Lesufi na Helpmekaar oor ‘oortreding’ van regulasies

Helpmekaar Kollege in Johannesburg. (Foto: Facebook)

Die LUR van onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, besoek Maandag die Helpmekaar Kollege in Braamfontein in Johannesburg ná berigte dat leerders Maandag by die skool moet aanmeld.

“Dit volg op mediaberigte dat die instelling ʼn nuusbrief aan ouers gestuur het waarin hulle ingelig word dat al 1 200 leerders Maandag by die skool moet aanmeld,” lui ʼn verklaring van die departement oor die besoek.

Helpmekaar is ʼn gemengde private Afrikaanse skool.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, sê die doel van Lesufi se besoek is om vas te stel hoekom die skool heropen “in oortreding van die departement van onderwys se aankondiging om die heropening van skole van 27 Januarie tot 15 Februarie uit te stel”.

Die departement het Vrydag aangekondig staatskole se vakansie word tot 15 Februarie verleng te midde van ʼn tweede vlaag Covid-19-infeksies.

Die departement het ook ʼn beroep op private skole gedoen om by hierdie besluit in te val.

Maroela Media het vroeër berig een van die kwessies waaroor ʼn private skool kragtens onderwyswetgewing altyd kan besluit, is die skedulering van skoolkwartale.

Die staat kan bloot versoek dat private skole in belang van die gesondheidstelsel twee weke lank sluit. Die besluit om daartoe in te stem of nie berus egter by die betrokke private skool.

Onafhanklike skole kan dus nie gedwing word om by die besluit in te val nie, maar organisasies wat dié skole verteenwoordig, het onderneem om skole te oortuig om dit wel te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Juffrou ·

Ag toggie, kan ons tog nie verlos word van dié vent nie?! Derduisende is nog nie eens in skole geplaas nie! Maar nou steek hy weer sy ou vet neus in ons skole!

Inkpot ·

Na hoeveel jaar van demokrasie sit ons nog steeds met onbekwame mense wat nie in ń pos hoort nie.
Het die ANC nog nie ń les geleer nie?
Wat het by die SAUK, ESKOM ens ens gebeur.

Anel ·

Wat verstaan hy nie van PRIVAAT nie? Los die skool. O, maar ek het vergeet, dis mos Afrikaans. Ai, hulle is so bang vir Afrikaans. Wel, dis die kinders wat wil leer en iets met hul lewens dien. Hulle moet 100 keer harder werk en beter punte kry sodat hulle oorsee kan gaan werk want hier word nie vir hulle werk gegee nie. Al is hulle punte hoër as 30%. So los die privaat skole. Lesufi, gebruik die energie wat jy daar gaan mors, om jou ander skole dalk gereed te kry!!!
Helpmekaar, stel die voorbeeld. Moet julle laat intimideer nie.

Persheks Adri ·

Hoe ver wil julle die kinders agter hou? Tot hulle op julle vlak is en agter bly? Plaas soek julle oplossings, maar nee te veel werk natuurlik en te moeg. Julle maak naar hel man

Piet ·

My persoonlike mening is dat groot privaatskole met baie leerders by dieselfde reelings as staatskole moet inval want wat maak die situasie nou anders? Ek kan verstaan dat klein skooltjies met net ‘n paar leerders kan maak wat hulle wil. Boonop kan privaatskole maklik hul klasse aanlyn aanbied want al hul leerder sal toegang he tot die internet. So geen verskoning nie.

Oros Soros ·

Die doel van onafhanlike skole is juis om onafhanklik te wees en nie onderhewig te wees van die vuil en ideologiese kloue van die ANC en sy meeloper vakbonde nie. As die skole kan voortgaan met nakoming van die gesondheidsvoorskrifte, dan moet hulle. Die staat het geen reg om hier in te meng nie en moet wegbly. Ons het al te veel magsvergryp van die covidiote in die regering gesien, so Basta.

Zombie ·

Dit kom voor asof alles wat goed funksioneer geteiken word. Moontlik kan dit toegeskryf word aan ń diep gewortelde minderwaardigheidskompleks?

Mariana ·

Lesufi, Lesufi, Lesufi hou tog op met jou obsessie met Afrikaanse Skole en wittes in algemeen. Los die kollege dat die kinders iets van hul lewens kan probeer maak. Dit is ”n gemengde skool, so jy sal nie net wittes skade doen nie, maar almal wat daar is. Skole behoort oop te maak, ons land reeds is haglike toestand wat opleiding betref. Standaarde is pateties genoeg. Hy steek nou net weer sy neus in waar dit nie hoort nie

Rooijan ·

Ek vermoed gemeng in die geval beteken eintlik seuns en meisies. Maar daar sal wel ook anderskleuriges in die skool wees.

