Lesufi open R97 miljoen-skool in Westbury

Panyaza Lesufi by die openingseremonie van die Everest Primary School. Foto: ANA

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het Woensdag ʼn laerskool in Westbury in Johannesburg heropen nadat die departement R97 miljoen bestee het om die skool oor te bou.

Lesufi het gesê die herboude Everest Primary School is ʼn belegging. “Ons wil nie hê daar moet vir ons kinders gesê word dat hulle nie toegang tot gehalte-onderwys kan hê weens die kleur van hulle vel nie,” het Lesufi gesê.

Everest Primary School kon voorheen net 950 leerders huisves, maar het nou plek vir 1 120 leerders van graad R tot graad 7.

“Sedert 2014 het ons elke maand ʼn nuwe skool oopgemaak. Dié een is die 42ste skool. Ons maak nie ʼn gewone skool oop nie, maar ʼn skool wat nie eens deur privaat skole geëwenaar kan word nie,” het Lesufi tydens die openingseremonie gesê.

Altesaam 21 skole wat van asbes gebou was, is ook gesloop en met baksteengeboue vervang.

“Ons het ʼn kontrakteur aangestel wat die asbesskool in Noordgesig gaan sloop en ʼn skool soos die een bou,” het Lesufi gesê.

Die LUR het egter gewaarsku dat die regering nie die staatskole wat deur betogers aan die brand gesteek of beskadig word, herbou nie. “Dit maak nie sin om hierdie tipe skool te bou en dan oor ses maande lyk dit anders, want iemand het ʼn deur gesteel nie. Ons kinders is ons toekoms, wat werksgeleenthede gaan skep en die ekonomie help bou.”

Everest Primary School is nou toegerus met ʼn laboratorium, ʼn eetsaal en sportgeriewe.

“Ons wil hê ons kinders moet verstaan dat ons al hierdie dinge vir hulle doen omdat ons hierdie pad gestap het – en jy is niks in die lewe sonder onderrig nie,” het Lesufi gesê.

Ouers het gesê hulle is baie gelukkig dat hulle kinders nou ʼn topskool kan bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

ig ·

Nou laat die kinders wat Ovevaal toe wou inwurm soontoe gaan.Neem maar vinnig fotos want na 6 maande sal die skool nie meer dieselfde lyk nie.

Johan de Klerk ·

Waarom praat hy oor kinders se vel kleur, dit is mos rassisties. Ek dog dit gaan om opvoeding ?

Hans ·

Wel nou verstaan ek dam nie, as hul dan al 42 nuwe skole gebou het hoekom sukkel dit dan so om kinders te plaas? Ek reken dit is net 42 skole wat bietjie opgeknap is teen n reuse bedrag, maar heel splint nuwe skole gebou van waar daar niks voorheen was nie. ………..

Dinarie ·

Ongeag hoeveel skole die afgelope tyd gebou /herbou is, is dit n weloorwoë mening dat dit onvoldoende is gesien in die lig dat der duisende leerders waarskynlik nie geplaas sal wees voor die einde Februarie nie

Janneman ·

Ja Lesufi, maar dis heeltemal in orde om teen kinders te diskrimineer op grond van hul velkleur as hulle klaar gestudeer het.

Hoe bevorder dit nasiebou en integrasie?

Lizel ·

Wonderlik. Een opgegrafeerde skool en skielik is daar plek vir 28 000 leerlinge. Die man klink of hy goed in die ANC bedeling inpas.

Hanna ·

Mag ek nou aandring dat my kinders hier in Afrikaans kan skoolgaan? En dan soos n mal mens betoog sodra my kind nie aanvaar word nie? Stel jouself nou hierdie senario voor as 55 Afrikaanse kinders daar opdaag…

Rieks ·

Baie goeie vraag waarop ons tog die antwoord weet. Dit gaan vir Mnr Lesufi nie oor die kinders en die onderwys nie, dit gaan oor die afbreek van alles wat Afrikaans is.

leon ·

Dit is wat ek ook se ons moet n klomp afrikaanssprekende kinders by n Engelse skool op daag en eis dat hulle daar ingeneem word en in Arikaans onderrig word

Alida 2 ·

Verstommend.
Eintlik is daar na die reuse belegging net plek vir 170 ekstra leerlinge.
‘n Skoolgebou bepaal nie jou opleiding en akedemiese prestasie nie maar wel die gehalte van die personeel. Sommige kinders gaan in daardie skool nog steeds nie slaag nie.
Mnr Lesufi slaan alweer die rasse kitaar

Susan ·

Kan hy asseblief vir ons die name van die 42 skole gee want hierdie beteken hulle het elke maand een (of 2) skole geBOU. ?????

