Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys en jeugontwikkeling in Gauteng, sal Donderdagmiddag die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark besoek.
Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, is Lesufi se besoek in verband met die ontvoering van die sesjarige Amy-Leigh de Jager.
“Lesufi sal die skool besoek om inligting te kry oor die bewerings dat ʼn gr. RR-onderwyser aan die skool glo by die ontvoering betrokke was. Die LUR sal daarna die nodige aankondiging maak.”
Daar is Donderdagoggend berig dat drie verdagtes in hegtenis geneem is in verband met Amy-Leigh se ontvoering.
Brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, het gesê twee vroue, 27 en 40 jaar oud, en ʼn 50-jarige man is Woensdagaand by hul huise in Vanderbijlpark in hegtenis geneem.
Naidoo het ook gesê een van die vroue is aan die De Jager-gesin bekend. Die drie verdagtes is tans in aanhouding en sal na verwagting môre in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn.
Volgens Naidoo is die polisie seker hulle het die drie hoofverdagtes in die saak in hegtenis geneem, hoewel die inhegtenisneming van nog verdagtes nie uitgesluit word nie.
Amy-Leigh is Maandag voor haar skool, Laerskool Kollegepark, uit haar ma se arms gegryp en ontvoer. Sy is die volgende oggend ongedeerd gevind.
Daar is vroeër berig dat vier mans Maandag omstreeks 08:00 met klein Amy-Leigh in ʼn wit Fortuner weggejaag het. ʼn Grootskaalse ondersoek is binne minute ná die voorval van stapel gestuur.
Laerskool Kollegepark het intussen gesê die skool se bestuur en beheerliggaam is bewus van die verdagtes wat in hegtenis geneem is.
“Al kan ons nie tans alle inligting bekend maak nie, wees gerus dat ons in noue samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en ander owerhede is. Ons verseker elke ouer dat alle moontlike maatreëls getref word om elke leerder van Kollegepark se veiligheid te verseker.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
27 Kommentare
Ek is seker daarvan Lê so vêr gaan ook kyk of die naam pas.
Hopelik is almal al huistoe as hy daar opdaag. :)
Ja Robert …….
Die enigste rede hoekom hy daar gaan wees om media dekking te kry.Hy gaan soos gewoonlik net ‘n klomp snert (daar is ‘n beter woord) kwytraak.
En intussen sirkuleer die een vrou se foto op sosiale media.