Lesufi dreig gemeenskap ná inbraak by peperduur skool

Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys. Foto: Mariska Nanni

Gauteng se LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, sê as die gemeenskap van ʼn splinternuwe laerskool in Brakpan, wat R100 miljoen gekos het, nie gou-gou die inbrekers opspoor wat op die skool toegeslaan het nie, sal die departement alle “duur” toerusting verwyder.

Die departement sê in ʼn verklaring hy het met “skok en teleurstelling” kennis geneem van die inbraak Dinsdag in die vroeë oggendure by die Menzi Primary School, ʼn tegnologies gevorderde megaskool. Die skool is ʼn week gelede aan die gemeenskap van die township Tsakane oorhandig.

Na bewering is twee mense wat die perseel gepatrolleer het, vasgebind en in ʼn pakkamer toegesluit. Die misdadigers het by die hoofveiligheidsdeur ingebreek om toegang tot die hele skool te verkry. Van daar kon hulle alle veiligheidsdeure oopsluit.

Hulle het onder meer toegeslaan op die administrasieblok en die IT-kamers, waar tablette gelaai word. Die departement sê daar is tekens van gedwonge toegang by al die deure waardeur hulle vertrekke binnegekom het.

Die toerusting wat gesteel is, sluit 185 tablette vir leerders, agt skootrekenaars van onderwysers, twee dataprojektors, drie lessenaarrekenaars, ʼn plasmatelevisiestel, kleinkaskontant van minder as R500 en ʼn digitale video-opnemer in.

Die gr. 7’s het op die oomblik geen handboeke nie, want hul e-boeke was op die tablette wat gesteel is.

Lesufi sê hy is “uiters teleursgesteld” dat misdadigers kinders van die gemeenskap se onderrig op dié wyse ontwrig het. “Ons daag inwoners uit om ons te help om die inbrekers op te spoor. As hulle dit nie teen Vrydag regkry nie, sal die enigste raad wees om alle duur toerusting aan die skool te onttrek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Chris ·

Wat maak jy hier? Skoert ons het meer as genoeg probleme van ons eie wat nou eers aandag moet geniet, en deur wie se toedoen?

Phil ·

Kan ek asb my inkomste belasting wat ek met sweet verdien en betaal terugkry? Hoekom moet die gemeenskap skurke vastrek en nie die hoogs opgeleide polisie nie?

1+1 ·

Daar is 30% werkloosheid in SA. Nou stel hy nog ‘n mosie van wantroue in die polisiemag ook.

Leon ·

Is dit nie die polisie se werk om die misdadigers op te spoor nie?
Of, insinieer jy dalk, Minister, dat die gemeenskap die skelms is?

Brutus ·

Kon eerder n splinternuwe tronk gebou het met daardie geld daar is baie tsotsies daar buite.

lewies ·

Ouers betaal self vir die uitbreiding en instandhouding van geboue en terreine. Nie ‘n sent van die staat gevra nie en dit gaan goed by die skole, behalwe as daar betogings is oor beuselagtighede. Kommunikeer met die suksesvolle skole en kry die resep daar.

se maar net ·

Kry vir jou, anc bevorder mos van 94 af misdaad met alles tot hulle beskikkin, nou moet gemeenskap misdadigers vang want hulle het polisiemag vernietig. Mens sou kon lag daaroor as dit nie so n absolute gemors is nie. Ek weet nie hoekom ons nie opstaan en weier om belasting te betaal aan die regering. Betaal dit in n trust wat dan pro rata betaal aan die departemente wat nog iets beteken. Dan kan Noord wes se LUR honger gaan slaap oor sy tirade teen n onskuldige dame

Mossie ·

Ek giggel onbeheersd vir al die kommentaar. Julle sê presies wat ek dink. Skerp.

Karel ·

Ek sê mos Mossie. Ek geniet die kommentaar, dit maak die berig. As daar simpatie gegee moet word, dan is dit daar. Maar as slae uitgedeel moet word – blikskottel, dan kan die ouens.

JB ·

Doen ‘n Interne ondersoek. Hoeveel skole se tablette is nie al gesteel net nadat dit by die skole afgelewer is nie?

Keuses ·

Dit bly maar sleg. Voel jammer vir die arme kinders. Mag die skelms tog gevang word.

Piet Lourens ·

Wat het hy verwag? As die menseregte kommissie op Schweizer klaar is met die wit onderwysers kan hulle hom kom help. Sal graag hulle kommentaar wil hoor.

Seemonster ·

Ek moet nogal sê – interessante taktiek. Ek wil nie die misdadiger wees wat deur daardie gemeenskap gesoek word nie. . . . .
Ander kwessie – vir so ‘n tegnologies gevorderde skool – waar is die alarms en cctv?

