Lesse uit die eerste twee dae se grondverhore

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, praat by die eerste landwye openbare vergadering oor onteiening sonder vergoeding. (Foto met vergunning van Forum Nuus)

Almal wil ʼn huisie op die grond hê.

Dit is die belangrikste les uit die eerste twee van die 43 openbare verhore wat tans landwyd oor onteiening sonder vergoeding aan die gang is.

Die eerste twee verhore het Dinsdag en Woensdag in die Noord-Kaapse dorp Springbok en in Marble Hall, Limpopo, plaasgevind. Vandag (Donderdag) verskuif die aksie na Mokopane (Potgietersrus) en Upington.

Wat uit die eerste twee openbare verhore duidelik geblyk het, is dat elkeen hul pond vleis wil hê, dat min mense by die openbare verhore hul emosies gaan probeer beteuel en dat die EFF steeds die meester van opsweping en konflik bly.

In Springbok was daar nie baie mense wat die Grondwet verander wou sien nie, en nog minder wat beheer oor grond wou oordra aan die staat.

Oudpres. Nelson Mandela se ou stelling uit die 1980’s, dat enigeen wat die kommunisme as toekomsbeleid in Suid-Afrika aanhang ʼn moeilike perd opsaal om te ry, is nogmaals korrek bewys.

Die grootste deel van die land se bevolking voel wesenlik ingeloop wat grondbesit betref, en sal doen wat hulle kan om soveel te kry as wat hulle kan, maar vir eie gewin, nie bloot as oordrag tot die staat nie.

Die EFF se onderleier, Floyd Shivambu, was pens en pootjies in die middel van die grootste stryery van die dag nadat die burgerregtegroep AfriForum se adjunk- uitvoerende hoof, Ernst Roets, sy saak probeer stel het. Shivambu se standpunt was dat Roets nie ʼn inwoner van Namakwaland is nie, dat die verhore in Springbok spesifiek ʼn geleentheid is vir die mense van daardie omgewing om hul standpunte stel en dat Roets sy kans moet afwag en sy saak by die parlement moet stel.

Die belangrikste konflik tydens die verhore in Marble Hall was Shivambu se senior vennoot, EFF-leier Julius Malema.

Mense wat Dinsdag in Springbok in Namakwaland die eerste landwye openbare vergadering oor onteiening sonder vergoeding bygewoon het. (Foto met vergunning van Forum Nuus)

Malema het in ʼn onderonsie met Cope se leier, Mosiuoa Lekota, betrokke geraak oor Lekota gemeen het Malema manipuleer die voorsitter, Vincent Smith (ANC), om uitermate baie EFF-ondersteuners aan die woord te stel.

Malema het teruggekap met ʼn stelling dat hy dit nie kan verhelp dat so min mense in Marble Hall Lekota se beleidsvoorkeure steun nie. Die skare in Marble Hall het dikwels “Juju! Juju!” gedreunsing om deur die uitroep van sy naam hul steun vir Malema en die EFF te wys.

Met byna ʼn driekwartmiljoen skriftelike voorleggings wat deur Suid-Afrikaners aan die parlement gestuur is oor die kwessie, is daar weinig twyfel dat onteiening sonder vergoeding baie belangstelling en selfs emosie by Suid-Afrikaners ontlok.

Daardie emosie was in Marble Hall duideliker te sien as in Springbok, met baie lede van die gemeenskap wat wil hê die verlede se afneem van grond vanaf hul voorvaders moet reggestel word. Daar was meer steun vir die wysiging van art. 25 van die Grondwet (die eiendomsklousule) in Marble Hall as wat daar in Springbok was.

Môre se verhore vind in Lenyenye naby Tzaneen en Mothibistad naby Kuruman plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

kat ·

AI julle is baie naief die eff ry die klomp wat so tekere gaan en alles ontwrig met n bus aan gaan kyk dis die selfde klom net dis n ander een wat sy bek die grootste oop maak en dan is als n gemors soos die eff se hele houding en hulle vernieteging en plindering hulle word betaal om dit te doen so word waker en dan sal dinge beter bespreek word die eff bly by selfde nonsens hulle was nie eerste hier nie en hulle verdien niks hulle werk nie eers nie wil als verniet he

Coenie ·

Dankie, Dries. Dis moeilik om agter te kom wat Tat wil sê.

