‘Lesufi moet fokus op gehalteonderrig in plaas van rassismekwessies’

(Argieffoto)

Volgens AfriForum is die chaotiese en ondoeltreffende skoleplasingsproses vir die 2021 akademiese jaar in die Gauteng-provinsie weereens ’n bewys dat die departement van basiese onderwys nie in staat is om hierdie funksie doeltreffend te vervul nie en dat die plasing van leerders deur skole self hanteer moet word.

Die burgerregteorganisasie het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, ook daarop gewys dat hy eerder op gehalteonderrig moet fokus as op kleinlike aanvalle op AfriForum oor kwessies wat niks met onderwys te make het nie.

Dit volg nadat Lesufi Sondag aangekondig het dat meer as 41 000 leerders wat volgende jaar vir grade 1 en 8 geregistreer moet word, steeds wag om in skole geplaas te word. Die plasingsproses in Gauteng het vanjaar eers op 1 Oktober afgeskop en duur tot Maandag 30 November. Lesufi het ook aangekondig dat laat registrasies van 22 Desember 2020 tot 22 Januarie 2021 gedoen kan word.

Volgens Natasha Venter, AfriForum se adviseur vir onderwysregte, laat dit bitter min tyd oor vir ouers wat nie daarin kon slaag om hulle kinders betyds vir die 2021 akademiese jaar by ’n skool te registreer nie.

Lesufi het verder uitgevaar oor die feit dat die hoogste hof van appèl vir Pieter Doorewaard en Phillip Schutte onskuldig bevind het nadat AfriForum hierdie twee manne se appèlkoste befonds het.

Sowel die aanlyn registrasiestelsel as die plasingsproses het, soos in die verlede, talle probleme veroorsaak. “Sommige ouers het AfriForum gekontak nadat hulle byvoorbeeld plasingsboodskappe van die departement ontvang het dat hulle kind in hulle tweede of derde keuse van skool geplaas is, terwyl die skool van eerste keuse die kind reeds op sy plasingslys aanvaar het. Dit laat dit lyk asof die skool van eerste keuse reeds vol is, terwyl die kinders inderwaarheid na ’n ander skool gaan. Dit kan veroorsaak dat geaffekteerde skole nie heeltemal vol is nie. Dit lyk dus vir AfriForum asof die Gautengse departement van onderwys (GDO) die proses probeer manipuleer.”

Venter sê Lesufi se magsbeheptheid om alle skole en skoleplasings in die provinsie te beheer is uiters ongesond en tot nadeel van alle leerders. “AfriForum sal dus aanhou om druk op die departement te plaas om skole en beheerliggame meer mag te gee om self hulle skoleplasings te behartig. AfriForum sal ook daarmee voortgaan om skole en beheerliggame by te staan in die stryd om die plasingsprobleme op te los voor die aanvang van die 2021-skooljaar.”

Boonop het die GDO se onbekwaamheid om te verseker dat daar genoeg gehalteskole beskikbaar is vir leerders, weer duidelik na vore gekom. “Ongelukkig is daar ook verskeie funksionele gebreke by die enkele skole wat die GDO wel opgerig het. AfriForum moedig ouers aan om deurgaans met die skool van hulle keuse te kommunikeer en seker te maak hulle kind(ers) is wel op die skool se plasingslys, al het hulle nog nie ’n SMS-kennisgewing gekry nie.”

AfriForum wil ook inligting bekom oor gevalle waar die GDO versuim om ouers met hulle probleme by te staan: stuur ’n e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Okmardom ·

Weet jy nie wat jou pligte is nie. Gaan lees dit, en weer, en weer….dan probeer jy so optree. Jy mors almal se tyd.

Okmardom ·

Dis belangrikker om SAL in die lug toe hou as om klassies vie weerbare kinder daar tr stel. Beplanning skiet te kort

annie ·

Lesufi is slim. Dis hoekom hy die pos beklee. Hy weet skole is ballonne. Mens blaas dit op… groter en groter… en nog groter… en

Hennie J ·

Dit is wat jy kry as jy total onbevoeg, en dan ook nog n uitgesproke rassistiese benadering tot jou werk het. Tipies kader.

Chris dupreez ·

Soos jy sê Lesufi ,rassiste is breinloos en niks werd. Jy is die grootste een.

david ·

Die ideale situasie vir die huidige is : ‘n department SONDER LESUFI……

Swerkater ·

Exactly! 21 jarige graad 9 leerlinge is sy indaba die rassekwessies nie en hy’t beslis genoeg om hom mee besig te hou.

