Lesufi besorg oor misdaad by skole

Argieffoto

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, sê hy is uiters besorg en teleurgesteld oor die vlak van misdaad wat sedert die begin van 2019 by skole aangemeld is.

“Dit is kommerwekkend dat die departement altesaam R121 348 663.40 verloor het. In ongeveer 256 skole in Gauteng is 262 gevalle van diefstal en vandalisme aangemeld; 187 gevalle waar leerders geboelie is en 107 gevalle van geweld en aanranding,” het Lesufi gesê.

“Misdaad soos diefstal en vandalisme het tot die verlies van waardevolle hulpbronne gelei wat ten doel gehad het om die gehalte van onderrig aan leerders te verbeter. Ongelukkig beskou sommige persone ons hulpbronne as ʼn geleentheid om misdaad te pleeg en ons leerders te beroof van hul reg tot basiese opleiding.”

Lesufi het bygevoeg dat, alhoewel die departement ondersteuning ontvang van wetstoepassers, is daar nog baie wat gedoen kan word. “Wetstoepassingsagentskappe moet op onderwys fokus in hul sekuriteitanalise, veiligheid en risiko. Dan kan die departement fokus op sy eie hoofmandaat.”

Hy doen ʼn beroep op gemeenskappe om eienaarskap te neem van hul skole en oorlog te verklaar teen kriminele wat skole teiken. “Leerders moet altyd fokus op hul onderrig en gedissiplineerd wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

marous ·

Hy kan maar die Limpopo vol huil . Die skuld is voor sy deur .

Koos de Meyer. ·

Met die naamsverandering gaan hulle nog meer plunder. Hy kan maar huil, trane kos nie geld nie.

Hanna Hoekom ·

Dis nou die einste “gemeenskappe” wat “liberation before education” geskree het? Maklike oplossing: moet doodeenvoudig NIKS herstel nie. Die gemeenskappe het blykbaar nie die hulpbronne nodig nie. Onderrig is blykbaar ook nie nodig nie. En daar is altyd die Sassa-rye…

Susna ·

Hanna Hoekom, Wens hier was n “hou 100% van jou kommentaar”knoppie, om 100% saam met jou mening te stem.

C op C ·

Wat jy saai sal jy oes. Te laat vir omdraai-te laat vir trane. Die voorbeeld is gestel en die kultuur van vernietiging is gevestig.

Manie ·

Die probleem is dat die kinders leer by jou regering wat jy verteenwoordig hoe om kriminele te wees en soos kriminele op te tree

Gert van Wierdapark ·

Ek is ook “Besorg en Teleurgesteld” in die mini-Ster van Gauteng Onderwys, maar nie BO nie!

Rubber ·

Baie skole het kinders sonder ouers of familiesorg, kom net skool toe om kos te kry. Baie ouers is ongeletterd. Nou hoe kan die mense nou ‘n skool bestuur Lesufi. Ek het ‘n idee. Verander die name van die die skole na Oor Die Afgrond skole.

moedertaalonderrig ·

Gaan steek kers-op by SOS, Solidariteit hulle sal dinge se wat julle moontlik nie wil hoor nie, maar moet hoor om skole te help wat nie presteer nie.

Genoeg ·

Kinders kan net weer kinders wees as die ouers die roede inlê. Beste dissipline ooit!! Slegte voorbeelde skep losbandige, ongehoorsame en strydlustige kinders.

Merie Perd, ·

Vir my is dit snaaks dat al hierdie goed wat nou in skole aangaan, glad nie in die vorige model C skole gebeur het nie. Wat het verander lesufi? Maak oop jou oe man.

Karolis ·

Min dat ek lag terwyl ek lees. Arrogansie op sy beste.
Ook lekker gelag vir SjN.

George in Bloem ·

Rerig? Is hy besorg? Indien wel,watse stappe het hy geneem?………….hmmmmmm…….so gedink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.