Lesufi gee nóg ’n skoolhoof die trekpas

Panyaza Lesufi. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng, het die skoolhoof van die Graceland Education Centre in Elsburg naby Germiston geskors, hangende ’n ondersoek na die dood van die 15-jarige Laticia Princes Jansen.

Patricia Peters is Dinsdag met onmiddellike inwerkingtreding uit haar pos verwyder, nadat Laticia, ’n graad 9-leerder aan dié skool, verlede week wreedaardig vermoor is nadat die skoolvervoer haar agtergelaat het.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, sê die LUR het ook die skoolvervoermaatskappy se kontrak met die skool beëindig en ’n nuwe maatskappy aangestel om leerders te vervoer.

Dit volg nadat die skoolbus verlede Woensdag ’n groep leerders agtergelaat het, toe die bus vroeër as gewoonlik vertrek het, het Maroela Media berig. Laticia het saam met van dié leerders huis toe gestap. Hulle het haar egter agtergelaat toe sy kla oor haar swaar skooltas en verstellings aan die tas wou maak.

Laticia se liggaam is twee dae later uiteindelik opgespoor. Sy is verkrag, het meswonde opgedoen en haar liggaam is aan die brand gesteek.

Laticia Princes Jansen (Foto: Verskaf)

Volgens Lesufi was Laticia drie dae lank afwesig by die skool. Die LUR is nou woedend aangesien die skool nagelaat het om haar familie daaroor in te lig.

Die LUR se streng optrede volg kort nadat Malcolm Williams, die hoof van Parktown Boys’ High School, verlede week geskors is, nadat die 13-jarige Enock Mpianzi vroeër vandeesmaand op ’n graad 8-kamp van die skool verdrink het.

Die VF Plus meen ook dat skole en instansies wat verantwoordelik is vir die veiligheid van skoolkinders, maar nalaat om dié verpligtinge na te kom, ondersoek en vervolg behoort te word.

Ouers laat hul kinders in die sorg van skole en instansies waar hulle veilig behoort te wees. In dié geval was dit ’n doodsvonnis. ’n Jong meisie se lewe is wreed van haar weggeneem omdat iemand nie by die vasgestelde reëls gehou het nie. Dit kan nie geduld word nie. Mense moet verantwoordelik gehou word vir hul dade,” sê Amanda de Lange van die VF Plus.

Die party doen ’n beroep op die polisie om Laticia se moordenaar spoedig vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Annatjie ·

Die werklike probleem word nie aangespreek en dit is die moordenaar en verkragter.
Hoekom is dit so ‘n probleem in ons land? Sit hulle om elke hoek en draai en wag om iemand leed aan te doen?
Hulle word nie swaar genoeg gestraf nie daarom het ons land so ‘n kultuur.
In die ouerhuis moet die opvoeding begin en ek is jammer om te se maar ons faal.

Netso ·

Netso Annetjie, ek stem 100% saam. Later gaan geen skool bestuur of onderwysers hê nie en verkragters om elke hoek en draai doen net wat hul wil!!!!

Dorie ·

Wel as hierdie skoolbus koppe telling gehou het, en bydi reels gehou het, was hierdie kind nie nou dood nie.. As dit my kind was, sou die duiwel om hul koppe gedraai het, dis nou maar verseker. Hierdie kind het geboet met haar lewe, omdat reëls nie nagekom word nie, en daar n absolute,” its not my problem” attitude heers.

marous ·

Waneer gaan hy tronk toe oor die skool se loop brug wat wit kinders gedood het?

Gerda ·

Jammer meisie, die SA stelsel het jou gevaal en jy moes boet met jou lewe… Dit is so hartseer. Nou loop almal deur onder die septer maar die moordenaar is op vrye voet. Ek wed hy is uit op parool vir n vorige oortreding.

Ekke ·

Lusufi is onder meer vies omdat die skool die ouers nie kennis gestel het van die dogter se drie dae lange afwesigheid nie. Kon hulle dan nié sien sy is ook nie by die huis nie?

