Lesufi op pad na private skool oor ‘rassisme’

Panyaza Lesufi. (Foto: Verskaf)

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, sal Maandagoggend die private skool Cornwall Hill College in Centurion besoek nadat ’n groep ouers bewerings van rassisme teen die skool geopper het.

’n Groep ouers het Vrydag by die skool se jaarlikse gholfdag betoog teen die beweerde gebrek aan transformasie en diversiteit by Cornwall Hill College.

Ouers en oudleerders is glo onder meer ongelukkig omdat die oorgrote meerderheid van personeel by die skool sowel as die beheerliggaam wit is.

Die skoolhoof sowel as die voorsitter van die beheerliggaam se bedanking word nou geëis.

Die skool het intussen in ’n omsendbrief aan ouers gesê Cornwall Hill College “bly verbind tot hul strewe na nierassigheid en inklusiwiteit en om ’n onderwysinstelling te wees wat omgee en maatskaplike gelykheid nastreef.”

Luidens die omsendbrief word kennis geneem van en erkenning gegee aan die ouers se pleidooi en die belangrikheid van aktiewe en inklusiewe betrokkenheid wat hierdie kwessie betref en word aangeleenthede rakende diversiteit gereeld deur ’n komitee vir diversiteit en transformasie hersien.

’n Ouer het Sondagmiddag aan Maroela Media gesê die situasie dra by tot die spanning onder matrieks wat vandeesweek ’n toetsweek moet aandurf. Die leerders skryf onder meer vandeesweek Afrikaans, Wetenskap en Musiek, terwyl sommige ook hul eksterne musiekeksamen moet aflê.

Volgens die betrokke ouer waarmee Maroela Media gesels het, word die bewerings van rassisme aangeblaas deur ’n hooggeplaaste se vrou wat ook ’n ouer by die skool is.

Die betrokke ouer sê voorts ouers van alle rasse is reeds die geleentheid gebied om hulself vir die beheerliggaam verkiesbaar te stel, terwyl die skool “uit sy pad gaan” om alle rasse te akkommodeer.

Ouers van die skool het Sondagmiddag bymekaarkom om te bid vir die vreedsame ontlonting van die situasie.

Die LUR sal die skool Maandag omstreeks 07:00 besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Kokerboom ·

Die hooggeplaaste se vrou loop met die witbrood onder die arm en prbeer iets wat werk vernietig soos tradisioneel ANC. Rassisme en nie eindresultate is hul doelwit. Gou is Lesufi daar om beuselagtighede op te los maar honderde skole deur “our people”bestuur is totaal disfuksioneel. Die skepsels maak my naar!

Persheks Adri ·

Rassekaart al wéér regtig? Kry jou huis in orde Lesufi regtig jy’s nie daai pos werd nie

Lesly ·

Ek neem aan dit is’nnskool met hoe standaarde en dat die leerders redelik moet presteer om die jaar te slaag. Dit is nie aanvaarbaar vir die agtergeblewenis wat vir ewig wil agter bly…. net nie alleen nie.

SjN ·

lesufi wil of kan nie aanvaar party standaarde is hoer as ander.

Rian ·

As jy nie van die skool hou nie, sit dan maar jou kinnertjies in die goewerment skool.

Michal ·

en hier het ek gedink dat die een ras groep, asspris, swakker geleerdheid ontvang as ń ander ras groep, hoe dom van my

Hannes ·

1. Dit is ‘n privaat skool, Lesufi het geen reg daar nie.
2. As die skool se “witgheid” jou pla, stuur jou kinders Tembisa High toe.
In die hunker na swart sukses word die ras-kaart gespeel ipv die onvermoeë-kaart

annie ·

Private skole word met private geld gehardloop en is daarom so te sè outonoom. Sekere ouers bring hul kinders met voorbedagte rade na sulke skole om politieke-plannne af te dwing met Lesufi kort op hul hakke. Onthou die ou word deur CR verduur en doen alles met kabinet-goedkeuring. So?

Johann ·

Besef die ou dat by die Chinese skole deur die land die meeste indien nie al die leerlinge en ouers is Chinees, en by Duitse skole Duits, en by Joodse skole Jode?
Dink sy plan is eerder sy ongeskiktheid vir die taak wat op hom rus ten toon te stel.

Strandloper ·

Wonder hoeveel geraamtes het hy in die kas…die groot mond kaders praat altyd baie om iets anders weg te steek…lees hul soos n boek…

Hennie ·

Lesoufie is soos ‘n grenspaal-skilpad. Niemand weet hoe hy daar gekom het nie. Almal weet hy het nie self daar bo gekom het nie. Niemand weet wat hy daar bo doen nie. Almal weet hy is useless daar bo. Hy gaan beslis ‘n stootjie nodig hê om daar af te kom. Hy sal die val nie oorleef nie!

