Lesufi kry wind van voor oor uitlatings

Panyaza Lesufi. (Foto: Verskaf)

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, kry die wind van voor ná sy uitlatings oor die omstrede wysigingswetsontwerp oor basiese onderwyswette (bekend as die Bela-wet).

Lesufi het Maandag tydens ’n mediakonferensie kritiek gelewer op diegene wat die wysigingswetsontwerp teenstaan.

Volgens die LUR is die wetsontwerp op transformasie gerig en mag daar nie ʼn enkele skool wees wat vir ’n sekere ras voorbehou word, of ’n ras wat ’n sekere taal praat en alle ander kinders uitsluit nie.

Solidariteit het Dinsdag sy stem dik gemaak oor die opmerkings kort nadat AfriForum en die DA ook hul misnoeë daarmee te kenne gegee het.

Volgens Solidariteit skep die LUR deur sy uitlatings die indruk dat die regering geensins ag slaan op die uitkomste van die proses van openbare deelname wat tans aan die gang is nie.

“Lesufi ondermyn die wetgewende proses geheel en al en vererger net die wantroue wat baie onderwysers, ouers en gemeenskappe reeds teenoor die regering ervaar. Sulke ondeurdagte uitsprake is kenmerkend van ʼn regering wat alles in sy mag sal doen om wetgewing deur te voer sonder om hom aan grondwetlike of demokratiese prosesse te steur. Dit kan hoegenaamd nie geduld word nie,” sê Johnell van Vollenhoven, beleidsontleder by Solidariteit.

Solidariteit sê dat onderwys van hoë gehalte en die verantwoordelike bestuur van onderwyshulpbronne slegs kan plaasvind as gesinne en gemeenskappe bemagtig word om hul skole te bestuur.

“Afrikaanse skole se deurlopende uitstekende prestasie deur die geskiedenis is juis ʼn voorbeeld van hoe kritiek [belangrik] die rol van beheerliggame in die suksesvolle bestuur van skole is deurdat hulle verseker dat daar in elke skool se unieke behoeftes voorsien word.

“Die vernietiging van enkelmediumskole bevoordeel nie die een ten koste van ʼn ander nie; dit sal die land as geheel benadeel.”

Belanghebbendes het nog sowat twee weke om insette oor die wysigingswetsontwerp te lewer.

Solidariteit, AfriForum en die DA moedig mense aan om die wysigingswetsontwerp te verwerp en aanlyn petisies is van stapel gestuur om te wetsontwerp te probeer stuit.

Solidariteit sê verder hy sal voortgaan om kommentaar teen die Bela-wysigingswetsontwerp in te dien en dat hy sal deelneem aan die openbare deelnameprosesse waartydens hy die sentralisering van onderwys en die afskaffing van enkelmediumskole sal teenstaan.

“As die regering bloot die wetgewing deur die parlement probeer stoomroller sonder om behoorlike aandag aan die uitkomste van die proses van openbare deelname te gee, sal Solidariteit nie skroom om die saak in die howe te beveg nie.

“Ons sal nie toekyk hoe die departement van basiese onderwys van openbare skole staatskole maak nie. Ons sal ten volle deelneem aan elke beskikbare proses en geleentheid en selfs daarna, indien nodig. Ons sal nie die opvoeding van ons kinders prysgee vir die ideologie van politici nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Vossie ·

Vir hierdie een moet elkeen voor baklei. Die parasiete raak nou dors. Hulle kannie en ganie hulle eie opbou nie. Hulle teiken nou ons gesonde infrastruktuur. Staan dit teen. Die ou is ‘n donkie. Hoe meer mense teen staan hoe beter

Harley Davidson ·

Die man is openlik ‘n rassis wat sy posisie misbruik om huidige benaadeelde minderhede se regte te ondermyn.

gatgogga ·

Wat het dan van de Klerk se “eie skole” geword, Lefoefie?

Andre ·

DeKlerk en sy gespuis het die hele volk uitverkoop en triljoene in hulle gat sakke gedruk.Die klomp wil ons kinders af bring tot op hulle vlak en dink soos hulle want hull kan en sal nooit in der ewigheid op ons vlak kan dink of werk nie

Nie Verbaas ·

Arrogant, oningelig, rassisties en bietjie agter aan die intellektuele kant. Wat kan mens van so n kombinasie verwag?

Piet ·

Afrikaanse Ouers moet eenvoudig ophou om skoolgelde te betaal, bring alles tot ń stilstand totdat hierdie kommunis luister.

Dup ·

Die totale aanslag teen Afrikaans en sy mense sal voortwoed totdat dit vernietig is.Die LUR haat blykbaar Afrikaans met ‘n passie. My boodskap aan hom is dat die gevoel wederkerig is.

Andre ·

Jou verval datum het lankal verval jou rassistiese gemors loop man!!

Spook ·

Lesufi is een van die baie redes waarom ek nog rook. Die rokery keer dat onnosel mense met die skerp kant van ‘n graaf aangerand word.

Johan ·

Ek rook sodat ek sonder n masker by die werksplek (en lughawe) in die rookareas kan gaan sit.

Johan ·

Nyatse Lepoefie is so verdwaal soos ‘n stink poep in ‘n groot sak vol klein spykertjies, hy het geen idee waarheen hy gaan of waar hy vandaan kom nie!

Marius ·

Lesufi sal selfs sy eie mense te na kom om Afrikaanses en blankes by te kom.

Jaco ·

Ongelukkig is die ANC se idee van gelyke opvoeding, om almal GEEN opvoeding te gee.

Casper ·

Kyk na die prestasies van AFRIKAANSE skole en kyk na die prestasies van OUR PEOPKE se skole dan kan julle verstaan hoekom hy ons Afrikaners so haat.Jy kry ‘n tor wat bereid is om te vlieg en jy kry ‘n tor wat net wil baklei en mede leerlinge doodsteek en dood skiet.

Johan ·

Dit en OUR PEOPLE wil niks help met die skole nie, wil alles by die regering KRY.

Hannes ·

Soos meeste ANC kaders het hierdie mannetjie NET ‘n politieke agenda, die werk waarvoor hulle sakke vol geld kry ly skipbreuk.

TRP ·

Daar is baie ander oplossings vir die probleme. Bou nog skole, dit is al oor en oor bewys dat moedertaal onderrig die beste resultate lewer. My grootste droom is dat mense in posisies aangestel word wat werklik die land wil bevorder en nie afbreek nie. Ek kan werklik nie sien hoe hierdie wet enigsins voordelig gaan wees vir skoolkinders nie. Die man dryf duidelik sy eie agenda.

Di ·

Ek voel oor hierdie NAR nes ek oor ZUMA voel, ALTWEE moet net gaan!

Jacobus ·

‘n Sentrale rat in die “dumbing down” masjien. Omtrent al skema van ANC wat goed werk!

My siening ·

Hy lesufi het nog niks positief vir die land beteken nie, nie eers vir sy eie mense, rassis!

annie ·

Is Lesufi in SA gebore? Hy lyk en klink soos iemand van elders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.