Lesufi maak talle omstrede uitlatings by inligtingsessie

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. Foto: ANA/Jonisayi Maromo

“Die regering het boere geld vir hulle grond aangebied en die boere het ’n middelvinger vir die regering gewys. Nou wil ons die grond terughê. Al die grond, sonder vergoeding.”

Dit was die woorde waarmee Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys Woensdagaand se openbare bespreking oor voorgestelde wysigings aan die provinsie se openbare skole se toelatingsregulasies vir 2019 afgesluit het. Die inligtingsessie het by Hoërskool Montana in die noorde van Pretoria plaasgevind.

“Julle kan dankbaar wees ek staan hier en probeer mooi met julle praat. Die LUR ná my gaan nie met julle onderhandel nie, maar julle dwing om te doen wat ons wil hê,” het Lesufi gesê in reaksie op kritiese vrae vanaf die gehoor oor voorgestelde regulasies.

Talle organisasies soos die burgerregte-organisasie, AfriForum, die Skoleondersteuningsentrum (SOS) en die vakbond, Solidariteit, het hulle kommer oor die voorgestelde wysigings uitgespreek. Hulle meen dié regulasies sal alle mag oor skole se toelatingsproses aan Lesufi oorgee en skoolgemeenskappe sal geen seggenskap meer hê oor waar of in watter taal hul kinders skoolgaan nie.

Volgens dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van die SOS, het Lesufi die vergadering op sy joviale manier begin, grappies gemaak en mense uitgenooi om met hom in debat te tree. Altesaam 13 mense het die kans gehad om standpunte te lug en aan Lesufi vrae te vra. “Hoewel sommige van die vrae krities was, was almal beleefd en gemoedelik,” het Brink gesê.

Dit het egter verander toe Lesufi weer die mikrofoon neem met die doel om die 13 sprekers te antwoord.

Brink meen Lesufi was duidelik geïrriteerd met die vrae en het die ANC-beleid begin predik.

“Lesufi het spesifiek twee sprekers uitgesonder en op ’n neerhalende manier op hul vrae gereageer tot vermaak van ’n deel van die gehoor. Die gehoor se gemoed is negatief beïnvloed en mense het brommend en aggressief die saal verlaat. Skoolhoofde van verskeie Afrikaanse skole het agterna verslae gestaan en gesels oor wat in die skoolsaal afgespeel het.

“Dit is jammer dat Lesufi hom tot populisme gewend het en weereens weggeskram het van die harde werklikheid van sy eie wanprestasie,” sê Brink.

Daar is nog vyf openbare verhore voor geskrewe kommentaar aan die departement oorhandig word voor einde Augustus. Ouers en ander belanghebbendes van Afrikaanse onderwys word aangemoedig om die verhore by te woon en harde vrae te bly vra.

Teenkanting teen die voorgestelde wysigings kan ook elektronies ingedien word by Virskole.co.za.

Ouers wat die geleenthede wil bywoon, kan ʼn aantekening van die volgende datums en tye maak:

  • Mondeor High School op Donderdag 23 Augustus om 17:00
  • Hoërskool Krugersdorp op Maandag 27 Augustus om 17:00
  • Hoërskool Overvaal op Dinsdag 28 Augustus om 17:00
  • Edenvale High School op Woensdag 29 Augustus om 17:00
  • Bryanston High School op Donderdag 30 Augustus om 17:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Belasting ·

Waarom betaal ons belasting aan n regering wat ons onderdruk en wil breek?

Dries ·

Ek wil hom graag iets toesnou maar kry dalkies twee jaar tronkstraf. Hy redeneer soos n imbesiel en behandel mense asof hulle prisoniere is. Ou lesufi…… jou kop is groter as n pampoen.

Marieks ·

presies waaroor ek ook bang is, nou sê ons maar niks….

Alida ·

Hy het NIKS te se oor grond nie. Onderwys is sy afdeling. Jaag die onbevoegde man weg hy saai onmin. Baie onvolwasse van hom.

Tokkolos ·

Sê ek mos ook
Skoenmaker hou jou by jou leuse
O nee wag
Hy neuk dit ook op

marous ·

Stuur dit vir Trump en maak ‘n saak teen hom vir intimidasie.

Pampoen ·

Dries jy is re g – en dan is daar nie eers pitte in nie.

Penellope Jones ·

Tipies ANC. Wanneer hulle nie meer weet hoe om te jok nie, dan val hulle aan, blameer en ontken.

Celtis Africana ·

Weereens n bewys deur n hooggeplaaste in die regeringstruktuur dat die presedent die boere gaan loop vir n ses.
Staatskole, wel die voorgestelde wysigings is bekend.
Dié vyandiggesindheid kom nou deurlopend na die oppervlak op alle sfere.

Melinda ·

Hoe vinniger die regering van LUR vir onderwys Lesufi ontslae raak hoe beter vir almal in SA.

Andrea van Vuren ·

Nee wat, hy sal nie loop nie. Hy suig soos ‘n vet luis aan die regering se agterspeen!

Snowball ·

Hy klink nie soos iemand wat ‘n hart het vir leerders nie, of iemand wat sy rol in die onderwysstelsel begryp nie; blatante misbruik van sy posisie om soos ‘n despoot op te tree.

Hans ·

Hoop dat die persone wie die LUR se neerhalende opmerkings vermaaklik gevind het identifiseer word sodat daar n klagte teen hulle en die LUR gelê kan word by die MRK en die”Gelykheidskomissie”.

Joshua ·

Lesufi, wat van die 4000+ plase in jul onbevoegde korrupte ANC se besit? En jul ‘boere” het alreeds plase in jul besit vernietig met jul onbevoegdheid-bly stil en kry n lewe.

