Lesufi sê hy haat nie Afrikaans

Panyaza Lesufi. (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency (ANA)

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het Vrydag gesê hy haat nie Afrikaans nie, maar wil bloot hê dat leerders van alle agtergronde saam moet leer.

“Ek sal al 11 tale respekteer, maar [wil nie hê] dat die hele skool ’n enkeltaalskool moet wees nie. Ek sal nie-rassigheid verdedig. Daar sal nou toernooie wees tussen skole van alle gebiede,” het Lesufi gesê.

Dít volg te midde van die LUR se aankondiging oor veranderinge wat sy departement oor die volgende termyn sal implementeer om ’n beter leeromgewing by skole in Gauteng te verseker.

Lesufi het dié aankondiging tydens ’n vergadering by die Nasrec Expo‑sentrum in Johannesburg gemaak. Die vergadering is byeengeroep om kwessies wat prioriteit gedurende sy nuwe termyn sal geniet met belanghebbendes in die onderwyssektor, skoolhoofde en leerlinge te deel. Die LUR het gesê die departement voel dit is belangrik om hul planne vir die volgende paar jaar te deel.

Van dié planne sluit in dat vroeë kinderontwikkeling nou ook deel van die departement van onderwys se portefeulje sal uitmaak en nie meer bloot die sosiale ontwikkelingsportefeulje se verantwoordelikheid sal wees nie. Alle laerskole moet hulle dus daarop voorberei om graad R-leerders in hul skool te verwelkom. “Ons infrastruktuurspan kom met [die nodige] infrastruktuur wat hierdie kinders moet kry,” het Lesufi gesê.

Dié leerders sal ook nie meer net slaap en sing by die skool nie, maar ook binnekort hul eie kurrikulum volg wat hulle sal help om te leer. Meer onderwysers sal ook opgelei word om veranderinge van die aard te kan hanteer.

Verder sal skole nie meer laatkommers duld nie en die LUR het skoolhoofde toestemming gegee om diegene wat hulself hieraan skuldig maak, uit die klas te sluit.

“Ons stel ook ’n multi-gesertifiseerde leerder bekend, ’n leerder wat sekere vaardighede bo en behalwe hul matrieksertifikaat sal hê,” het Lesufi gister aangekondig.

Alle graad 11’s in Gauteng sal dus in die nabye toekoms oor ’n K53-rybewys beskik en alle leerders in graad vier oor ’n sertifikaat oor geslag, sodat hulle weet dat ’n vrou nie mishandel moet word nie, maar eerder waardeer behoort te word, het die LUR verduidelik.

Die Suid-Afrikaanse vlag sal ook teen 2021 op alle skooluniforms borduur wees.

Verder sal ʼn minimum van vyf mense by skole in informele nedersettings ontplooi word om te help met die onderhoud van die skool en ook die skoonmaak daarvan.

Die hele onderwyssillabus sal ook gedurende die volgende termyn digitaal en aan die internet en gratis WiFi-sones gekoppel wees.

Die departement het skole gemaan om dissiplinêre komitees op die been te bring om veiligheid in skole te verseker. “As iemand ʼn onderwyser aanrand, is hulle nie meer ʼn leerder nie,” het Lesufi gesê. Die departement se streekskantoor moet ook voortaan ingelig word van boelies by skole.

“Aan die leerders: Ons is moeg vir jou slegte gedrag, ons wil hê dat jy ’n leerder moet wees, maar as jy ’n misdadiger wil wees, sal ons jou soos een behandel. Elke skool sal ’n polisiebeampte kry; ons het met die polisie ooreengekom om skole te patrolleer,” het die LUR gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

109 Kommentare

Swart Piet ·

Lesufi is heeltemal reg- hy haat nie Afrikaans nie – HY VERAFSKU DIT NET.
As hy al die aandag wat hy daaraan spandeer eerder aan die opbou van onderwys spandeer sal dit soveel beter met hom gaan.

Joe Olivier ·

Geforseerde vermenging is nie gelyk aan vryheid van assosiasie wat in die grondwet staan nie. Wat van hierdie som verstaan die man nie.

Toffie ·

Klink meer of hy net sing en slaap. Ons Graad R leerders volg definetief ‘n kurrikulum…. Waarmee ek wel saamstem is vir Graad 11 om te leer bestuur. Dit sal verwelkom word baie dankie.

Gert ·

Dankie Joe, my siening ook. Vryheid van assosiasie is in ons grondwet en is ‘n wêreldwye erkende beginsel. Lesufi wil ons kinders egter forseer om te integreer. Saam daarmee gaan die wanfunksionaliteit en misdaad wat Engelse skole reeds kenmerk, en wat maak dat Afrikaanse skole veel beter presteer as ander skole. Dis egter net ‘n rookskerm, eintlik haat hy hoe goed Afrikaanse skole presteer.