Anoniem ·

Gewoonlik laat die ouerhuis die skool weet as ‘n kind nie skool toe kom nie. Nie anders om nie?!?

Lesufi is trigger happy…

Anoniem ·

Dit maak mos nie sin om die skoolhoof te skors nie? Dis die skoolvervoermaatskappy wat skuldig is!

Werner ·

Hy en sy regering moet geskors word hulle is te sleg om die moordenaars wat rondloop te vang

Dell ·

Ek het geen probleem met enige hoof of onderwyser, of busdrywer wat sy werk verloor omdat hulle nie hulle werk doen wat ons kinders aanbetref nie, MAAR en het ‘n groot probleem met die nar se politieke speeletjies, wat nou ewe skielik op en af spring. is so te se ‘n jaar na die Driehoek skool se tragedie en ek laat my nie vertel die skole het genoegsame ondersteuning, hulp, noem dit wat jy wil van die nar nie, maar as dinge gebeur soss nou weer, dan moet iemand se kop waai, solank dit nie hy is nie. ASB laat hom gaan, terwyl daar nog skole is.

Margaret ·

HUH !!!! Vir 3 dae nie by huis, en die ouers kom dit nie agter nie…..

Racheltjie ·

Hoe nou…skool moes ouers laat weet kind is nie by skool! Genade…hulle moes mos dit self geweet het !

Julius ·

En as die kinders moetswillig gedraai het om die bus te verpas? Hulle het dalk ander planne gehad wat nie by die bus se roetine inpas nie soos byvoor om ‘n draai by ‘n drankwinkel of jolplek te maak. Ek dink eerder die kinders is self verantwoordelik.

Henry ·

Lesufi is direk verantwoordelik. Wie gaan hom die trekpas gee. Hoekom word hy nie verantwoordelik gehou nie.

Mb ·

Haar ouma het dadelik nadat sy die Woensdag nie van die skool af gekom het nie , haar begin soek. Sy was by die polisiekantoor ook en het haar as vermis aangemeld. Die polisie het niks gedoen nie. Die ouma het later self mense gekry om te help soek en so het die ouma haar liggaam Vrydag gekry en die skool en polisie in kennis gestel. Die polisie het toe nog geen aandag aan die saak gegee nie. Baie baie hartseer.

Klippie ·

So, die ouma het “dadelik” Woensdag geweet daar’s fout maar nie die ander twee dae nie???

Mariska ·

Die skoolbus het ‘vroeër as gewoonlik” vertrek.
Dit bly die drywer se verantwoordelikheid om te verseker almal wat daar moet wees, is wel daar!

Johane ·

Die hele anc moet afgedank word ,dis hulle wat die land so siek gemaak het. Ons het nie die gemors gehad voor 1994 nie.

Kobus ·

As hy so aangaan is daar een van die dae geen skoolhoofde meer nie.Hier word nou ‘n kind se dood gebruik on sensasie te soek en emosies op hol te jaag.Wat van die arme leerlinge wat doodgesteek word,wat in put toilette verdrink,kinder wat geboelie word? Dan wondder ek ook,die pasiente wat in hospitale vermoor word,die 10 babas wat onlangs dood is in hospitaal,wat word van diegene verantwoordellik? Ek aanvaar al die hoofde is ANC kaders,is hulle ook geskors en of vervolg?Het alles hier begin agv ‘n swart kind wat by ‘n “wit” oord dood is ? Ek praat niks goed,vra net

Agge nee ·

Soveel van die kinders bly willens en wetens weg van die skool af. Ons skool stuur 100de smse per week, en ons kry nie eens ‘n antwoord van die ouers. Volgens my is die skoolhoof verantwoordelik vir die kind as hy/sy by die skool is, nie as hulle afwesig is nie. Die skoolvervoer kan dalk verantwoordelik gehou word.

Jannie van Niekerk ·

Genugtig! Wanneer gaan Lesufi wakker skrik? Hy kan mos nie van skoolhoofde verwag om die POLISIE se werk te doen nie? Hy probeer maar net vir almal wys dat HY die “baas” is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.