‘Lesufi behoort uit skaamte te bedank’

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. Foto: ANA/Jonisayi Maromo

Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys, behoort uit skaamte te bedank en nie met gebalde vuiste na die hof toe te hardloop nie. Só sê Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, nadat dit aan die lig gekom het dat Lesufi hom tot die konstitusionele hof wil wend oor die uitspraak van die Pretoriase hooggeregshof oor die toelating van Engelssprekende leerlinge by Hoërskool Overvaal.

Maroela Media het vroeër berig Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Dinsdag aangekondig die departement gaan die konstitusionele hof direk nader in verband met die hooggeregshofuitspraak oor Hoërskool Overvaal.

“Ons regspan het gister met die nasionale departement van basiese onderwys vergader rakende die Overvaal-saak,” het Lesufi gesê. “Ons het die besluit geneem om die konstitusionele hof direk te nader. Ons sal ook Vrydag ons appèl indien.”

Volgens Lesufi is die partye seker dat hulle gronde het om te appelleer teen die hooggeregshof se uitspraak. Lesufi het intussen ook met talle belanghebbendes vergader om kalmte by die skool te bewerkstellig en verhoudings te herbou.

Volgens Hermann sal Lesufi alles moontlik doen om ʼn streep te trek deur moedertaalonderwys in die algemeen en deur Afrikaans in die besonder. “Hy behoort eerder sy tyd en geld aan te wend om nuwe skole te bou en ander tale as onderwystale te ontwikkel,” het Hermann gesê.
Hermann voer aan dat die Hoërskool Overvaal-saak die soeklig op Lesufi se onvermoë om genoeg skole te bou, laat val het. Volgens Hermann druis Lesufi se benadering lynreg in teen die standpunt van die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, naamlik dat daar ʼn plek vir Afrikaans is. “Die minister sal hom óf moet repudieer en dwing om die saak terug te trek, óf sy sal hom in die hof moet opponeer,” het Hermann die situasie opgesom.

Betogings vind sedert voorverlede week by die Hoërskool Overvaal in Vereeniging plaas ná die hooggeregshofuitspraak die week vantevore toe die hof beslis het dat die Gautengse departement van onderwys Hoërskool Overvaal nie kan dwing om 55 Engelssprekende leerders by die skool in te neem nie. Lesufi het direk ná die hofuitspraak gesê die departement gaan appelleer.

Hoërskool Overvaal was Donderdag vir leerders gesluit nadat lede van verskeie vakbonde en politieke organisasies na die skool opgeruk het. Sowat 1 000 betogers het voor die skool byeengekom waarna ʼn memorandum aan die hoof van die beheerliggaam oorhandig is.

Motshekga het na die vergaderings die media toegespreek en gesê hulle het nie die betogings en geweld buite die skool verwag ná die hofuitspraak nie. Sy het die betogings as “totaal onaanvaarbaar” beskryf en gesê kinders het die reg om te leer en om beskerm te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Regso ·

Die belastingbetalers moet net nie aanspreeklik gehou word daarvoor om kostes te betaal wat vir n hofsaak aan gegaan word a. g. v. n swak verloorder nie.
Laat hy self betaal.
Ek stem saam met Dirk Herman.
Sy bedanking kan net goed wees vir die onderwys en vir ons land.

Han ·

Skaamte, wat is dit? Hierdie begrip maak nie deel uit van Lesufi se verwysingsraamwerk nie. Hy wil sy sin kry – ten alle koste. Respek vir ‘n hooggeregshofuitspraak ontbreek ook! Mag hy sy moses teëkom in die konstitusionele hof!

zoom zoom ·

Ja dit is lekker om die belasting geld so onnodig te mors net om polieke redes. Dit gaan nou net oor die Lefusi se ego saam met sy eff pelle. Niks gaan oor die kindets nie

Ronnie ·

Dis reg, ou maat, maak gou! Hol hof toe, want jy fokus net op sekere (presterende) skole. Ons weet dat jy so graag die minister van onderwys wil word, en as jy só aangaan, neem almal kennis van jou. En ongelukkig van jou onbevoegdheid ook. Go ahead. Make my day.

PJC ·

As Dirk Hermann dit nog nie agtergekom het nie sal hy wel mettertyd uitvind dat hierdie ou geen sweem van skaamte of selfrespek toon nie.

snoefie ·

tog het die dierbare minister nie opdrag gegee dat stakers buite die skool gearresteer word en aangekla word en omdat hullen gevaar vir die kinders inhou, in aanhouding bly tot hulle hofsaak afgehandel is nie.

Oom Kalahari ·

Dit is nou regtig geld vermorsing en Mnr Lesufi kan die gelde produktief aanwend vir Moeder taal onderig asook om skole op te knap wat deur skade vernietig is. Mnr Lesufi tree ook baie onkonsekwent op. Mnr Dirk Herman is korrek en so ook Min Angie Motshega. Mense wat waardig optree en kans vir opleiding aan kinders deurgee sonder vertrappings prosesse. Bou skole Lesufi of bedank asb.

Tokkie ·

Lesufi is totaal onbevoeg om sy pos te beklee – dit kos derduisende rande om die konstitutionele hof te nader – GEBRUIK die geld om nog n skool te bou !!!!!!