Johan ·

Ek wil nog sien of die enkele positiewe visioene van Lesufi gaan realiseer. Maar feit is dat hy kultuur verwar met ras en dis die groot negatiewe. Hy verstaan nie dat moedertaal en eiesoortige kultuur vir party mense bitter belangrik is nie. Dis duidelik dat hy ‘n beleid van verengelsing voorstaan. (al ontken hy dit)

Oupa ·

‘n Polisieman vir elke skool.? Ek wil graag sien hoe wil Lesofi sy visioene realiseer. Miskien was gedwonge segregasie verkeerd. Maar verseker is gedwonge integrasie ook verkeerd. Hy storm met gumboots in waar engele nie sal waag om te sweef nie. En terloops; het hy nie onlangs in sy privaat hoedanigheid gesê hy hou van Afrikaners nie.? Veral as hulle dood is. Dan is hulle nie so geweldadig nie. Dit sê duidelik wat die man se gesindheid is.

Lisa ·

Geen meer laatkommers, maar wat nou van al die kinders wat pal op Metrofail sit? So geen skoolopleiding meer vir hulle nie?

Emma ·

Hy kan nie eers sy skole veilig hou en n plan op die tafel sit wat kan werk nie.In plaas dat hy n plan het om nog skole te bou dat elke kind vreedaam in sy taal kan skool gaan. Maar dit gaan oor blanke skole wat hy sy mes in het

Andreas ·

Só het Lesufi op 8 Junie in Beeld oor Afrikaans en kritiek teen hom reageer:

“Ek ondersteun alle amptelike tale en almal van hulle, insluitend gebaretaal, moet gelyk en billik behandel word. In Suid-Afrika is daar geen supertaal nie. Wat ek nie ondersteun nie – en dit is doelbewus verwring – is dat moedertaalonderrig beteken dat mense wat daardie taal praat nie kan meng of speel met kinders wat ‘n ander taal in dieselfde skool praat nie.

Ek is ‘n verslaafde van ‘n nierassige onderwysstelsel en sal nooit ‘n ander amptelike Suid Afrikaanse taal onderdruk nie. Ek respekteer en hou by die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Ek sal niks doen wat strydig daarmee is nie en daarom is ek trots om Suid-Afrikaans te wees.

Ek is ook duidelik dat die gevreesde Swart-onderwyswet ‘wreed’ was en deur die mens wat ek met passie ‘gehaat’ het, Hendrik Verwoerd, die onderwysstelsel van ons mense vernietig het. Dié skade moet onbeskaamd herstel word.”

Andreas ·

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, gaan nie bes gee oor sy departement se taalbeleid nie, so berig Beeld vanoggend.

“As iemand sê: ‘Ek wil net in Afrikaans onderrig word’, sal ek dit toelaat. Ek sal jou ’n onderwyser gee om jou te onderrig, maar dit beteken nie die hele skool moet Afrikaans wees nie,” het hy gisteroggend op ’n inligtingsessie by Nasrec in Johannesburg gesê.

“Jy kan na Blok A gaan vir Afrikaans en ons sal na Blok B gaan vir Engels of Pedi in dieselfde skool sodat die kinders pouse met mekaar kan speel.

“As jy my gaan teenstaan daaroor, is ek gereed vir die geveg.”

Lesufi sê wel hy gaan nie dáár ophou nie en daar sal “geen skole vir kleinbasies wees onder my beheer nie”.

Andreas ·

Daar is 2077 skole in Gauteng waarvan 133 Afrikaans is, nou waarom wil Lesufi hierdie beleid net in die Afrikaanse skole toepas en nie ook die Engelse skole nie?

Andreas ·

Hierdie fanatiese dryf van Lesufi maak nie vir my sin nie, dit maak wel as dit is omdat hy Afrikaans haat, ongeag die teendeel wat hy beweer, lees wat hy hier bo oor Verwoerd te sê het. Maar wat dan van die Jode en die Indiërs in die land wat verkies om in eie gemeenskappe te bly, skole, godsdiens, naby hul kultuur? Die Chinese? Waarom het hulle/hy dan net met die Afrikaner/Afrikaans ‘n probleem?

Lana ·

Mense, dit wat hy sê is waar. Hy haat nie Afrikaans nie.
Dit wat hy nie sê nie is ook waar. Hy haat baie van die mense wat Afrikaans praat.

Jannie ·

Net so. Hy haat witmense en gebruik die Afrikaanse taal as ‘n middel om hulle te straf.

Andreas ·

Gister sê Lesufi in Beeld: “As jy wil baklei oor taal, ek is gereed.”

