Lesufi moet jammer sê, of regsaksie kan volg   

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi. (Foto: Mia Slabbert)

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het twee weke om in die openbaar om verskoning te vra vir die rasseherrie wat hy in 2016 ontketen het toe hy ʼn kleuterskool van rassisme beskuldig het en die eienaar van die skool as ʼn rassis uitgekryt het.

Indien hy dit nie doen nie, sal hy voor die hof gedaag word en sal daar gepoog word om ʼn interdik te bekom om hom te dwing om dit te doen.

Die Koeitjies en Kaflies-kleuterskool in Centurion is in 2016 van rassisme beskuldig nadat ʼn ouer ʼn foto op sosiale media gedeel het waarin dit lyk asof ʼn swart leerder gedwing is om alleen aan ʼn tafel te sit, terwyl die wit kinders almal saam by ʼn ander tafel sit.

Lesufi het destyds met groot fanfare by die skool opgedaag en die besoek met sy derduisende Twitter-volgelinge gedeel. In dié twiets het hy foto’s gedeel waarin die identiteit van kinders in die kleuterskool duidelik geïdentifiseer word, en die woorde: “I don’t play marbles with racists.” Hy het ook die skool se adres gedeel en mense aangemoedig om dit saam met hom te besoek. Die voorval het ook tot betogings deur die EFF gelei.

Later het dit aan die lig gekom dat die wit kinders almal eerste by die een tafel plaasgeneem het en die swart en ʼn wit kind later by die ander tafel gaan sit het.

Anéll Harper, skoolhoof van die kleuterskool. (Foto: Phillip Bruwer)

Anéll Harper (destyds Engelbrecht), eienaar van die kleuterskool, sê die ongeregtigheid wat Lesufi haar aangedoen het, is ʼn druppel aan die emmer van wat ander mense al moes deurgaan. “Nietemin moes ek aangaan en die gebeure agter my sit. ʼn Mens se karakter kom mos maar na vore wanneer jy met moeilike situasies te doen kry of wanneer jy belangrike keuses moet maak,” sê sy.

“Lesufi het nou weer eens geleentheid om sy karakter te wys. Indien hy steeds weier om te besef dat hy my leed aangedoen het en nie die regte ding kan doen en om verskoning kan vra nie, is dit nou die einde van hierdie hoofstuk in my lewe.”

Volgens adv. Reneé Caprari, Harper se regsverteenwoordiger, sal sy egter ʼn aansoek ex parte (sonder om die ander party in te lig) voor die hof bring om ʼn bevel te kry om Lesufi te dwing om om verskoning te vra indien hy dit nie self doen nie.

“Met die aansoek wil ons Lesufi laat verstaan wat sy dade beteken en tot gevolg gehad het.”

Daar is volgens Caprari dwingende redes en genoegsame regsgronde om Lesufi vir sy “skoolgrondboelietaktiek” te vervolg. “Sy gedrag kom neer op ʼn skending van die regte van nie net die kinders nie, maar ook die eienaar, ouers en personeel. Sy gedrag was op verskeie maniere skadelik.”

Panyaza Lesufi op 23 Junie by die kleuterskool. (Foto via Twitter)

Caprari meen Lesufi kan vir crimen injuria en die skending van mense se privaatheid vervolg word. Hy het homself boonop aan ʼn eis vir skadevergoeding blootgestel deurdat hy onder meer die persoonlike inligting van die kind in gedrang gebring het, die foto weer gesirkuleer het om identifikasie moontlik te maak en Harper verneder en belaster het, aldus Caprari. Volgens haar het Lesufi ook finansiële skade vir Harper veroorsaak terwyl hy rassespanning aangewakker het.

“Dit was nie die eerste keer dat Lesufi rassistiese uitsprake maak nie, en sal waarskynlik ook nie sy laaste keer wees as hy nie waardering vir die moontlike gevolge het nie.”

Caprari meen Lesufi het nou die geleentheid om ʼn opregte verskoning aan te bied. “Om effektief te wees, moet ʼn verskoning beide die terugtrek van die bewerings en die uitdrukking van spyt behels.

“Lesufi se woorde sal in die openbare ruimte bly en skade aanrig tot wanneer hy daarvoor vergoed. Dit is bloot ʼn erkenning dat daar geen grondslag was vir wat hy gesê het nie en om verskoning te vra daarvoor dat hy dit gesê en gepubliseer het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

[email protected] ·

Ek móét net met jou deel…” Want skinder is net skinder as dit lelik is, MAAR, ek is so bly Lesufi gaan “basies gedwing” word om jammer te sê. Hy is nie verhewe bo die wet nie en daai arme vrou, gaan haar lewe weer dieselfde wees?

Michal ·

kap hom sommer ook vir n paar miljoen, as jy wil groot meneer speel, het jy seker ook die beursie wat daarby pas

Deon ·

Ek glo ook sy moet hom bietjie finansieel ruk… Om net jammer te se is nie genoeg nie, hoe gaan mens weet dat hy dit opreg doen?

JM ·

Lesufi maak graag opruiende uitsprake en dink hy kan net sê wat hy wil; hy is tog so ingenome met die posisie wat hy beklee, maar het nooit geleer wat waardigheid en regverdigheid is nie. Wonder wie is die eintlike rassis. In plaas daarvan om te loop en fout soek, kan hy gerus die skole begin bou wat hy belowe het.

Harley Davidson ·

Ek dink dit is die regte manier om hom ‘n les te leer,hy is ras behep pleks doen hy sy werk en bou meer skole vir kinders in die area waar hulle bly.

Ian ·

Hierdie is miskien klein in die hele SA en politieke arena maar definitief baie belangrik dat dit deurgevoer word en afgeforseer word in sy keel. Die entlike politieke rassiste moet voel wat hulle doen en tot besef kom dat daar gevolge is vir jou dade.

