Lesufi ‘misken’ Afrikaanse skole se prestasie

Panyaza Lesufi. (Foto: Verskaf)

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, word van “blatante politiekery” beskuldig nadat hy Woensdag tydens ’n spesiale erkenningsgeleentheid vir die klas van 2020 versuim het om erkenning aan die provinsie se toppresterende skole te gee. Die meerderheid van dié skole is enkelmedium Afrikaanse openbare skole.

Lesufi het in sy toespraak gesê hy is veral bëindruk met die prestasie van die provinsie se informele nedersettings. Hy het ook daarop gewys dat al 15 distrikte van die provinsie bo die nasionale gemiddeld van 76,2% presteer het.

Die LUR het egter nie ’n woord gerep oor skole in die provinsie wat die meeste onderskeidings ingeryg het nie. Altesaam nege uit die tien toppresterende skole is Afrikaanse skole, met die uitsondering van Pretoria Boys High School. Dié skole het almal tussen ʼn 98%- en 100%-slaagsyfer.

Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die Skoleondersteuningsentrum (SOS), meen dit is juis dié skole wat die distrikte so goed laat presteer het.

(Argieffoto)

Buys sê Gauteng se toppresterende skole het uitstekende prestasies behaal met min ondersteuning van die departement van onderwys en nóg minder ondersteuning van die LUR wat veral druk op Afrikaanse skole uitoefen om te verengels.

“Die toppresterende skole behoort erkenning te kry vir uitsonderlike prestasie in ’n baie moeilike jaar.”

Natasha Venter, bestuurder van onderwysregte by AfriForum, sê dit is duidelik dat die LUR se “politieke onderrok ver uitsteek” met die miskenning van die toppresterende skole se uitsonderlike prestasies in die 2020-skooljaar.

“Die feit dat hy nie eers bereid is om die leerders en onderwysers van hierdie toppresterende skole te noem nie, bloot omdat byna almal Afrikaanse enkelmediumskole is, is ’n verdere bewys dat Lesufi nie sal afsien van sy politieke agenda om Afrikaanse skole te ondermyn nie,” meen Venter.

“AfriForum wil graag al hierdie presteerders en die onderwysers wat hard gewerk het in ’n moeilike jaar gelukwens en aan hulle die versekering gee dat ons sal voortgaan om teenstand teen Lesufi se vooroordele en benadeling van Afrikaanse skole te bied.”

Die onderstaande tabel toon Gauteng se topskole bereken volgens die getal onderskeidings. Groot skole met meer matrikulante het wel ’n voorsprong wat die aantal onderskeidings betref.

Skool Getal onderskeidings
Hoërskool Waterkloof1 021
Hoërskool Menlopark850
Hoërskool Garsfontein733
Afrikaans Hoër Meisieskool673
Hoërskool Zwartkop562
Hoërskool Eldoraigne551
Afrikaans Hoër Seunskool542
Pretoria Boys High School491
Hoërskool Noordheuwel478
Hoërskool Montana436
Sutherland High School383
Pretoria High School for Girls382
Parktown Girls High School367
King Edwards VII School320
Hoërskool Monument300
Rand Park High School293
Hoërskool Transvalia265
Hoërskool Oos-Moot260
Edenglen High School259
Jeppe Girls High School251

Gauteng se klas van 2020 het ’n algehele slaagsyfer van 83,8% behaal – ’n afname van 3,5% teenoor die provinsie se algehele prestasie in 2019. Die jongste slaagsyfer plaas Gauteng nietemin in die tweede posisie op nasionale vlak.

Maroela Media het Donderdag ’n navraag aan die departement van onderwys gerig rakende die LUR se versuim om erkenning aan die toppresterende skole te gee en wag steeds op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Genis ·

Ek misken hom ook… Ek is trots Afrikaans! Trots…Kom ons se eerder Windgat Afrikaans

Misky ·

Ons het seker niks minder as dit van hom verwag nie. MAAR ons weet en hy weet goed wat ons dink….. en dis die beste en trotste gevoel vir ons Afrikaners. Ons kan en ons het en ons gaan weer en bewys dit oor en oor!!!! Ek dink dit hou hom snags uit die slaap

SomeOne ·

moenie te veel stress oor lesoefie, hy kan nie kleur onderskei nie, ons top presteer kinders sal op media geloof word, en nie deur ‘n enkele waar wit nie bestaan nie

Persheks Adri ·

Want die kinders is afrikaans en blank die verdomde ou ‘n rassis pffft. Nie asof die swart staat ons blanke kinders help nie! Ons sal self!

Stephanus ·

Ja, ons moet nie soos hulle begin dink of optree nie. In hul minderwaardigheidsgevoel verwag hulle dat ons die knie moet buig om hulle beeld te bou. Ons het regtig nie hul erkenning nodig nie. Ons weet wie ons is en tot wat ons in staat is.

