Lesufi betreur 2 leerders se dood

panyaza-lesufi

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys en jeugontwikkeling in Gauteng, het vandeesweek die dood van twee leerders in die provinsie betreur.

Die LUR het in ʼn verklaring sy skok uitgespreek nadat ’n 14-jarige leerder ’n 17-jarige medeleerder Dinsdag by ’n skool in Evaton met ʼn mes doodgesteek het.

Luidens die verklaring het ’n gr. 10- en ʼn gr. 9-leerder aan die Toledo Secondary School stry gekry oor ’n selfoon waarna die jonger seun die ouer seun met ’n mes in die bors gesteek het.

Die seun is op die toneel dood.

“Die Evaton-polisie het die verdagte in hegtenis geneem en ondersoek ʼn saak van moord.

“Die departement het amptenare van die psigo-eenheid gestuur om berading aan leerders, onderwysers en almal wat deur die voorval geraak is, te bied,” lui die verklaring.

’n Agtjarige leerder aan die Johannesburgse outismeskool is óók Dinsdag dood.

Dié leerder was die oggend saam met sy pa op ’n motorfiets op pad skool toe toe hulle by die kruising van Empireweg en Joubertstraat in Parktown deur ’n bus getref is. Albei is op die toneel dood verklaar.

’n Span beraders is ook na dié skool gestuur.

“Ons wil ons innige meegevoel aan albei gesinne en die skoolgemeenskappe betuig. Mag hulle vertroosting vind in die wete dat ons ook in hul pyn en hartseer deel,” het Lesufi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Theresa ·

Bring die ou stelsel terug. Dit het nog altyd gewerk. Julle pamper die kinders en hul het meer regte as die onderwysers.

Martie ·

DUIDELIK het dit gewerk om al die skool name te verander ne….mens kan sommer sien dingle loop nou klopdisselboom daar.

INA ·

Ons mag nie vuurwapens dra of hê nie, maar messe wat gevaarlikke wapens is, word deur klein & groot gedra & op skoolterreine toegelaat. Hoèveel skoolkinders moet sterf, voordat messe verbied word?

MANIE ·

Jy wil nie dalk kyk dat jou skole mes vry is. Jy kan jouself so besig hou met onbenullighede maar daar waar gewerk moet word is jy nooit.

Hennie ·

Ag siestog… Hy betreur die gebeure. Wat beteken dit nou eintlik?

sweis ·

Dat dit nie n afrikaanse skool met afrikaanse leerders was nie.

Malemasetjommie ·

En in Phalaborwa het twee leerders selfmoord gepleeg. Geen nuus hieroor nie ?

Dries Moolman ·

Messe moet verban word. Om goed te verban, is die nuwe oplossing. So pas dit toe.

Chris du preez ·

Lesufi dis tyd dat jy erken daar is groter probleme by skole as die Afrikaanse taal

Jerry B ·

Daar gaan meer skoliere tans dood as soldate gedurende die Bos oorlog.

Alida ·

Dit is omdat 17 jariges nog in die laerskole sit. Dit is groot mans tussen kinders.

kolla ·

Secondary School, dis ‘n hoërskool. Nie nodig om die dam nou heeltemal onder die eend uit te ruk nie.

Hanna Hoekom ·

En as die nar, Lesufi, sy sin kry sit hierdie jong volwassenes (ook bekend as “learners”) gewapen langs ons kinders op die skoolbanke! Die Vader behoede ons.

Johanna Botha ·

Ek sou voorstel hy kry idees van die skole wat werk as om hulle te probeer afbreek as om elke oggend na n insedent op die vlakte uittery ….doen hy ooit sy werk as hy rondry agter stories. Kry idees wat werk en implimenteer dit by skole wat sukkel …kry skole om mekaar te help …dan bou jy !

Thelsa ·

Met die totale verval van dissipline in ons skole en ssmelewing, sal Lesufi vir hom ‘n permanente reiskonsultant moet aanstel om van skool tot skool te beweeg en bedroefde ouers te probeer troos. Dan het hy nog nie aandag gegee aan die wit skole nie.

Riaan ·

n Parker pen kan n gevaarlike wapen wees. Ek het op skool altyd n knipmes in my broeksak gedra,maar ek het geweet waarvoor hy gemaak is. Daar is elke dag geweld in hierdie land,wat gesteun word deur die kommuniste wat hulleself die government noem. Iewers gaan dit oorspoel na die kinders toe. Dit is dan die norm. Godsdiens is ook uit hierdie skole geneem. Geen waardes nie

Shaun ·

Godsdiens word yt skole gedwing maar messe toe gelaat.tyd dat ons regwring wake word en die nood insien. Wat word van ons kinders se toe kom? Nie veilig in skole , publiek of jou eie huis nie . Da gaan nou drasties agter uit. Tyd dat ons maar self moet opstaan en saam staan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.