Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het sy kommer uitgespreek oor twee skole wat in Gauteng beskadig is ná die erge haelstorm van Maandag 9 Oktober.
Steve Mabona, woordvoerder vir Lesufi, het gesê die twee skole is Laerskool Protearif en Laerskool Muldersdrift in Krugersdorp.
“Ons het onmiddellik ons infrastrukuur-inspekteurs gestuur om die omvang van die skade te assesseer. Die skade beloop volgens hulle R4 miljoen. Die departement werk dringend daaraan om met alle relevante belanghebbendes te praat om diensverskaffers aan te stel om die skade te herstel,” het Mabona gesê.
Volgens Mabona is Lesufi veral bekommerd omdat dié “tragedie” nou plaasgevind het op ʼn tyd waarin leerders vir eksamens voorberei.
Volgens Mabona was albei skole Dinsdag gesluit.
“Ons werk tans saam met die beheerliggame, die gemeenskap en ander belanghebbendes om tydelike akkommodasie vir die leerders by buurskole en kerke te reël. Ons wil graag om verskoning vra vir ons leerders, onderwysers en werknemers van die skole vir die ongerief. Ons monitor die situasie.”
Good Luck Skole. Ons skool se dak het ook ingetuimel 4 jaar gelede. Die Departemente het ook in die koerante gese dat hulle dit gaan herstel. Daar het niks van gekom nie. Skade was R1 miljoen . Die skool moes dit op eie onkoste herstel.
Werner, dit is ongelukkig ‘n tendens by Lesufi en sy trawante (regering). Ek wil nie die gesprekvoering/kommentaar (alweer) in ‘n politieke rigting stuur nie, maar dit is ongelukkig so dat die regering BAIE praat en weinig doen. Behalwe natuurlik eet, eet en nogmaals eet by hul vergaderings.
Die feit is die skole het baie skade en volgens my seun is Muldersdrift Laerskool “weg” en “plat”. Die foto by die berig is van Laerskool Protearif (soos aangedui) – ek wonder net waar is die fotos van Muldersdrift Laerskool. Daar is sprake van fisies geen skool by die skole vir minstens die res van die jaar nie. Die leerlinge moet by buurskole geakkomodeer word, wat natuurlik ‘n logistiese nagmerrie gaan wees. Maar ons Afrikaanse laerskole glo ek sal saamstaan en dit alles oorkom om die leerders in bg twee skole te help.
Ek weet nie hoe kan hy verskoning vra nie dit het met doel gebeur en hy sal nou sien hoe Jesus sorg hy sal omverskoning vra as dit nodig is of nie en dat dit herstel word al wat ek van hom vra dat die beheerliggame van die betrokke skole self oor die kontrakteurs sal besluit en hy nie die dinge wil gebruik vir hulle verkiesings veltog nie
Hierdie Lesufi is baie vinnig as daar n ras geur in die lug is om oral sy verskyning te maak. Hoop wanneer hy nou regtig sy werk moet doen dat hy ook so op die voorgrond gaan wees. Ek twyfel maar hoop hy bewys my verkeerd
moenie God uit skole wil haal nie Panaroti. los Hom daar by die mensies naaste aan sy hart. bepaal jou eerder by die skandalig hoë skoolfonds in voorheen blanke skole.
Lesufi se woordvoerder, kan hy nie self praat nie en waarvoor verskoning vra, dis n natuur ramp, die ligte brand maar daar is niemand tuis nie.
Maroela, die woord “aandeelhouers” in die berig pla. Ek vermoed julle het die gebruik van die woord “stakeholders” deur die woordvoerder verkeerdelik as aandeelhouers vertaal. Moet dit nie eerder “belanghebbendes” wees nie?
Dagsê Juan
Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Landi nms Maroela Media