‘Lesufi die rede vir geweld in skole’

‘n Skermskoot uit die video van ‘n bakleiery by Norkem Park High School in Kempton Park.

Die VF Plus in Gauteng het Maandag na Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, gekap deur te sê sy “inmenging” dra by tot geweld in die provinsie se skole.

Philip van Staden, VF Plus-lid in die Gautengse Wetgewer, meen Lesufi “wil vir homself ʼn politieke naam maak” en daarom meng hy hom in met skole se werksaamhede deur byvoorbeeld gedragskodes af te skaf.

Van Staden het in ʼn verklaring na die Norkem Park High School in Kempton Park verwys wat vroeër vandeesmaand deur Lesufi besoek is nadat video’s van ʼn gewelddadige bakleiery by die skool aan die lig gekom het. Twaalf leerders is na aanleiding van die video’s geskors en sal nou aan dissiplinêre prosesse onderwerp word.

Lesufi het Saterdag weer die skool besoek en aan ouers gesê dat leerders se dissipline in die hande van ouers lê. Lesufi het ʼn beroep op die ouers gedoen om hande te vat met die departement om hierdie kwessies te hanteer.

Van Staden het in reaksie op Lesufi se uitspraak gesê dit is ironies dat die LUR na dissipline verwys wanneer hy beoog om gedragskodes by skole in Gauteng af te skaf. “Die VF Plus het Lesufi reeds ʼn jaar gelede gewaarsku om hom nie in te meng met skole se gedragskodes nie. Gedragskodes is juis daar om ʼn geordende samelewing te vestig wat onderhewig is aan reëls en regulasies. Dit leer kinders om van jongs af respek vir hulself en hul medemense te hê en om reëls en regulasies te eerbiedig om sodoende wet en orde in ʼn samelewing tot stand te bring,” het Van Staden gesê.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, by die Norkem Park High School in Kempton Park. Foto: ANA

“Indien gedragskodes by skole afgeskaf word, sal leerders heeltemal handuit ruk wat tot gevolg sal hê dat onvolwassenes volwassenes gaan hiet en gebied. Nou sit ons met die probleem dat leerders mekaar en onderwysers gewelddadig aanval. Leerders kom nou met vuurwapens na skole om [tydens gewelddadige situasies] te gebruik.”

Van Staden het gesê hoewel opvoeding ook by die huis moet plaasvind, moet reëls ook by skole toegepas word. “Jy kan ʼn kind tuis so goed opvoed soos jy wil, maar sodra hy of sy in ʼn omgewing kom, soos skole, waar geen reëls en regulasies deur middel van gedragskodes bestaan nie, gaan dit die kind uitlok om alles wat hy by die huis geleer het te vergeet en te doen wat die meerderheid doen. Skole speel ʼn wesenlike rol in ʼn kind se opvoeding aangesien ʼn kind tussen sewe en agt uur per dag daar deurbring. Sonder gedragskodes gaan chaos uitbreek, soos wat die afgelope tyd by die Norkem Park High School in Kempton Park gebeur het. Dit gaan daartoe lei dat ʼn siek samelewing vir die toekoms gekweek word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johanna Botha ·

Wel daar het jy dit nou slim meneer …dit is die man wat die deur oopgemaak het vir die tiepe gedrag met die groot hare issue en toe die kind opgehef het na n ikoon van regte …..kry SO lekker want nou piets jou eie lat jou en moet nie dink dis die einde nie hier kom nog lekker baie ontwrigting…soos hulle se ” watch this space ” !

Leahim ·

Phillip ek stem 100% saam en omrede hy te bang is om te sê wat die probleem is en waar die probleem die meeste voorkom kan die probleem nie uitgesorteer word nie….net soos MM???

Dankie ·

Ek dank die Here vir wysheid en kennis om my kinders in die wil van God groot te maak. Nie een van my kinders het vergeet van hul goeie opvoeding vanuit ons huis. Hul is eerder n lig en hulp en voorbeeld vir ander.

Canon ·

Daar is wat my betref n groter probleem. Dit is asof dissipliene in ons skole doelbewus afgetakel word. Sommige onderwysers en kinders gaan daagliks in vrees skool toe. SA onderwys en skole is in n groter gemors as wat daar berig word.