Interessant ·

Dis interessant dat Lesufi by die Centurion vergadering homself soos ‘n leier en gentleman gedra het, en van die Afikaanse gehoor hulle net tye swak gedra het en/of aanhoudend vrae gevra het wat Lesufi reeds beantwoord het (of wat nie direk met die ondewerp te doen gehad het nie). Nog iets wat by bogenoemde vergadering opmerklik was, was dat Kallie Kriel die oomblik toe die kameras na sy kant gedraai was, opgespring het en toe sy solvo afgevuur het. Dit was nie vir my lekker om hierdie as wit Afrikaanssprekende van my eie mense te beleef nie. Ons moet onsself in alle tye kan handhaaf en met waardigheid optree, al raak mens HOE briesend en kwaad. Oor die Montana vergadering kan ek uiteraard geen kommentaar lewer nie.

Inligting ·

Ek sal graag bewyse wil sien. Jou Afrikaanse spelling is van so aard dat ek nie jou inligting kan vertrou nie.

vissie ·

Ja lesufi ons ken nou maar die rigting van die anc,jy se dit net reguit sonder om doekkies om te draai . Hopelik luister afri s.a. en besef om op te hou sagte woordjies en oortuigings op ons af te dwing. Sien die anc vir wat dit is.

Fire's ·

Hou op om die openbare skole te ondersteun. Begin ons eie of nog beter ondersteun ons eie privaat skole! Die regering sal op die lang duur die openbare skole omvorm soos wat dit hom behaag. Jou kinders ly al reeds daaronder!

sweiz ·

Die vent is of erg onnosel of hy is arrogant verby,ons het te beskaaf geraak hy moes geteer en geverf gewees het en aan sy kraag daar uitgesluit gewees het

Anoniem ·

Sal nou enife verskoni g uitdink oor die kwessie sien groit marakas kom

Anoniem ·

Sal enige verskoning nou uitdink sien groot marakas oppad

Audrey ·

Skokkende nuus! Weet enige iemand of die artikels op die webtuiste na engels vertaal kan word? Ons bly tans in die VSA en ek sal graag die inligting met ons Amerikaanse vriende wil deel – dalk kan ons help om die waarheid so te versprei.

Antiestabliesment ·

Gebruik Chrome (jou web browser) se vertalings funksie

Katerina ·

Hi Audrey?Kyk gerus na Stefan Moluneux se onderhoud met Ernst Roets op Youtube, dis n nuwe video. Ook sy onderhoud met Lauren Southern titel Slaughter in South Africa. Iirc het hy ook met Simon Roche en Steve Hofmeyr onderhoude gevoer. Maar ek moet waarsku die onderhoude met Ernst en Lauren bevat baie ontstellende inligting. Very grim indeed. Lauren Southern het n hele paar kort videos oor die situasie hier en dan die langer Farmlands videofliek.

John ·

Waarom nie Lesufi se besluite met die president bespreek tov Afrikaanse leerders se regte nie. Kan Lesufi enigiets besluit of wag die skole eers tot die eerste skooldag van 2019 voor daar aksie geneem word. Hierdie meneer se rassistiese gedrag tov van Afrikaners se skole moet saam met die van Boere-plase aan die grootklok gehang word: Uit jul skole en af van jul plase… Tweet vir Trump om die ondersoek wyer te maak.

Gert ·

Hy kan nie eers onderwys uit sort nie. Wat weet hy van landbou.

CJ ·

Audrey, verwys jou Amerikaanse vriende na Youtube videos van o.a. Lauren Southern oor Farmlands, Avi Yameni se optogte in Australië gereël om SA boere te ondersteun en ook Katie Hopkins se opnames Januarie 2018 oor plaasmoorde.

Interessant ·

Inligting, ek mag moontlik tikfoute begaan het, maar my spelling is gewoonlik van hoogstaande gehalte. Ek bied nietemin my verskoning vir tikfoute begaan aan. As jy dink ek het my verlekker daarin om my eie mense se swak gedrag te aanskou, kan jy gerus weer dink. Ek was daar en het dit self beleef. En net voordat jy dink ek is “links” of wat ookal – jy maak n groot fout. Nie net ondersteun ek Afriforum finansieel nie, ek ondersteun ook die Orania beweging. Dalk kan jy dit ook oorweeg indien jy dit nog nie doen nie.

Johan ·

Hopelik verloor die ANC Gauteng volgende jaar. Dan is hy uit sy pos.

Gerhard ·

Ek dink die groot fout wat baie mense maak is om te dink daar is ‘n debat oor wat die pad vorentoe is. As jy regtig baie gelukkig is kry jy dalk iets vir jou grond, maar baie minder as markwaarde. As jy regtig baie gelukkig is kan jy dalk nog jou kinders in ‘n duur privaat skool sit waar hulle in Afrikaans goeie opleiding kan kry. Dit sal ook nie hou nie en ANC propaganda en Engels sal ook uiteindelik daar afgedwing word. Jou kinders sal nooit ‘n toekoms he in Suid-Afrika nie. Daar is geen debat daaroor nie. Die enigste manier is vir Afrikaners om hul toekoms los te maak van Suid-Afrika, anders het hulle GEEN toekoms nie.

Andries van Vuuren ·

Hoe weet die stomme vent die ou wat na hom gaan kom gaan nog treuriger wees as hy? Dis mos nie moontlik nie!

Magda ·

Kan ons nie ons eie privaat afrikaanse skole begin nie – daaroor sal geen staatsinstansie ‘n sê hê nie? Dit kan ook werkskep vir with afrikaanse en engelse onderwysers – ek is seker daar is ‘n hele paar sonder werk?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.