Lesufi reageer ná Overvaal-uitspraak

panyaza lesufi

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys. Foto: ANA.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Vrydag die konstitusionele hof se uitspraak verwelkom, maar gesê dit verander nie die departement se standpunt nie.

Dit volg nadat die konstitusionele hof Donderdag die departement se appèlaansoek oor die plasing van Engelstalige leerders by Hoërskool Overvaal, ʼn enkelmedium- Afrikaanse skool in Vereeniging, met koste van die hand gewys het.

Volgens die uitspraak is die aansoek van die hand gewys weens geen kanse op sukses nie aangesien die departement misluk het om enige of voldoende oorweging te skenk aan die beskikbare kapasiteit by twee naburige skole. Phoenix High School en General Smuts High School, wat Engelstalige onderrig aanbied, is in dieselfde voedingsgebied as Overvaal.

Lesufi het Vrydag weer besoek by Hoërskool Overvaal afgelê waar hy die media toegespreek het.

Hy het gesê die beslissing is net ʼn uitdaging vir die departement se administrasie.

“Die uitspraak sê net die departement het ʼn fout begaan deur nie die Engelse skole betyds te oorweeg nie. Dit daag die administrasie van die departement uit en beteken nie die departement kan nie leerders van verskillende tale en kulture bymekaarbring nie,” het Lesufi gesê.

Lesufi het daarop aangedring om die “raskwessie” aan te pak.

“Ons is almal mense. Niemand het ʼn besluit geneem dat een persoon belangriker as ʼn ander is nie. Ons het nie ʼn hof nodig om ʼn nierassige Suid-Afrika te bou nie,” het hy gesê.

Lesufi het einde Januarie aangekondig die departement gaan die konstitusionele hof direk nader ná die hooggeregshofuitspraak oor Hoërskool Overvaal.

Overvaal het in Desember ʼn dringende aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien nadat die departement opdrag gegee het dat 55 bykomende Engelssprekende leerders in 2018 by die skool toegelaat moet word.

Regter Bill Prinsloo het op 15 Januarie beslis Overvaal hoef nie die 55 Engelstalige leerders te aanvaar nie, aangesien die skool heeltemal vol is en twee nabygeleë Engelse skole oorgenoeg plek het om die leerders te huisves.

Gewelddadige betogings het by die skool uitgebreek ná die hofuitspraak. Die polisie moes onder meer rubberkoeëls gebruik om die betogers te verjaag en talle mense is in hegtenis geneem. Die skool moes ook noodgedwonge sluit toe lede van die ANC en EFF na die skool opgeruk het. Sowat 1 000 betogers het voor die skool byeengekom waarna ʼn memorandum aan die hoof van die beheerliggaam oorhandig is.

In die memorandum het die organisasies aangevoer die besluit om nie die Engelssprekende leerders toe te laat nie, is “rasgemotiveerd”.

Lees alle vorige berigte oor Hoërskool Overvaal op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

leser ·

lesufi gaan nie ophou karring tot hy sy sin kry
kry hom so gou moontlik uit sy pos wat hy nie werd is nie
al wat hy doen is om rassehaat aan te blaas, g’n verstand vir vreedsaamheid

Cherokee ·

Mense soos jy maak problematiese voorspellings.
Jy maak die stelling ’totdat hy sy sin kry’ en hetsy jy my verstaan of nie, ek pes jou woorde want jy dui (*heelwaarskynlik onbedoeld* daarop dat hy sy sin gaan kry. Jy is verkeerd! Hy gaan niè sy sin kry nie! Woorde het krag (!) en dink wat julle sê en kies julle woorde meer versigtig. Dit is waarom ek die tipe kommentare van “daar gaan niks van kom nie” kompleet verpes en altyd dit aanval.

Koos de Meyer. ·

Daar is eintlik nie ‘n woord vir sy arrogantheid nie. Hy is rassisties gemotiveerd.

Koos ·

Hoop ons sal eendag ook ‘n pak speelkaarte versprei waarop Lesufi en sy makkers maklik geïdentifiseer kan word, soos met Saddam en Kie in die tweede Golfoorlog gebeur het… Die wiel mag dalk draai, wie weet?

