Lesufi gedagvaar vir laster

Panyaza Lesufi. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng, vir laster gedagvaar.

Dít nadat Lesufi in November verlede jaar AfriForum valslik daarvan beskuldig het dat die organisasie poog om ’n “sluipmoord” op hom uit te voer.

AfriForum het Sondag in ’n verklaring gesê die organisasie het Lesufi intussen amptelik versoek om sy stelling terug te trek hoewel hy dit nie gedoen het nie. Die LUR kon ook geen bewyse van die sogenaamde sluipmoordpoging aan AfriForum verskaf nie, het die organisasie nou gesê.

Luidens die verklaring eis AfriForum se dagvaarding onder meer dat die LUR onvoorwaardelik om verskoning vra vir sy beskuldiging. Daar word ook vereis dat hy pa moet staan vir die regskoste van die saak.

Lesufi word tot middel Julie gegun om aan te dui of hy die dagvaarding gaan teenstaan.

“Dit is tyd dat Lesufi verantwoordbaar gehou word vir sy polariserende uitsprake en verregaande leuens,” meen Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Volgens Kriel het Lesufi gepoog om sy “vendetta” teen Afrikaanse skole te verdoesel deur leuens te verkondig dat hy kwansuis die teiken sou wees van pogings om ’n sluipmoord uit te voer.

“Dit is jammer dat iemand soos Lesufi se drang na aandag en publisiteit so sterk geraak het dat hy selfs bereid is om lawwe samesweringsteorieë te verkondig. AfriForum is trots op die feit dat ons vreedsaam en op ’n demokratiese wyse te werk gaan om ons doelwitte te bereik, en daarom kan ons nie toelaat dat AfriForum valslik as sluipmoordenaar voorgehou word nie,” het Kriel in die verklaring gesê.

Luidens die verklaring hou die dagvaarding nié verband met Lesufi se uitsprake oor Orania, soos die LUR vroeër vandeesweek op Twitter aangevoer het nie.

“Die dagvaarding is reeds [Maandagoggend] beteken, terwyl Lesufi se twiet oor Orania eers laat op dieselfde dag geplaas is,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nell ·

Spreuke 4:23 vir jou, Lesufi: “Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink bepaal alles wat jy doen.” Overgesetsynde – dit waar die van hart vol is loop die mond van oor…

JohanR ·

Nee my maat niks te doen met Orania nie wat egter ‘n rook skerm was om almal se oe van daai onreulmatige IT tender van R30 miljoen af te vat, maar omdat jy dink jy is Adam en Eva Amen. Gauteng Minister van Onderwys, maar jy dink jy is die President. Orania is skoon, netjies en vol gelukkige wit mense, en werk soos ‘n wel geoliede masjien, en pla niemand. Soos Israel wat ek ‘n groot bewonder van is, het hulle deur harde werk daar die woestyn maak blom. Plekke soos Orania word in die Grondwet beskerm. Het jy al gehoor van die Grondwet ou Lefusi?

twaalfboor ·

Johan ek sal nou nie sê Orania werk soos ñ goed geoliede masjien nie. Hulle gaan ook gebuk onder beurtkrag. Is ook afhanklik van Hopetown se munisipale kantore en lisensie owerhede. Ek dink net die trekkers ens dorsmasjiene is geolie. Dan is hulle afganklik van die die res van die land.

JohanR ·

Sien nou vanmore skinderbek dat hy gaan Konstitusionele Hof toe met Orania. Nou vra ek gaan hy Konstitusionele Hof toe met sy eie geld, of maar weereens met belastingbetalers se geld?

koos10 ·

Your sin is to continue attacks on white people, whilst doning NOTHING for blacks. Only destroy schools that work. How many schools was BUILD under your control, and how many was destroyed?
Then according to you ANC everyone can seek the intervention of courts, but according to your comment, you do not respect the processes.

Jaco ·

As hy dit in November 2019 gesê het, waarom dan tot nou, 7 maande later, wag om hom aan te kla? Vreemd…

Leon ·

Ek sê weer Afriforum se geld moenie gemors word op die rooksaak nie. Mense soos Lesufi moenie toegelaat word om met die soort twak weg te kom nie. Die argument vir die rook wat in die hof gevoer is, is in elk geval belaglik.

4ntj13 ·

“organisasie het Lesufi intussen amptelik versoek om sy stelling terug te trek hoewel hy dit nie gedoen het nie”
Dit pla my dat ʼn joernalis nie weet hoe om die woord “hoewel” korrek te gebruik nie. Netnou sê Lesufi hy het soortgelyk iets anders bedoel met “Orania”. Waarvoor hy duidelik dom genoeg is. Of was daar wel meer as een uitspraak teen Orania, soos wat die joernalis later in die artikel beweer? Ek waardeer feite. En, ek het nie probeer lees omdat ek dink Lesufi hou graag by die waarheid nie. Ek hoop Afriforum se regslui is skerper met hul taal, anders kan dit rede raak waarom sake verloor word, soos Lesufi hoop.

Cherokee ·

Ek hoop dat ASJY WERKLIK ‘n Lid IS(!), Afriforum jou uitskop. My belastinggeld word deur die anc misbruik. Kan nie toelaat dat nikotienverslaafdes dit ook misbruik nie.

Scalla ·

Sluipmoordenaars ken die verskil tussen bollie en tandepaste, jy ruik die fluoried!!!

Leon ·

Een van die grootste rassiste is teen rassisme. Hoe werk dit? Wonder maar net.

Johannes Andries ·

Sjoe dit lyk my dit moet moeilik wees vir hom om te verstaan wat rassisme is met sy haatigheid teenoor alles en almal wat nie soos hy lyk en is nie. Dit klink of hy selfs ook ‘n probleem met hom self het dat hy sluipmoord vir hom self genoem het. Arme man

Jakes ·

Lesufi se gebrek aan reaksie tov die dagvaarding is te verwagte. Het iemand regtig iets van hom verwag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.