Lesufi moet opsy staan of geskors word – EUSA

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. (Foto: Jacques Naude/ANA)

Die Educators Union of South Africa (EUSA) vra dat die LUR vir onderwys in Gauteng vrywillig opsy staan óf geskors word terwyl bewerings dat hy in ʼn beweerde geheime vergadering tenders aan mense beloof het, ondersoek word.

Maroela Media het vroeër berig die Sondagkoerant City Press het ʼn opname bekom waarin Panyaza Lesufi onder meer sê dit is sy verantwoordelikheid as LUR om te verseker dat tenders “sy mense” tevrede stel. Luidens die berig kan daar in die betrokke opname gehoor word hoe Panyaza tydens ʼn vergadering aan sy span sê amptenare moet daarvan seker maak dat hulle betyds hoor wanneer beheerliggame tenders adverteer.

EUSA eis nou ook Lesufi se kop. “Daar word berig dat Lesufi in ʼn stemopname gehoor kan word hoe hy in ʼn vergadering met sy span voorstel dat diegene wat tenders wil bekom, eers met hom moet oorleg pleeg. Daar word verder beweer dat hy gesê het hy gaan nie sy toekoms in die gevaar stel sonder dat hy weet wie om te vertrou nie,” sê EUSA in ʼn verklaring.

Lesufi het by monde van die Gautengse departement van onderwys gesê die opname is doelbewus gemanipuleer om sy naam skade te berokken. Die departement sê die vergadering het reeds in Mei verlede jaar plaasgevind en was hoegenaamd nie ʼn geheime vergadering oor tenders nie.

EUSA sê die verklaring strook nie met die bewerings teen Lesufi nie.

“Ons het nog altyd gewaarsku teen massakorrupsie en die plundery wat by die departement van basiese onderwys plaasvind. Dit bewys ons vermoedens weereens reg,” sê EUSA.

Die organisasie sê pres. Cyril Ramaphosa se “huiwering” om ondersoek in te stel oor die plundery van geld wat die departement veronderstel was om vir persoonlike beskermingstoerusting te gebruik, sê ook heelwat oor die “meerderwaardigheid van die individue betrokke”.

“LUR Lesufi se provinsiale administrasie was onlangs betrokke by ʼn skandaal oor die plundery van R431 miljoen oor ʼn tydperk van drie maande.”

EUSA sê hierdie saak geniet nie dieselfde prioriteit as byvoorbeeld die sogenaamde asbes-ondersoek waarby Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, betrek word nie.

“Ons neem kennis van die uitsoekerigheid waarmee die regering korrupsiekwessies takel. Alle misdadigers wat staatsgeld plunder, moet ewe streng behandel word.”

EUSA sê as Lesufi onskuldig is, moet hy opsy staan om die ruimte te skep vir ʼn behoorlike ondersoek. “Ondersoeke kan nie sonder inmenging gedoen word as hy steeds in sy pos is nie. Ons vra vir ʼn ondersoek na hierdie en ander bewerings van korrupsie in die departement van basiese onderwys.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Hoe vinniger die ou uit is, hoe beter. Solidariteit bou n hele college met twee derdes van die totaal waarmee hy lee klaskamers kamma skoonmaak

Nie Verbaas

Wel dit lyk nie of iets aan die R431 miljoen saak gedoen gaan word nie. Hoekom sal CR nou iets aan die saak doen?

Andre

Te interesant die ouens se reaksie wanneer hulle beskuldig of aangekla word van ‘n oortreding “ there is a third force behind all this”

Fedup

Apart from the phrase, “i don’t know”,
“we take note” are the only few of the small words in this circus’s vocabulary.

jzjz05

Dit is nie nuus nie ,Die skelem steeke met tenders kom al vir jare in die ANC voor.en daar word nou net verby gekyk want,as hulle opsy moet staan bly daar maar min oor van die klomp.Dit is n on oplosbare probleem waarin die ANC hom bevind.