Snowball ·

Soos ‘n brullende leeu….onstuitbaar in sy aanslag op Afrikaans. Dis ‘n diepgewortelde, onverbloemde haat, hy het geen belang by leerders nie, sy magsposisie is net ‘n instrument om sy rassisme uit te leef.

Dotter ·

Het lefoefie al ooit iets anders gedoen as om afrikaanse skole te treiter? En dan word hy mildelik vergoed vir die ou takie wat knaend misluk.

Kierie ·

Ek dink die meneer verstaan nie mooi nie. Dit gaan vir ons oor TAAL. Nie oor RAS nie.

JSG ·

Sal ook graag wil weet wat het ras met taal, veral Engels, uit te waai? Heelwat nasies van verskillende etniese groepe praat Engels.

John ·

Wat het verbeter sedert CR die troon bestyg het? …. Ek wag …

Gatvol ·

Pleks dat hy sy aandag vestig op die probleme by disfunksionele skole waar onbekwame en onwillige onderwysers aan die orde van die dag is. Die ANC kaders speel met die toekoms van die land deur te sorg dat die onderwysstelsel tot nieey gaan. Dan is daar meer ongeletterdes wat vir propaganda soos landgrype sonder vergoeding sal stem en so hulle aan bewind hou om die soustrein so lank moontlik te ry.

Mielie ·

Maar hyself is onbekwaam. Duidelik weet hy nie wat om te doen nie…..dan speel hy die rassekaart. Dis die heel beste manier om goed te lyk vir hul kiesers.

Mrs H ·

Kan iemand asseblief die ou Gramafoon stil kry, dit is erg vervelig Lesufi! Die opgeskeeptheid is iets om van naar te word, jug. Gaan bou asb eerder net nog n skool toe? Hoe ver kon jy nie al met die bouery getrek het, met al die “legal” fooie se geld? Laat almal in vrede in hul moeder taal geleerdheid ontvang toe? Klim tog van jou rasagtigge perd af!

Hanna Hoekom ·

Lesufi, jou ou nar! Gaan wend eerder jou tyd en energie in die derduisende wanfunksionele skole aan. Ja, daar waar kinders onder bome klas kry en in puttoilette val. Los maar ons Afrikaanse skole uit. Daar is niks wat “reggemaak” moet word nie…

1+1 ·

Ons is dankbaar dat die skool hierdie rondte vir Afrikaans, onderwysstandaarde, werksetiek, geen stakings nie, nie afbrand en vernietiging van skole, gewen het. Dit gaan nie oor ‘n raskwessie soos die departement beweer nie. Hulle maak ‘n ernstige denkfout. Of die oorlog in hierdie verband gewen gaan word, sal tyd alleen leer. Wat wel waar is!!! “Ons ken die admin van die departement wat soos ‘n “koperdraad” deur alle departementele skole loop”

Ronel ·

My liewr genade. Hoe lank wil hy nog die holrug donkie ry. Overvaal is veelrassig. Ek was in 1997 daar in matriek selfs toe was daar al swart en kleurling leerlinge watter deel van veelrassig verstaan die mansmens nie? Die engelse hoërskole het genoeg plek om daai kindertjies te akkommodeer. So gaan dan soontoe. Laat Overvaal nou met rus. Of gaan dit ook eers in vlamme moet opgaan boor Lesufi en sy trawante te vrede gaan wees?

Wie nie hoor! moet betaal! ·

Hofonkoste moet hy persoonlik voor opdok.

1+1 ·

Die hofonkoste word deur my en jou betaal. Lesufi het in ‘n amptelike hoedanigheid opgetree en soos sy voorgangers wat kurrikulum 2005 Uitkomsgebasseerde onderwys gedryf het en miljoene rand geblaas het. Hy het maar net die tradisie van onkunde ondeurdagte en onwerkbare planne voortgesit.

Eish ·

Net toe ek dink ons is van die man ontslae by onderwyssake … wat n ontnugtering.