Adriaan ·

Daar is weinig verskil tussen die agteruitgang en verval by State Owned Enterprises en onderwys departemente. Dis dieselfde leë woorde, dieselfde onvermoeë om die job te doen. Dit sal aanhou tot daar niks oor is nie, of totdat mense weer aangestel word op grond van bevoegdheid.

popeye ·

Ja nee, agbare Lesufi, die hele wêreld skuld mos sekere mense alles. Uit jou mond is nog nooit iets opvoedkundig, moreel aanvaarbaar en motiverend gehoor nie. My oplossing…..ag toemaar, ons is keelvol om te adviseer want amptenare soos u luister in alle geval nie. Vanaand is my weerstand laag en aanvaar ek maar die piesang in die Republiek.

Oud onderwyser ·

Hy is die oorsaak van probleme by skole. Kyk na die hare geval, nou is sy ‘n aktivis! Onderwys gaan ten gronde onder sy beheer!

Hanna ·

Lesufi weet maar te goed dat die tradisionele Afrika – mens op chaos floreer. Geen plek vir wet en orde in Afrika nie, elkeen vir homself!

FM ·

Ditto. Hoor hoor vir almal se kommentaar. Hoop lesufi lees dit.

Francois ·

Lesufi het ‘n opmerking oor geweld by swart skole gemaak na aanleiding wat by Norkem Park gebeur het. Ek het nogal gewonder wat sou die reaksie wees indien ‘n witte so iets kwyt geraak het. Maar nou kan ek die opmerking nêrens opspoor nie. Kan iemand dalk help asb? Ek soek Lesufi se presiese woorde soos op tv ?

Andre ·

Ek wil graag weet hoe lank die LUR op skoolbanke gesit het en of hy die terme dissipline verstaan.

Boerseun ·

Westerse kultuur is geskep deur westerse beginsels, dit is logies dat ander volke nie sal kan aanpas nie. Kan nie glo westerlinge sit nog hulle kinders in die semi staat kole nie?

Johann Marx ·

Nog net September, Oktober en bietjie van November…..dan is ek klaar met “skool” vir die res van my lewe!!! Ek kan nie wag nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Lees Philip van Staden (VF plus) se artikel hierbo.
Hy herhaal wat LANKAL bekend is en dit is dat Lesufi geruime tyd al besig is om vir homself ‘n possie uit te kerf in die politiek deur so gereeld moontlik in die nuus te wees om “bekend” te raak ook oor sy aanhoudende kritiek op die manier waarop veral Afrikaanse skole bedryf word met reels,regulasies en dissipline en wat daarmee saamgaan.

Callie ·

En eintlik moet dit maklik wees. Dit is die reels van die skool. As ek daar wil skoolgaan pas ek by die reels aan. Daar is geen debat daaroor. Breek ek die reels, gaan soek ek n skool waar die reels my pas. As jy nie wil hoor moet jy voel. As Lesufi en die wat leerders wat in opstand kom ondersteun skrik moet hulle asb n slag wakkerskrik

Mien ·

Canon, jy is reg. Die probleem is groter as wat ons dink. Ek het familie in die onderwys. Gedurig dissiplinêre verhore, dwelms, drank, gevaarlike wapens, rondruk van jong blanke onderwyseresse deur lummels en so kan die lys aangaan. Ons bly naby die skool. Drankblikke en bottels is aan die orde van die dag en as die wind waai, is die gemors wat van die skool af kom ( selfs gebruikte kondome ) ‘n groot probleem. Skoolkinders dink ook die hele straat behoort aan hulle en jou ‘n mens uit as jy durf waag om ‘n toeter te druk ! Dink ook die probleem is groter waar die skoolhoof nie ‘n dinamiese persoon is wat respek afdwing nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Callie, ek stem saam maar dis nie die rede vir die reels en regulasies waarby kinders moet inval nie. Dit wil voorkom asof wanneer ‘n skool bestaan wat goed funksioneer dan word daar lawaaimakers en ongedissiplineerde kinders aangekarwei om dinge te kom ontwrig terwille van publisiteit aan die “simpatiseeders” en “regstellers”.

DD ·

Sarie, wat jy daar se is so waar. Daar is mense wat aspris ons skole ontwrig. Juis omdat hulle funksioneer. Seker maar weer jalousie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.