Potlood ·

Once a victim always a victim!!! Shaaaaaaame, miljoene in die bank, mooi kar, netjiese klere (Great pretenders) en tog kan julle nie verby julle swakhede sien nie… Sonder hulp sal julle noooit iewers kom nie (op die eerlike, regverdige manier) want alles is altyd iemand anders se skuld. miskien moet julle bietjie Matteus 5 – 3 tot 12 gaan lees en dan sal julle verstaan hoekom ons is soos ons is.

Ouma ·

Geagte mne Lesufi, gebruik die geld en nou liewer nog skole en los die skole wat presteer tog net uit. Verstaan jyunie dat daar slegs EEN Afrikaanse hoërskool in Vereeniging oor is nie??

Ouma ·

Geagte mne Lesufi, gebruik die geld en nou liewer nog skole en los die skole wat presteer tog net uit. Verstaan jyunie dat daar slegs EEN Afrikaanse hoërskool in Vereeniging oor is nie??

OomPiet ·

Ek is van mening Lesufi is hardkoppig en kan nie aanvaar dat hy verloor nie.Sy hele optrede bewys dit en dan kom hy met allerhande dreigemente.

JC ·

Net so!
Mooi netjies en bondig opgesom, Dirk.
#Lesufi must fall!
Afrikaans Leef!

JC ·

Net so!
Mooi netjies en bondig opgesom, Dirk.
#Lesufi must fall!
Afrikaans Leef !!!

Landi ·

Afrikaanses moet besef hulle is nié spesiaal nie. Engels moet die voertaal word vir alle skole, tensy al 11 landstale dieselfde hanteer word. Daar is nog baie wat reggestel moet word in die onderwys. White privilege is nie ‘n opgemaakte konsep nie. In Namibiahet Afrikaans nie uitsgesterf, nadat Engels die voertaal geword het nie. Almal praat steeds Afrikaans, so die histerie oor Afikaans wat gaan uitsterf in irrasioneel, myns insiens.

Koos B ·

Ek weet nie by wie kruip jy G nie maar as jy by aangeval,geroof of verkrag word gaan hulle nie vir jou vra wie jy is nie

Willie ·

Ramaposa- stop die onnodige rassime wat teen Afrikaans aangevoer word! SA kan slegs gered word duer goeie werk en dienlewering… Geld en mense se tyd te mors met onbenullighede gana ons nerens bring nie… Maak parlement skoon, en sit bevoegde staads diennaars in!

christa ·

waar sal die mense skaamte he. Nie een van hulle weet wat dit beteken nie, nie eers Zuma weet wat dit beteken nie. Hulle word nie rooi in die gesig van skaamte nie. Did hulle normale gang en niks snaaks nie.

BELAGLIK ·

EK STEM< as hy nie bedank nie, DANK HOM AF want hy disrespekteer nie net 'n uitspraak van die hof nie, maar ook die GRONDWET. Hy tree lynreg teenoor dit op wat in die Grondwet geskrywe staan ten opsigte van moedertaalonderrig .. Hy probeer die fokus WEGSKUIF van sy onvermoe om skole vir swart kinders te bou, nou konsentreer hy op die handjievol AFrikaanse skole, wat hy nou wil vernietig. EK glo as hy al die energie wat hy gebruik het om AFRIKAANS te breek gebruik het om NUWE ENGELSE Skole vir die massas te bou, sou dit al KLAAR gewees het. Maar hy dryf STEEDS 'n politieke agenda .. belaglik!

erika ·

Lesufi weet niks van onderwys en wat belangrik is vir die land nie
Hy is eintlik ‘n joernalis, dit is hoekom sy mond groot is! die regering moet vir ‘n slag die mense wat so die goed afbrand en beskadig laat opdok… In hierdie geval is dit Lesufi en sy rooi trawante!! Laat hom betaal vir die hofsaak…wat sal hy nou worry oor skole..

erika ·

Lesufi weet niks van onderwys en wat belangrik is vir die land nie
Hy is eintlik ‘n joernalis! Hoekom van die minister hom nie vas nie!!

Pieter ·

Landie, ek is jammer om te moet sê dat die behoud van Afrikaans nie by die blankes in SA lê, maar by die kleurling mense. Ons populasie groei is +/-1.7% teenoor die kleurlinge se 2.56% en swart mense 2.3%. Vir ‘n kultuur om nie uit te sterf nie moet die aanwas nie onder 2.11% kom nie. Dit werk so: Jy en jou man het 1kind en n ander paar ook net een en hulle trou met mekaar. Dus 4=2 m.a.w. die kultuur halveer in 25 jaar en in 50jaar gaan die blanke Afrikaans en Engels sprekendes net n 1/4 wees van wat hulle nou is.Dus te sê as hulle afrikaans of engels praat soos nou. Dus van die 6mil nou, gaan net 1,5mil oor wees. Die kleurling aanwas is tans die hoogste, en jy hoop hulle praat almal Afrikaans. Volgens wetenskaplikes is dit feitlik onmoontlik om terug te kom nadat jy onder 2.11% geval het.Die oplossing lê daarin dat ons weer 5-6 kinders moet hê , maar dit is ‘n ander debat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.