Vusi ·

Klink nie of daar veel oor is om te verwyder nie. U het nie buskruit uitgevind nie né?

Hanna Hoekom ·

Nou wanneer word rassisme weer bygesleep? Hierdie nar kan mos nie sy mond oopmaak sonder om rassisme te skree nie. Ek wag in spanning!

Valkyrie ·

Die redenasie is alreeds verewig. “White people brought nice things they know we would want to steal”. Na die stelling is alles wittes se skuld tot in der ewigheid

Andre ·

Agbare minister wanneer gaan jy en die polisie agterkom dat dit gereeld voorkom by skole enkele dae nadat dit afgelewer is en die inbrekers presies weet hoe om toegang re verkry ?

Magda ·

Ek kan maar net lag. Forwards never backwards ever!!!!! Nuwe Suid Afrika

JPV ·

Wat jy saai sal jy maai. Die hele ANC saai ‘n kultuur van oneerlikheid en wetteloosheid. Kyk hoe oes hulle nou….

sussie ·

Hou hierdie kinders se slaagsyfer oor n paar jaar dop. Inside job. Wie het die skool gebou. Soveel geld spandeer. Hoeveel is aan sekuriteit spandeet

CJ ·

Vergewe my my negatiwiteit, maar het Lesufi en die Dept werklik gedink dat daardie hoogs tegnologies gevorderde skool nie n prioriteits-teiken gaan wees nie? Dis amper soos n tipe “get it all under one roof” uitnodiging. Hierdie is die realiteite waarmee ons daagliks gekonfronteer word, mnr Lesufi.

Jack Daniel ·

Wat verwag hy??
Hkm sit Jy duur toerusting in a skool waar daar studente is wat nie eens hulself Kan respekteer nie. ??
Wonder ook Watter ouers het die meeste by gedra vir die toerusting? ?

ES ·

Lagwekkend. Tensy hy iets weet wat ons nie weet nie, kan ek nie sien hoekom die man sou dink dat die gemeenskap verantwoordelik gehou moet word vir die opspoor van die diewe nie… Dit was tien teen een ‘n “inside job”. Dit is gewoonlik.

Ja swaer ·

Peper is nie meer so duur nie. Kan ons asb van vleisduur praat

Vryheid ·

Die gemeenskap wil nie n nuwe skool gehad het nie… Hulle wil net als verniet gehad het en toe kry hulle n nuwe skool. Eish

Sarel ·

In SA is al wat betaal misdaad, harde werk is n koloniale idee.
Weer word van die publiek verwag om die misdadigers te identifiseer, kans is goed dat hier onderwysers en polisie beamptes agter die misdaad sit. Moontlik ook 20 jarige graad 10 leerlinge ens.
Sterkte nuwe SA , publiek is op hulself aangewese.
Net jou belasting is goed!!!!!! verder wil niemand van jou weet nie.

John ·

Lesufi doen net wat hy wil… like father like son… Nou kan nog Afrikaanse skole geteiken word, want ‘shame’ nuwe skole werk net nie…

Anni ·

John, dit sal nie werk nie, want so gou soos die aangebou word, en net met die beste uitgerus word, ALLES NATUURLIK op Jan Taks (ek en jy) se rekening, word dit afgebrand en verwoes.

Hoekom skole aan die ander kant van die raskaart werk, is omrede ons BETAAL, ONS BETAAL VIR ELKE LIEWE DING, DEUR ONS NEKKE. ONS KRY NIKS VERNIET NIE. En ons leer ons kinders waardes. Waardes van respek, om dit wat jy het op te pas, ons leer ons kinders van respek vir onsself, ons eiendom, respek vir ander en hulle eiendom. Ons kinders tel nie ‘n klip op, of trek ‘n vuurhoutjie as dinge nie na hulle sin gaan nie. Want by ons skole, is WET en ORDE EN DISSIPLINE.

Barries ·

Skielik is dit baie snaaks omdat dit by ‘n “swart” skool gebeur het. Ek kan my net die reaksie voorstel as dit by ‘n “blanke” skool gebeur het. ALLE misdaad moet ewe sterk veroordeel word.

Pastoor ·

Ek sien nie die probleem nie. Vervang dit net met nuwes. Dis mos nie so moeilik nie.

D B ·

Ek het die laasweek toe hy die skool ge-open het al sien kom.

Die mense het nie kos nie! Wat het jy gedink gaan gebeur?

Lizelle ·

Welkom in SA !!!!! Julle het die saadjies geplant en nou dat die verkeerde boompies opkom wil julle huil! FYI…….die polisie (ek inkluis) betaal belasting vir die wat dink net die publiek betaal…..gaan soek in daai einste skool na leerlinge en selfs ouers en onderwysers wat betrokke kan wees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.