Lesufi gee Curro nog een kans

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het sy besluit om Curro Roodeplaat se bedryfslisensie op te skort, teruggetrek en die skool tot einde Oktober gegee om verskeie maatreëls in plek te kry.

Lesufi het Curro ingelig oor sy besluit om hul bedryfslisensie op te skort waarna die bestuur van Curro Holdings ’n noodvergadering met die LUR versoek het om die aangeleentheid te bespreek. Lesufi en Chris van der Merwe, hoof van Curro Holdings, het Woensdag vergader.

Volgens Lesufi het Van der Merwe hom die versekering gegee dat rassesegregasie nie deel is van hul beleid nie en dat regstellende stappe gedoen sal word teen enige van die groep se skole wat dit wel toepas.

Lesufi het gesê die bestuur van Curro Holdings het onderneem dat die huidige uitvoerende hoof van Curro Roodeplaat vervang sal word en dat ʼn konsultant aangestel sal word om die skool by te staan met transformasie en diversiteit. Curro het verder onderneem dat leerders in die vervolg saam vervoer sal word tydens skooluitstappies en nie volgens taal of ras geskei sal word nie.

Lesufi het Curro tot einde Oktober gegee om die stappe in werking te stel. Die jongste aankondiging volg nadat ʼn video verlede week aan die lig gekom het wat glo wys hoe kinders op grond van ras in verskillende busse vervoer word by die Curro Roodeplaat Privaatskool in Kameeldrift, noord van Pretoria (lees meer hier).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Peet Schabort ·

Die mengsel: “Neem 80% swart en 20% wit en meng deeglik.
Gooi nou saam in een bus en skenk aandag dat hulle nie bymekaar sit volgens ras, kleur en taal.

anne ·

Miskien moet hy teruggaan skooltoe, of sy skoolgeld terug vra. Hy is duidelik nie bevoeg nie.

Se Maar Net ·

Presies hoe is hy aangestel in die pos?
Sekerlik ‘n baie stupid vraag. Wys jou wat gaan aan in ons land.
Elk een van hulle wil tog net iets doen om raak gesien te word, intussen
neuk hulle alles op.

Niel ·

Hy spandeer tyd om ‘n heksejag uit te voer terwyl 80% staatskole disfunksioneel is? Duidelik onbevoeg en nog ‘n rassis daarby

Leonard van der Dussen ·

Daar kan baie geraas en geblaas word, en dis natuurlik nie reg wat hierdie LUR doen en hoe die regering oor die algemeen in onderwys inmeng met baie dinge wat nie juis met die gehalte van onderwys te doen het nie.

Dat hierdie huidige ANC-regering en sy amptenare – van die Afrikaner-amptenare in die onderwysdepartement inkluis – sulke dinge soos hier met ‘n Curro-skool gaan aanvang om ten alle koste die reënboogagenda af te dwing, is ‘n feit. En soos onlangse sake net weer gewys het, gaan selfs hofuitsprake dit in praktyk nie verander nie.

En Curro se optrede wys ook dat skole wat blote sake-ondernemings sonder kulturele erfenis en hart is, maklik met die regering saamwerk; al verg dit om gou een van jou skoolhoofde te offer.

Die energie moet spandeer word om ware onafhanklike, selfstandige onderwys te vestig wat geensins van die regering afhanklik is nie. Dit moet besef word dat hierdie Curro-skool, en bykans elke ander skool in die land steeds regeringskurrikulum aanbied, met die onderskeid wel in die gehalte van onderwysers en bestuursvermoë; maar solank jy binne die raamwerk van ‘n kurrikulum wat die laagste gemene deler en menseregte moet dien ver bo enige akademiese vereistes, skoolhou, is jy maar gebind aan die regering wat ‘n regering vir die massas en nie vir westerse vooruitgang is nie.

Blaas gerus stoom af, maar al die geskel gaan niks daaraan verander dat selfs van die beste Afrikaanse skole soos Affies, uiteindelik aan die staatskurrikulum verbind is en onder die staat se voorskrifte staan. Ons moet hard bou aan selfstandige onderwys. Die politieke druk en onderdrukking gaan nie minder word nie, inteendeel, en die proses van buitneming deur die veroweraar gaan nie die afbreek van skole oorslaan nie.

KarooKlong ·

Ek kry terugflitse van my jong dae, BMX buitebande rol voor my geestesoog, ……zzzzzzz

Desire ·

TWEE pare SWART ouers het gese daar is GEEN rassisme in die skool nie. Maar MR ‘kebab-technician’ HY weet beter as die skool se ouers…. Wat weet hulle nou?

George ·

Ag siestog !!! Het Lesufi nie ander werk nie. Daar is baie ander disfunksionele skole wat hulp nodig het.

scalla ·

Wil die erken hy het gefouteer nie, die bewyse is daar, swak, onbevoeg, nog n soustrein passasier, hoop hy val van die wa af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.