
‘n Skool word ontsmet. (Argieffoto: Ayanda Ndamane/ANA)
Die Gautengse LUR van onderwys, Panyaza Lesufi, het sy “verslaendheid” uitgespreek nadat dit aan die lig gekom het dat sy departement in net drie maande sowat R431 miljoen bestee het om skole in dié provinsie te ontsmet.
Maroela Media het Dinsdag berig die Demokratiese Alliansie (DA) het geëis dat die Gautengse premier, David Makhura, ondersoek instel na dié beweerde korrupsie, aangesien sommige van dié diensverskaffers nie eens in die skoonmaakbedryf werksaam is nie.
Covid-19-afsonderingsregulasies bepaal dat skole behoorlik ontsmet moet word indien ʼn leerder of onderwyser met dié virus gediagnoseer is. Luidens ʼn verslag wat aan die provinsiale wetgewer se komitee vir onderwys voorgelê is, het die departement slegs enkele miljoene hiervoor begroot.
Die verslag bevat ʼn lys van meer as 200 diensverskaffers wat na bewering diens aan die departement gelewer het deur skole te ontsmet. Van dié ondernemings sluit in “Hot little numbers 3” en “I call the shots”. Maroela Media kon geen besonderhede van dié maatskappye aanlyn opspoor nie.
Volgens Lesufi is hy “in ʼn gevorderde stadium” om met wetstoepassingsowerhede te vergader ten einde ondersoek hierna in te stel. “Ek sal geen steen onaangeroer laat om te verseker dat dié wat verantwoordelik was om hierdie dienste aan te skaf, verantwoordbaar gehou word nie,” het Lesufi gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
30 Kommentare
Kyk maar eerste na die geagte, “verslae” minister se rekeninge…
BEE Aleen
Wel, tussen die ‘geskokte’ President Ramaphosa en die ‘verslae’ LUR Lesufi, steier die ‘vertrapte’ belastingbetaler van een bestaanskrisis tot ‘n volgende.
Ek reken die koeel is deur die Kerk, en volledige ineenstorting om die draai.
Mnr.Lesufi hoe kan jy nie weet wat in jou eie department aangaan nie.Ek het vergeet jy is te besig om afrikaanse skole te biekie.
WAT!?! EK KAN DIT NIE GLO NIE, BEDROG EN KORRUPSIE IN SA REGERING? NEE KAN NIE WEES NIE.