Lesufi op oorlogspad oor ‘rassevoorval’ by skool

Die Hoërskool Jan Viljoen in Randfontein. (Foto: Google)

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, is skynbaar weer op die oorlogspad ná ʼn onderonsie tussen leerders by die Hoërskool Jan Viljoen in Randfontein.

Lesufi is nou weer van voorneme om na die skool op te ruk oor wat sy departement reeds bestempel het as ʼn “rassevoorval” tussen ʼn wit en ʼn swart leerder aan die skool.

“Daar word beweer dat ʼn gewelddadige onderonsie tussen ʼn swart en ʼn wit leerder by die skool uitgebreek het en sommige bystanders glo die voorval was rasgedrewe,” het die Gautengse departement van onderwys in ʼn verklaring gesê.

ʼn Video van die voorval wat op Twitter gedeel is, wys hoe polisielede ʼn swart leerder van die skoolterrein af begelei terwyl ʼn groot groep leerders om hulle saamdrom.

Dit is nie seker presies wat tydens die voorval gebeur het nie, maar die skool het op ʼn plasing op Facebook gesê die skoolbestuur en beheerliggaam keur die gedrag van die betrokke leerders Vrydag ten sterkste af. “Die skool én die beheerliggaam is reeds die hele naweek besig om die voorval te ondersoek. Ons verseker u dat die skuldige partye volgens die SA Skolewet en die skool se gedragskode gestraf sal word.”

Lesufi sal nou die skool besoek om die “feite” in te win en die oorsaak van die gewelddadige voorval vas te stel.

“Geweld, om watter rede ook al, het geen plek in ons skole nie en die oortreders sal die noodsaaklike gevolge van hul dade dra,” het Lesufi gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Nie Verbaas ·

Hoeveel meer van n pateet kan hy nog wees? Die onderwysstelsel is n totale gemors, skole word gesluit as gevolg van onvoldoende veiligheid van strukture, kleur op kleur steek mekaar met messe en dan skitter hy in afwesigheid maar dan wil hopelose rassis Lesufi spring en mense seker probeer intimideer deur skool te gaan besoek oor die voorval. Doen eerder jou werk!!

Christine ·

Om nie te praat van leerlinge wat onderwysers aanval nie. Kinders wat geen dissipline, respek en morele standaarde tuis geleer word nie, is die belhamels wat die tipe gedrag openbaar. Hulle lok ander kinders en onderwysers uit, want hulle word voorgese wat om te doen en kan nie hul eie morele kode uitleef oor wat reg is nie. Dis afskuwelik wat in sommige skole aangaan, en sogenaamde leiers soos Lesufi is ook ‘n belhamel wat rassisme aanhits op sy onderduimse manier.

SjN ·

Lefufi gaan hom verseker Haas na die Skool asof hy n speurder is, shame, seuns bly seuns, sal self mekaar uitsorteer.

piet ·

Die bakleiery is nie soos ons baklei het in ons tyd nie. Hier steek hulle mes, dis heeltemal onaanvaarbaar. Kan nie daar gelaat word nie.

Jack ·

Kom ons dink logies hieroor.Was dit twee wit outjies of twee swart outjies wat baklei het sou Lesufi nie eers vinger gelig het nie.Maar nou is daar geleentheid vir hom om sy staal te toon by die afrikaanse skool en veral teen die wit kind wat die swart kind geslaan het.Kinders baklei gereeld omdat hulle in ‘n land woon waar ras in hulle kele afgedruk word en om elke hoek en draai die gevolge van daarvan sien.

Pieter ·

Ek neem aan as die swart leerder van die perseel verwyder word, hy die aggressor was???

Frank ·

Van die leerders het messe gehad terwyl mens kan sien watter ras nie eens respek het vir die polisie nie so raai maar self watter ras

Christine ·

Watse tipe kind kom met ‘n mes skooltoe? Die tipe wat moeilikheid wil maak. Die skool gaan metaalverklikkers by die hekke moet aanbring.

MakersMark ·

Waarom doen hy nie iets aan swangerskappe onder tiener dogters nie, of onderwysers wat kinders gebruik in ruil vir punte ?

Pietertjie ·

Lesufi op die oorlogspad teen geweld? Dit klink na ‘n oksi-moroon!

Papsak ·

Hy is nou pateties Lefufi nou vat jiu swart kindertnies uit uit ons wit skole hulle hoort nie daar nie julle het julle skole hoekom wil julle julle kinders tussen ons wit kinders sit dit sal ie werk nie en kinders sal baklei hou jou uit tussen ons skole jy is pateties

Johan ·

Ek het bietjie tred verloor met skoolpolitiek maar is daar nog iets soos ‘ons wit skole’?

Christina ·

Skool se naam is Afrikaans, seker daarom verwys na “wit skole”

Nico ·

Lesufi, die saak het altyd twee kante, nou wil hy die rasse kaart gebruik, hy stel nie eers ondersoek in waarom het die onderonsie ontstaan en wie die skuldige is nie, wys altyd die vinger na die wit leesders,

Christine ·

Hoekom, wat gebeur daar? Dis ‘n laerskool, die kinders behoort nog karretjies te speel en prentjies te teken.