Alida ·

Presies !!! Dit is mos oop vir ALMAL of is dit beperk tot die EFF en die ANC.

Vermeendes ·

Grondonteieng sonder vergoeding (grondg diefstal) sal geskied, dis n feit, hierdie verhore gaan bloot of die konstutiesie verander moet word daarvoor of nie.
Julle wat deelneem in gesprekke ge ligemieteit aan die proses.
Dit maak nie saak wat wie by hierdie gesprekke se nie, jou grond gaan gevat word soos in Zim.
Maak vrede daarmee want die partye en organisasies wat jou verteenwoordig slaan mint uit onteiening deur ledegeld en kiesers getalle.
In hierdie proses is die grondeienaar die fool en almal hou hom vir die gek.
Belowe iets gratis en mijoene spring op die wa vir die pasella.
Niks in hierdie gemors skep vir my as boer hoop nie, ek gaan my grond verloor maar voor dan gaan die bloed op my plaas eers loop.

Ernst as julle nie die gevare kan sien dat dit n burgeroorlog gaan ontlok nie, wel ploeter dan gerus in gesprekke voort, die tyd raak min.

Boerseun ·

Self in tyd van oorlog moet kanale vir gesprekke beskikbaar wees.

zoom zoom ·

Hoekom gryp hulle nie CR se wildsplaas buite BelaBela nie sodat ons kan sien wat hy gaan doen. So ook mey daai min wie se diere so gevrek het sonder kos en water in NW.

schalk ·

Die EFF se leiers vry na die grond en opsweep is hulle strategie. Wie ook al beweer dat die grond afgeneem is in die verlede moet bewyse bring en dan moet die grond kwessie daarop gespeel word. Bewerings alleenlik kan nie werk nie. En as daar waarde is moet die grond nie staat toe gaan nie maar na die erkende eieser toe. Dan kom die waardevermeerdering en toegevoegde waarde asook lenings ens ter sprake. Sou die eiser wou verkoop aan die bestaande bewoner wat dalk onwetend die grond gekoop het moet vergoeding ter sprake wees! Dit gaan ingewikkeld word. VAT net sonder kompensasie gaan kruitdampe laat opslaan en ongemaklik raak.
Weet die ANC , EFF en BLF wat wag?
Wonder wat sou nasionale peiling bepaal of almal werklik wil daar gaan? Die Staat gaan die wenner wees.

Irene ·

Voorvaders ag siestog nou wonder ek waar is my grond van my voorvaders ek ken hul nie weet nie eens water taal hul gepraat het nie Hou tog op met voorvaders

Amelita ·

Ek dink die gemors gaan kom na die verkiesing, want staat gaan nie al sy beloftes nakom.
Mense gaan brand, vat wat hul wil en maak soos hul wil. Ons het tyd om ons sake in orde tekry, mense ek self bly op n plaas kry uit hom wat jy kan, verkoop implemente wat rondstaan. Kry n paspoort ek glo nie daar gaan vir ons n uitweg kom.

TDW ·

Maroela hoekom is daar geen berig oor wat tussen roets en shivambu gebeur het nie? Hoekom is daar ook nie ‘n woordjie gerep oor die video van die cope en eff leiers nie? Hierdie vergaderings is mos belangrik vir ons afrikaners, ons wil weet wat aangaan en ons verwag van julle om ons in te lig. Moenie nou ook soos die ander hoofstroom media word en net halwe stories vertel en swyg oor ander nie! Julle is veronderstel om joernaliste by elke vergadering te hê sodat daar presies aan ons verslag gelewer kan word. Doen beter!

Johan ·

Is hierdie “platform” vir die publiek om ‘n insette te lewer of is dit ‘n verdere [gratis] politieke platform vir die EFF om stemme te werf en word daar werklik na die stem van die mense op die grond (almal) geluister ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.