Tiptol ·

Hy en sy kaders is almal rassiste. Al vra hy om verskoning sal hy dit nie bedoel nie.

Nie Verbaas ·

Net nog een wat se mond vinniger as sy brein werk en dan het die onderwysstelsels nog tot n laagtepunt verswak ook. Dit weerspieel sy vermoë.

Pierre ·

Ek sal meer as net ‘n verskoning vra, defnitief het sy finansiele verlies gehad, en ook toekomstige verliese…

Anoniem ·

Dit is juis hulle soos Lesufi wat rassisme aanhits. Hul het ‘n woord
geleer/gehoor en daarmee op loop gegaan. As kind het ons saam gespeel
saam om ‘n pappot gesit of daar is broodjies vir almal gegee. Respek van
kleins af geleer vir andere. Rassisme het nooit bestaan nie.

ES ·

Hy is in elk geval nie eers bevoeg vir sy werk nie. Sonder om van feite seker te maak, het hy op sy perdjie gespring en aantuigings gemaak sonder om agter die ware storie te kom.

Iemand met baie lae emosionele intelligensie doen sulke dinge. Hy kon die situasie baie beter hanteer het maar toe speel hy sommer onmiddelik die rassekaart.

Die wiel draai gelukkig, al is dit soms stadig.

Frank John ·

Ek sien dat baie mense die pad kies, die rasse kwessie, om maar net met die hand te staan en bedel. Soek altyd onregverdige onverdiende eer. Om te probeer kry deur om die holrug geryde argument te gebruik en ander te beskuldig dat hulle neer sien op ‘n ander ras.
Ek wil vir Lefusi sê, vir iemand wat met kinders werk is net onmoontlik om diskrimineerend teenoor kinders op te tree. Kinders is onskuldig. Mense het kinders lief, ongeag hul ras of kleur of van waar hulle vandaan kom. Alle optredes moenie net as rassisties uitgekryt te word nie veral nie as jy nie die loop van verrigtinge deuglik ondersoek het nie. Dis ‘n misbruik van omstandighede om eie agenda te promifeer. Om in die “lime-light” te wil kom.

Misky ·

Mooi so Lesoufie, ons wag. Dalk leer hy om eerder sy mond te hou in die toekoms en sy werk te doen

Dirk Mostert ·

Nou eers! Ons het regtig ‘n patetiese regstelsel. Verskoning vra is nie genoeg nie. ‘n Lastereis teen die minister se persoon is gepas.

Deon ·

Dit sal interresant wees om te sien hoe hy hierdie herrie gaan benader… Ek voorspel hy gaan die storie so verdraai dat ander blameer gaan word.

Anton ·

Net voor hy moet betaal gaan hy vir ‘n geheime operasie :-)

Annelize ·

Elke ouer wie se kind se gesiggie duidelik in sy twiets gewys het, moet hom ook bykom met ‘n siviele eis. Hy dink mos hy kan maak en breek nes hy wil, en se net wat hy wil. Tyd dat hy met ‘n slag aarde toe kom.

Blikkantien ·

Die ouer wat gekla het, kon ook eerder eers met die onderwysers gepraat het voordat sy spanning aangeblaas het.

Perdeby ·

Ek sal hom nie eers daai kans gee nie, ek sou net gedagvaar het. Gedink sy het dit al lankal gedoen!

Ilze ·

Nail his behind to the wall. Hy sal enigiets doen om sy en sy departement te onbevoegdheid weg te steek. Hy, omverskoning vra, ek kan nie dit sien gebeur nie.

Blikkies ·

Lesufi het nie n idee wat goeie maniere is nie. Vat hom maar reguit MRK toe. Hy sal weier om omverskoning te vra. Uiterse Swak individu met nog n swakker leiers rekord.

marius ·

Waarom waarsku ? Dagvaar die rook uit hom uit , in persoon .

Vernon ·

Hy veral is baie gou om n mening te lig,plaas dat hy dankbaar is vir n kleuterskool..waar sy Dept waarskynlik nie n sent bydra nie. Vat hom “cleaners” toe….

gatgogga ·

‘n Hof in hierdie land gaan hom dwing om verskoning te vra? Vergeet dit.

Martie Smartie ·

5 jaar later. Rerig. Sal nie daai regsverteenwoordiger ooit gebruik nie. Julle weet seker dat om Lesufi te ‘nail’, betekenb dit belastinggeld betaal vir sy sondes. Hy sal nooit ‘n sent uit sy eie sak betaal nie. Wat egter vir my lankal duidelik is, is dat karakters soos hy Ramaphosa en sy regering se agendas deurvoer. As Rama iets gehad het teen Lesufi se ooglopende rassitiese strategiee, sou hy hom mos lankal in die bek geruk het. Maar dis duidelik die ANC gebruik pionne soos hy om die Afrikaner en wit kultuur en volk af te breek so ver en vinnig hulle kan.

Tokkel ·

Lesufi hou daarvan om hom in sake in te meng! Pleks hy bou skole. Ek dink die arme siel kan nie tel nie, want kinders kan skaars loop in klasse. Lesufi, moet sommer betaal ook vir naamskending.

Riana ·

Onthou – vir Lesufi is alles altyd oor ras. Die arme man het dalk een of ander knou weg in sy kinderjare, want hy hak altyd vas aan ras. Ek het hom een keer op Twitter daaroor aangevat en is toe summier geblock wat my vermoede bevestig.

Tokkel ·

KYK malema DINK HY IS VERHEWE BO DIE WET EN IS ‘N RASSIS, MAAR lesufi RY OP SY RUG…..om te dink ons belasting moet sy salaris betaal..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.