Lillian ·

Ag ek wens hy wil van die planeet verdwyn. Hy’s een van die grootste rassiste en wil dan altyd die vinger na ons blankes wys.

Jackie ·

Stem saam oor modereer. My kommentaar word gedurig gemodereer en dan verdwyn dit.

Nette ·

Dit is tyd dat dissipline weer in skole terugkom, die kinders het geen respek vir mekaar of die onderwsyers nie. Het die naweek met ‘n onderwyser gepraat, kinders sit in die klasse met musiek in hulle ore, en word daar gesê om dit af te sit, is die onderwyser ‘n rassis, en oh gendade, daardie kind moet ook nie druip nie dan is die ouers op die oorlogspad, want die onderwyser doen nie sy werk nie.
Dit is tyd dat Lesufi besef Gauteng se skole is te vol, deur sy eie onbevoegdheid, daar moes al lankal meer skole gebou gewees het, maar nee wat, dit is vir hom belangriker om met sy hele bloulig brigade te jaag na “rassistiese” skole. Die wit kinders word elke dag uitgekryt as rassiste, maar word daar iets terug gesê dan is alle hel los.

marius ·

Foeter aan ou bul . Jy gaan jou Moses teekom . Een of ander tyd .

Stofdonkie ·

As mens na die video kyk lyk dit nie of die swart “leerder” werklik saamwerk met die polisie beampte nie. Dit dui al reeds op sy siening van respek vir gesag. Dalk het die wit kind hierdie gedrag net afgekeur en hom toe aangevat. Kinders van verskillende rasse met soveel uiteenlopende waardestelsels kan nie saam met mekaar speel nie

Juffrou ·

Oe nou is dié foefie van ń vent tog só opgewonde om van vuisgeveg na vuisgeveg te hôl. Én ń bonus vir hom: daar’s wit seuns betrokke! Gaan bou liewers die skole wat jy belowe het. ????

Pieter ·

Lepufi se ras …… Die ‘rasis’ irreteer my so. Pleks hy werk aan wat gedoen moet word en hou op om aan kinder goed aandag te gee. Die skool en Polisie is daar.

Herman L ·

Die berig maak geen melding van lede van politieke partye wat onder die skare mense is nie. Elders word dit egter genorm. Politieke partye hoort nie naby skole nie! Hoe gouer Lesufi en kie ophou om kinders wat in Engels onderrig word in Afrikaanse skole in te dwing, hoe beter sal dit vir almal wees. Wanneer gaan die patetiese ANC-regering begin skole bou volgens die werklike behoete. As hulle dink hierdie soort optrede gaan vir hulle in die toekoms stemme bring, maak hulle ‘n groot fout. Die meederheid van vandag se skoolkinders gaan nie vir die ANC stem nie.

Swerwer ·

Rassehaat? Kom net by in die lewe. Mr Lesufi was nie daar toe die voorval plaasgevind het nie, so hoe kan hy sê dit is rassehaat. Kinders sorteer mekaar self uit, dit is nie nodig om rassehaat orals in te sleep nie. Van die ANC in beheer is het die woord “Rassehaat” sy oorsprong gekry. Voor dit het almal in vrede saam gespeel en elkeen na sy tuiste teruggekeer. Lesufi en die res van die ANC kader moet liewer gaan besin oor hul uitlatings en aanhitsing.

Samuel ·

Lesufi ken reeds die feite….. Rassisme tussen wit en swart. Natuurlik is die wittes skuldig.

Swanie ·

Ek was 5 jaar in daai skool en ons het gereeld lekker gebarnie , maar met our people is dit nou weer n rede vir n rasse sirkus.

piet ·

As julle gereeld baklei het, is daar beslis ‘n dissipline probleem daar (of net ‘n klomp skollies wat gereeld wil baklei). Dalk is dit goed dat Lesufi bietjie ondersoek instel wat daar aangaan.

George ·

Lesufi is n grootter rasis as malema, die wereld skuld hom en sy nasie mos alles

piet ·

Hoekom sien ons nie meer opgeleide onderwysers in dorpe om groepe kinders vir tuisonderrig klas te gee nie? Daar is verseker ‘n behoefte dink ek….en sommige onderwysers sal ook eerder so wou werk.

Santjie van Soendal ·

Lepufi kruip weg agter al die bravade. Wát n pateet … hy wanbestee belastinggeld om sy swart makkers se sakke vol te prop en dan daag hy op in ninja turtle styl om as die held van swart teen wit moeilikheidmakers op n skoolterrein die swart kant te kom red of verdedig…en hy word BETAAL! met belastingbetalers, wit en swart…. en haal ál die koerant voorblaaie en nuusuitsendings….WOW! ÈN die mense met die mag in hulle hande luister na hom!! Gaan dié sirkus dan waaragtig nog aanhou tot in ewigheid???????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.