dier en mens maar vergaan.. sluit hulle in n kamp toe sonder kos en water dat hulle kan voel hoe daai arme onskuldige dier moet voel..

Salamander ·

“The greatness of a nation and its moral progress can be judged by the way its animals are treated.” – Gandhi

Die waarheid.

Jr ·

Ek wil nie in hulle skoene wees nie want liewe God het opdrag gegee om die diere op te pas

Sandra ·

Hallo, dis Lesotho, nie SA nie. Ons DBV sukkel alreeds met ons land se probleme, nou moet hulle nog buite die grense ook op tree? Sjoe dit raak net erger.

Emma ·

Mense is verantwoordelik vir diere op die aarde hoekom kan ons dan nie die verantwoordelilheid aanvaar nie. Is skokkend om te sien hoe die mensdom diere verwaarloos. My bloed kook

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.