Villie ·

Bel is goedkoper …. maar die genot om almal met ‘n bloulig brigade van die pad af te ry deur die vingers laat glip … nog nooit nie!

Alleen Wolf ·

Sy intellek laat hom nie toe om ‘n foon te gebruik nie,

Jan ·

Wel gedaan Helpmekaar, julle stel die voorbeeld wat ons almal moet volg. Ons het immers ‘n hofbevel wat die regulasies ongrondwetlik verklaar, waarom gebruik ons dit nie?

Jackie ·

Miskien moet ons as Afrikaanse taalgroep onsself die vraag afvra: Waar lê die oplossing om die hele RSA van die ANC se onsinnige optredes, uitsprake en besluite te verlos? Dan is dit Lesufi, dan Ace, Dlamini Z, Cele, noem enige ANC leier se naam en hul belaglike publieke uitsprake en optredes en jy voel lus om hulle met n sweep by te kom. Paulus het vanuit n tronk in Rome tydens n goddelose Romeinse regering se bewind die oplossing in 1 Tim 2: 1-2 gegee. Lees dit gerus.

Rooijan ·

Ek het self Rekenkunde gehad by die man wat in beheer is van Helpmekaar dekades gelede, hy vat nie nonsens nie ek dink Lesufi gaan n bloutjie loop.

Andrew ·

In tyd van “lockdown”, moet hy en sy entourage nie die rondbeweeg en blootstelling verminder en eerder video conference as hy vrae het nie.

Alet ·

Want julle Lesufi, is nie toegerus om kinders ‘n basic education te gee nie!!!! Kinders hoort in die skool. Maak die skole oop. Die ouers wat nie hulle kinders wil stuur nie, dis jou keuse. Maar laat die ander ouers ten minste ook ‘n keuse toe.

Hermie ·

Die beheervrate aan die werk! En daar by is dit n Afrikaanse skool wat mos eintlik nie mag bestaan nie. So reg in Lesufi se kraal.

Jaco ·

Weet Lesufi dat baie kleurlinge, wat slagoffers van apartheid was, ook Afrikaans praat? Dis seker maar polities korrek in dié anti-wit SA om wit Afrikaanssprekendes tot in ewigheid vir apartheid te straf, maar wat het kleurlinge verkeerd gedoen?

Casper ·

Oral waar Lesufi sy lang neus insteek verander in chaos.As el reg is mag privaat skole heropen en word nie deur die regulasies geraak nie.Ja duidelik teiken hy afrikaanse skole.

Remlut ·

Panyaza Lesufi, ons maak oop want JOU regulasies se ons MAG !

Tino ·

Lyk my Oom Klaus gaan bietjie besig wees vandag maar eks seker hy gaan die stryd wen.

#Komaan!

pieter ·

Ek hoop hulle jaag hom vinnig dàar by die skool weg , slegte invloed by enige skool en sjebeens.

Fedup ·

So, not only do they think we are stupid.
Now they want our children to be stupid.
Only parents can decide whether their children should go back to school. We need to move on in our lives. We cannot let the world come to a stand still.
Maybe lefusi should restart his educational learning and take the circus with him.

Inkpot ·

Die ou Lesufi verstaan nie so lekker nie.
Helpmekaar is ń PRIVAAT skool.
Hy speel met on s kinders se toekoms.
Hy wil sy gewig gaan rondgooi waar hy nie hoort nie.
Hy moet homself afvra hoekom daar so baie nuwe privaat skole gestig word. Dis omdat sy eie stelsel deur sy onbevoegdheid ń gemors is. Hy is so onbevoeg dat hy dit nie eers besef nie.
Hy moet dringend aandag gee aan kinders wat nog steeds nie in skole geplaas is nie en hoe hy die stelsel kan verbeter. Daarvoor kan hy kundige advies inwin.

Tanniepetoors ·

Lyk my Lesufi kan sy eie regulasies nie lees nie. Privaatskole kan nie gedwing word om in te val by die Onderwysdepartement se gekheid nie. Die risiko vir beide onderwysers en leerders is ewe groot binne en buite die skool. Binne die skool dalk minder indien goeie dissipline heers wat by Helpmekaar sekerlik die geval is.

Sanet ·

Ek wonder al weer wie hierdie inligting dat Helpmekaar Maandag oopmaak versprei het, en sodoende Lesufi se ore bereik het. Hy sou nie eers geweet het die skool het hulle eie reelings getref nie. Hoop hy loop druipstert daar uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.