Henk ·

Wat jy nie verstaan nie, Panyaza Lesufi, is dat ‘n topskool nie ontstaan deur ‘n blink gebou en goeie fasiliteite alleen nie. Ja, dit lewer ‘n bydrae, maar as jy nie goed opgeleide, toegewyde, hardwerkende, gedissiplineerde onderwysers het nie, en nie toegewyde hardwerkende gedissiplineerde leerlinge het nie, kan jy maar vergeet. Voeg daarby dat jy ‘n toegewyde hardwerkende ondersteunende ouergemeenskap moet hê, en jy het die resep vir ‘n topskool soos die voormalige Model C skole, meestal Afrikaans, tydens die pas afgelope matriek eksamens weer bewys het.

Susan ·

En buitendien gaan dit nooit oor die kleur van die kinders se velle nie, maar oor of daar plek is en of hulle die taal waarin die skool onderrig gee aanvaar. Verdomp.

kat ·

Gesig koop vir die EFF
Soos hierbo gese is – oor 6 maande lyk dit nie meer dielsfde nie – neem gerus foto’s van nou en dan weer later.
Plaas dit dan in die koerant.
Indien dit nie meer dieselfde lyk nie sal dit Jan v Riebeeck se skuld wees.
Stuur dit dan ook na Trump om sy stelling van Afrika te bevestig.

Oom Piet ·

Ek verwonder my is daar dan nie ook gehalte onderwys behalwe in blanke skole nie.

Wessie ·

Die probleem in Gautenh is dat almal se kinders van Limpopo, Mpumalanga en aangrense provinsies na familie stuur om hier skool te gaan. Maklik 50% van die kinders in GP skole se biologiese ouers woon nie hier nie. Ondersoek dit en julle sal sien dit is die probleem.

Adam ·

R95 miljoen en daar is net plek vir 171 leerlinge meer Dink iemand moet n oudit gaan doen dan sal n hele paar miljlen nie verklaar kan word noe

Ai ·

Stem saam, ek sal graag die skool van binne wil sien, of dit 90 plus miljoen werd is!

Pet ·

Ek stem saam, R97 miljoen en die beste wat hulle kan doen is 170 leerders. Our tax money at work.

John ·

Hoekom leer mens somme doen op skool… om dit te seker toe te kan pas wanneer getalle ter sprake is… soos nou wanneer Lesufi met duisende leerders en miljoene rande moet kophou of het dit meer te make met politiek en rassistiese kaperjolle voor Afrikaanse skoolhekke.

Siek en sat ·

Alweer word kleur genoem. Rassisme word heeltyd genoem deur hierdie mense
Ons gee nie om of julle vir julle kinders die heel beste van alles gee nie. Ons wil dit so he. Hou net op om die raskaart te speel.

Gatvol juffrou ·

Maar vir my skool kan hy nie die 7 beloofde tydelike klasse gee wat ons belowe is na ons amper 500 ekstra kinders in 3 jr geplaas het nie…… Ons moet dit self bou OF 55 kinders p/klas hê…..

rotsvygie ·

Kom ons hoop die een word nie deur die ouers afgebrand nie!!

bgj van der westhuizen ·

sal ook wil sien was so goed gedeon is om so baie geld gekos het om die skool te bou dalk het en waar het hulle al die ander gebou ???????? die man is besig om jem om die monde van mense te smeer soek stemme

Hanlie ·

Hoe spandeer jy R97 miljoen aan een skool. Kon hulle nie meer skole blou met daardie bedrag nie? en dit dan net n laerskool. Is die bakstene van goud?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.