Elize ·

Ongelukkig kan mens nie eers se: skoenmaker hou jou by jou lees nie want hy is nie eers goed in dit wat hy moet doen nie. Bou skole en hou jouself so besig dat ons nie elke jaar in dieselfde gemors sit nie. Jy kan elke skool wat jy laat bou na jouself vernoem dan jyk ons hoe vorder jy oor die volgende 5 jaar.

Susan ·

Die man het nie eens ‘n Onderwys kwalifikasie nie, hoe kan hy enige Onderwys saak bestuur en beredder? Hy het ‘n graad in Administrasie, maar kan nie eens die leerling inskrywings administreer nie! Dalk omdat hy in die rassistiese waas waarin hy leef, wil probeer om swart kinders by wit skole in te forseer, en die skool dan te dwing om dubbel medium te wees. Haal die onbekwame haatdraende rassis uit die Onderwys stelsel uit,dis die laaste plek waar jong kinders betrokke is, so ‘n rassis nodig het, om ‘n reeds wankelende toekoms vir ons kinders en jongmense nog verder op te foeter!

Cornelius ·

Dit moet seker teen die tyd baie duidelik wees dat wat ook al die ANC hanteer of bestuur n disaster is. Die enigste ding waaree hulle goed is, is korrupsie en diefstal.

Dries ·

Lesufi le heeldag op twitter. Is dit aanvaarbaar? As my baas moet sien ek sit heeltyd in werksure en tweet, sal ek beslis aangespreek word.

JM ·

Lesufi moet van sy belangrike rassistiese troontjie afklim, genoeg skole bou en ophou om wit skole te boelie. Hy is jaloers op wit skole, omdat dit doeltreffend funksioneer.

Jakes ·

Net die ANC kon n persoon soos Selufi aanstel as die Lur vir onderwys. Sy onbekwaamheid is al lankal ter sprake en sekerlik kon selfs die ANC n meer bekwame kandidaat vir die pos aangestel het.

Mariana ·

Soos baie ander hoort Lesufi nie in daardie pos nie. Hy doen nooit iets konstruktiefs vir skole of leerders nie. Sy besluite is altyd rasgedrewe en intussen is dit die ouers en leerders wat moet sukkel. Hy moet plek maak vir iemand wat wel leerders se belange op die hart dra.

Tokkel ·

LESUFI hou van sy eie stem. Hy wil gedurig rassisme apartheid die skuld gee en nie eers om te praat van sy fete teen witmense nie. Dit is hoogtyd dat hy hom bepaal by die opgradering van skole en om nuwe skole te bou, want een van die dae gaan kinders twee op ‘n stoel sit. Lesufi wil te graag belangrik voorkom, maar beteken NIKS in sy pos!

Hoekom ·

Hy is maar net ‘n patetiese rassis, net soos die ANC cartel in geheel…

Vernon ·

Hy kan dit nie verdra dat ons skole suksesvol is nie. Hulle teer op ander se welvaart,ook wat onderwys betref.Nou wil hulle klaskamers bou,waar gaan die onnies vandaan kom? Eintlik weet Lesufi wat die regtige probleem is..te min skole met bevoegde onderwysers. Om die probleem reg te stel speel hy die “blame game”. Die aanlynproses is opgestel om dit vir blankes dit so moeilik as moontlik te maak om hul kinders by hul keuse-skool,wat ons reg is, in te skryf. Hulle wil alles beheer. Plaas dat hulle ons skole wat suksesvol is uitlos wat Dept inmenging beteref.

My siening ·

Jy beter sorg dat kinders plek kry in skole met jou swak idee van aansoek doen om in n skool geplaas te word jou rassis!

JohanR ·

Nee wat! As iemand soos Lefusi in my diens was as ‘n werkgewer sou ek hom al lankal gepos het. Maar die useless ANC kaders maar maar jaar na jaar na jaar rond en rond rond!

Janee ·

Asseblief!….waarmee sal hulle hulself dan besig hou as dit nie gaan oor rassisme nie?

Derick ·

Lesufi is so magsbehep dat 41000 kinders sonder n heenkome sit. En wie trek eintlik aan die kortste end? Die mense wie hy voorgee om te help. “Ons” sal altyd n plan maak. “Ons” het nog altyd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.