Rooi Jan ·

So as ek meneer Lesufi se kommentaar reg lees dan erken hy dat sy optrede niks te doen gehad het met die plasing van leerlinge wat plek in n skool nodig gehad het nie. Maar meer met sy planne vir so n bietjie “social engineering” by Overvaal deur gedwonge integrasie.

Johanna Botha ·

Vir my is die man en die life esedimeni vrou van dieselfde lap gesny …perfek anc . O ja en die gewese man van die sabc

Voël met ander vere ·

Die hofuitspraak het beslis dat Lesufi en sy admin. nagelaat het om verantwoordelike besluite te neem. Dat hulle kortsigtig is, is waar. Al is almal mense is almal nie voëls van eenderse vere nie. Lesufi se gebrabbel is soos ‘n liddoring op elke toon in ‘n nommer te klein skoen. Met kous oor die kop en ‘n stewige skop onder sy agterent is die uitspraak ‘n klap deur sy gesig. Sy stoomklep kort ‘n prop. Dalk sal valstande help? ‘n Nommer te groot?

Sara ·

Dis elk geval nie regverdig teenoor daardie arme Engelsprekende kinders wat hy in die Afrikaanse skool probeer indruk nie. Niemand gaan hulle tuis laat voel nie.

Grassie ·

Dit is duidelik dat Lesufi en al sy ANC-kaders geen respek vir enige hof, insluitrende die konstitusionele hof, het nie. Sy opmerking “ons het nie ‘n hof nodig om ‘n nierassige Suid-Afrika te bou nie” beteken bloot dat hy hom gaan afvee aan enige hofbeslissing en sal voortgaan met sy kampanje teen Afrikaans en Afrikaners soos wat hy wil. En die paddakoker gaan hom ondersteun. Daar was die afgelope paar jaar verskeie konstitusionelehof beslissings wat geïgnoreer is – dink maar aan Hlaudi, Abrahams, Sassa – maar niemand is aangekla van minagting van die hof nie. Ons regstelsel het ‘n tandelose leeu geword.

Grassie ·

Paul – ek dink albei pas min of meer. As die regstelsel ‘n witte kan bykom, soos bv die skuldigbevindings en vonnisse in die doodkissaak, of ‘n vrou wat nou in die tjoekie sit omdat sy, nadat sy pas beroof en emosioneel was die verbode woord ‘n paar maal gesê het, of ‘n boer wat aanmekaar borg geweier word na ‘n onderonsie met ‘n moeilikheidmaker op sy plaas, dan brul hy soos ‘n woedende leeu. Wanneer ‘n weermagmisdadiger ‘n weerlose wit vrou totaal onnodig deur haar bolyf skiet met sy dienspistool weens ‘n verkeersgeskil, piep die stelsel soos ‘n muis.

Groenie ·

Engels is nie SA se enigste amptelike landstaal nie, ook nie Lesufi en die ander sogenaamde ‘engels sprekende leerders’ se moedertaal nie. Hullu is net onverbloemd anti-Afrikaans.

Gemaskerde Sopbeen ·

Lesufi: “Ons het nie ‘n hof nodig om ‘n nie-rassige Suid Afrika te bou nie” So waarom hardloop jy HOF toe met die saak? Verstaan jy die verskil tussen “nie-rassig” maar “veeltalig”? Daar is ‘n enorme verskil. By meeste Afrikaanse skole gee niemand om wat se ras jy is nie…………solank jy Afrikaans praat, in Afrikaans leer, en in Afrikaans jou toetse en eksamens slaag………kry vir jou skoolbank en pak jou boeke uit….Dis net waar jy en jou departement inmeng, waar hofsake ter sprake kom…..die res van die tyd vaar ons heel goed.

Irma ·

Stout kind mentaliteit. Die uwe mnr Lesufi WIL sy sin hê ten alle koste. Goeie genade !!!!

Lerato ·

Dis nie n ras kwessie nie, dis n taal kwessie.

Moenie Overvaal dwing om die leerders te vat nie.

Dwing die engelse skole om te presteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.