Di ·

Niemand weet hoe die hele ANC regering gekom het waar hulle nou is nie. Vra die wat gestem het vir hierdie narre.

Lood ·

Die lewe is darem interessant. Een van die grootste rassiste in Suid-Afrika gaan na ‘n skool om te praat teen rassisme.

Dries ·

Lood, nader aan die waarheid wat jy opper, kan jy nie kom nie.

Genis ·

Begin asb julle eie skool, het julle nie eers die inisiatief om dit te doen nie? Bou bietjie op, en Lusi tshamaaije asb… hammba baie ver weg…

Bertie ·

Ek raak regtig keelvol dat “rassisme” om elke hoek en draai geskree word. As hulle dan so ongelukkig is met die skool, hoekom gaan hulle nie net na ‘n ander skool waar daar net swart leerders en onderwysers is nie?

Di ·

Nee wat die elite wat in die regering sit se bloeitjies wil privaat skole toe gaan want pappa en mamma beweeg mos in hoe kringe

Madz ·

ANC moet dalk daaraan dink om Lesufi eerder minister van sport te maak…. hy is darem VREK VINNIG uit die blokke uit as daar een of ander “rassitiese insident” aangemeld word deur een van “his fellow South African’s”…. Dink net – SA kan ook wêreld-rekords laat spat deur ons “vinnige” (toekomstige) sport minister…..

Andrew ·

En dit is hoekom deel, dubbel medium en al die nonsense nooit sal werk nie. Wat lagwekkend is die persone sit hul kinders in wit privaat skole omdat hulle van meening is die skool is beter as die hoofsaaklik nie wit publieke skole. Maar nou dring die aan dat prestasie verander word na n drakoniese rasse kwota sisteem soortgelyk aan die nie wit publieke skole , en natuurlik soortgelyke prestasie. Hoekom kan hulle nie n privaat skool gebou wat nie wit is nie, dan hoef die mense nie te kla oor die kleur van elke klippie voor die ingangs portaal nie.

Rian ·

Kan iemand nie maar sy skelmstreke ook uitsnuffel nie, dan kan hy ook “opsystaan”.

pieter ·

Wat van Al die instellings wat net swart is , geen wit mense nie , rassisme Is jul eie issue , wish man.

Bernard ·

Eksamendruk lei altyd tot opstande onder diegene wat in hulle harte weet hulle gaan nie slaag nie.

Blikkies ·

Kan Lesufie nie Asseblief vir die swart mense wat kla hulle eie spog skole bou waar hulle kan oorneem en beheer net soos hulle wil. By gese, wil hy ook nie maar net meer skole in alle areas bou nie…

Antoinette ·

Ek het ‘n voeltjie hoor fluit dat die hooggeplaaste die President van die Reserwebank se vrou is. Dit maak haar mos nou baie belangriker as ander wat nie omgee watter kleur die onderwysers of die beheerraad is nie, solank hulle kinders net die beste skoolopleiding kry. Daar is honderde ouers wat wat sou wou gee om hulle kinders in haar kind se plek geplaas te kry. Die ontevredenes moet besluit. Wil hulle die beste opleidng vir hulle kinders he, of swak opleiding deur swak onderwysers.

Nico ·

Alweer die rassekaart sal dan nooit stop nie, Lesufi is net gepla oor rassisme, kyk ‘n na julle self.

JohanR ·

Hey hey Lesufi het die woord “rassisme” gehoor en daar hardloop hy!

John ·

Panyaza Lesufi is ‘n groter rassis…….nou wat wil hy dan nou gaan red ?

Karina ·

Dit moet ek noem – in PE is daar ‘n privaat skool. Meeste van die swart studente se ouers betaal gladnie skool gelde nie, dit is die sogenaamde wit ouers wat die skool moet dra. Hulle mag nie die kinders uitsit uit bv koshuis nie, dan is daar ‘n groot gemors. Dit is by monde van iemand wat op die skoolraad gedien het.

johann ·

As ‘n PRIVATE skool vooraf reëls gepubliseer het mbt godsdiens, kleredrag, haarstyl, taalgebruik, ens. dan moet leerlinge (kliente) besluit of hulle dit aanvaar. Indien hulle dit aanvaar moet hulle daarby hou andersinds moet hulle hul heil elders gaan soek .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.