Anoniem ·

Sy optrede toon eintlik watter tipe mens cele is. Die blote feit dat Afrikaanse skole so goed presteer het, het sy maag hom uit die bed gehou. Indien ons ‘n “thumbs up” van hom sou verwag, gaan ons vir baie jare wag. Ons het hierdie man se teenwoordigheid regtig nie nodig nie.

minnie muis ·

klinkende metaal en groot lawaai…….. wat van sy bedrog sake teen hom

fs ·

Nou ja wel… wie het nou regtig ‘n compliment van die man nodig…. sy opinie beteken in elk geval ‘n ronde nul! ons moet genoeg doen om erkenning vir ons eie te gee – ons het geen valse erkenning van niemand anders nodig

Daleen ·

Jy hoef niks te se nie jou rassis maar WEET WEET jy die Afrikaanse skole gebruik nie allerhande verskonings nie hulle DOEN. En geluk aan die ander skole ook maar swart matrieks van die jaar is lankal nie meer “disadvantage” nie hulle het dieselfde voorregte as wit matrieks al vir 26 JAAR – net jammer die ANC faal hulle deur nie ordentlike skole te bou nie maar dit maak ALLE rasgroepe “disadvantaged”. Watch this space ou Lesufi vir baie jare gaan Afrikaans nog by jou spook want le gaan ons nie le nie.

anniekiewiet ·

Hoekom wil julle erkenning van sy kant af kry? Reël ‘n prestige geleentheid vir julle skole en kinders waar julle hulle almal laat voel hul harde werk word raakgesien, en hou dit as n voorbeeld vir ander kinders.
En gee ook daar erkenning aan kinders wat nie almal onderskeidings gekry het nie, maar ook uiters hard gewerk het, alles ingesit het wat hul kon. Hulle het wel by gedra tot die 100% slaagsyfers.

Dup ·

Om jou eie minderwaardighede en tekortkominge te erken,sit nie in Lesufi se broek nie.Dit moet vir hom ñ bitter pil wees om te sluk dat sommige van sy peoples nie dieselfde hoogtes kan bereik nie.
Hy sal seker nou voluit gaan om die betrokke Afrikaanse skole te vernietig.”If you can’t beat them,destroy them”….

Fedup ·

Who cares what latifa think or say.
The uneducated will always shoot those who are educated down.
Afrikaner children do not have to impress anyone, only themselves.
Maybe grade rr was too hard for him.
I am happy to see how awesonly good the afrikaner children did in their end exams though.
Great achievements.

Janee ·

Niemand is verleë oor sy erkenning of goedkeuring nie. Almal weet wat hulle weet…

Wielspore ·

Enige prestasie deur ‘n afrikaanse leerling is ‘n bedreiging vir Lesufi se rassistiese skool beleid en hy sal nooit erkenning hiervoor gee. Hou so aan afrikaanse leerlinge.
Trots Afrikaans!

JohanR ·

Niks wat die ANC doen of se sal my ooit nie trots wees om ‘n Afrikaner te wees. Ons staan miskien nie altyd saam nie, maar as die pawpaw die waaier slaan dan kom ons bymekaar soos waar ‘n rivier in die see uitloop. R300 miljoen bymekaar gemaak met geen hulp van die regering of die belastingbetaler, en ‘n HELE universitet gebou.

twaalfboor ·

In die land van die blindes is die eenoog koning…. Of sal ek sê LUR.

Baardman ·

Ons het nie sy lof of erkenning nodig nie. Laat hom in sy eie minderwaardige wereld voortleef. Terwyl hy steeds teen homself “struggle”, beweeg ons steeds vorentoe.

PH ·

Welgedaan aan die skole! Dis seker bo die LUR se vuurmaakplek om die prestasies raak te sien.

Nie Verbaas ·

Lesufi, jy kry geen respek nie want jy het nie respek nie. Gelukkige steur ons trots Afrikaners ons bitter min aan jou jaloerse en vlak uitgesprokenheid.

Gerhardus ·

Is julle regtig verbaas dat dié man, wat van Afrikaans ontslae wil raak, nie die Afrikaanse skole noem nie?

Pieter ·

So hy is veral bëindruk met die prestasie van die provinsie se informele nedersetting. Is dit nie maar soos alles wat hulle doen nie? Kom ons vergeet die wenners en die wat werklik ‘n verkil maak of die ding wil en wel goed doen. Kom ons paai en verafgod die onderpresteerders…. Al weer daardie minderwaardigheid kompleks… Miskien moet hulle Coke se klas gaan bywoon…

Nou gaan hulle seker die standaarde nog meer laat vaar en dinge nog meer moeilik maak vir ons want dis mos al hoe hulle weet om dinge te laat balanseer… Dink sover soos die boosheid op die neus.

Ria ·

Hy sal niks sê nie, want hy sal in sy lewe nie erkenning aan n wit vel gee nie. Sy houding laat veel te wense oor en iemand soos hy behoort nie so n pos te beklee nie.

Marianna ·

On het nie ‘n korrupte en rassistiese regering se gelukwense of opinie nodig nie. Dis hulle wat ons in ‘n apartheidshok sit. Dan kla hulle daaroor. Ons moet net nie toelaat dat die regering oor ons loop nie.

Ivana ·

Dis die probleem, hy kan nie dink nie. Was seker net tot std 5 in die skool, as hy so ver gevorder het.

KB ·

Dit het tyd geword om Lesufi formeel aan te kla van menseregte-skending. Onmiddelike ontslag (sonder kompensasie) uit sy pos behoort ge-eis te word.

Charl ·

Die eier misken ons topskole se prestasies omdat hulle AFRIKAANS is ! Dis vir hom ‘n doring in die vlees en hy kan dit nie vat dat, ten spyte van die skandalige afskaling van skoolstandaarde, hulle hom ‘n punt bewys het deur hul toewyding en deursettingsvermoee. En net so terloops ”meneer” lesufi, daardie skole bestaan nie net uit blanke leerders nie.

Meyndert ·

Niets wat iets geword het net omdat hy anc is. Die dag, as Suid Afrikaners net kan presteer, omdat ‘n nikswerd soos hy jou aanspoor, sal die einde van Suid Afrika wees. Hy is ‘n onbenulige invloed op onderwys in Suid Afrika, hy is einlkik ‘n meulsteen.

Jack ·

Hy sal nie want afguns teenoor wit mense was nog altyd die oorsaak van diskriminerende optrede sowel as wetgewing wat wit mense spesifiek teiken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.