Hans Richardt ·

Flip, die Staatsbeskikking beleid is duidelik die teenpool van geforseerde etniese apartheid, met doel om voor te skryf wat in jou onderbroek gebeur…
Toegegee, daar is politieke gedefinieërde swartes wat Afrikaans behoorlik magtig is, maar maak dit Afrikaners van hulle?
Dan, Selfbeskikking word met apartheid vergelyk, terwyl wit in apartheid en afsonderlike ontwikkeling eras, beperkte selfbeskikking gehad, want bv Die verdedigingswet het wit mans staatseiendom gemaak van 16 tot 65 jaar. Ons wittes moes groot redes aanvoer, om buite toergroepe, alleen oorsee te kon reis.
Die BSB se funksie was om ons te monitor met wie ons assosieër het. As wit was ons belastingpligtig. Ons kon nie sommermeer doen en besluit wat ons wou nie, daar was kerksensuur, media sensuur, film ???? sensuur ens.
Die heerser skryf die geskiedenis en maak die beleid volgens hul en buitelanders se advies, beleid, oa Wêreldbank se geografiese afdeling in Lynnwood, Pretoria. 3 aande gelede met Indiese vrou, wie juis by Wêreldbank gewerk het, oor aandete gesels. Haar indrukke en ons wie geskiedenis geleef het, se indrukke en verstaan, was teenpole, maar Bell-Pottinger tipe.
Haar begrip oor swart stemreg voor 1994 was beperk. Sy het bv nie geweet dat wittes volgens wet op afsonderlike gebiede, nie in swart woonbuurte toegelaat was, as hul nie wettige rede en toestemming gehad het nie. Dat swartes vir hul swart sradsraadslede gestem, as hul hul diensterekeninge by hul stadsraadkantore betaal het. Sa media is ons grootste bedreiging.

kolla ·

Ek reken hierdie geforseerde rasse integrasie is ‘n goeie ding vir die land se toekoms. Die nuwe geslagte moet die rasverdeeldheid-probleme uit die weg ruim en die skool is die regte beginpunt om dit aan te spreek.

Johan ·

Waarom word die rasse diskriminasie in die werkplek ook nie getakel nie?

kolla ·

Nou wie is die vuil olie en wie is die skoon olie? Jy sien dit is juis hoekom integrasie geforseer moet word want ons sit met vooraf ingeprente persepsies wat daar gestel is deur ‘n stelsel soos Apartheid en onkunde oor mekaar in die algemeen.

Stier ·

Niemand kan ‘n ras forseer om met ‘n ander te integreer nie. Om jou eie te verkies is nie rassisme nie. Dit sal nie werk nie want almal het keuses. Die agtergeblywenes van verstand en waardes hou van die geforseerde konsep.

Gert ·

@Kolla, dis net jy wat so voel. Ek sien absoluut geen voordeel aan integrasie nie, inteendeel, dit sal die laaste spyker in die kis wees.

kolla ·

Nee, nee by verre die meerderheid Suid-Afrikaners voel ons moet integreer en as een volk voortbeweeg. Dis net julle konseratiewe groepie regses wat weer agter julle eie ou rotsie wil wegkruip. Hier’s die ding, adapt or die. Julle SAL integreer of julle moet waai. Daar gaan nie spesifiek vir julle groepie enige spesiale voorsiening gemaak word nie en hoe vinniger julle dit besef hoe beter.

Henk ·

Nare nuus vir jou Kolla. Ons is hier om te bly , raak gewoond daaraan. Wegwens kan julle libs ons ook nie. As mense dus hulle kinders se belange bo julle Utopia stel , maak vrede daarmee, jy sal dit nooit kan verander nie. Jou poging om mense kwaad te maak sodat ondeurdagte dinge gese gaan word , gaan ook nie werk nie. Gaan soek dus ‘n ander plek om te speel,

piet piet ·

@kolla ,hoe verduidelik jy die land se diskriminerende wette teen minderhede is dit nie ook n apartheid stelsel nie en ek praat van nou 2019 is daar wette en kwota stelsels op universiteit wat jy mag studeer ,die regering sal eerder kubaanse dokters invoer voordat wit kinders toegelaat word om medies te studeer,die sport is in sy maai in oor kwotas gebaseer op velkleur so van watter apartheidstelsel praat jy die verlede of die hede?

Andreas ·

Hehehe, ek sien jy krap die mense weer lekker hier om. Jy is welkom om ‘n hele klomp skole te ondersteun en groot skenkings ter stuiwing van hul fondse te maak wat jou sienswyse pas.

kolla ·

Julle apartheid-lite ondersteuners gaan nog bitter swaar kry in hierdie land weens julle houding teenoor ander rasgroepe. Ek kry julle eintlik jammer.

Hendrik UAE ·

Waar gaan die geld vandaan kom vir al hierdie nuwe poste en waar gaan hy opgeleide mense kry wat wil werk?En waar kom die ekstra poliesiemanne vandaan ?En waaaaaaar slaap jy om al hierdie drome te droom?

Swartwolf ·

@kolla- die groepie wat nie wil of hoef re meng met our people nie is reeds besig om te waai. Hulle vat hulle kundigheid en belasting saam. Al gedink hoekom die nuwe aanbeweegde SA lyk soos hy lyk onder die cANCer ? Die groepie gaan en meng met ander in ver lande wat dieselfde waardes en intellek het, wat hoe standaarde stel, waar performance en nie kader kudo’s tel en beloon word nie. So vlieg kundigheid en belasting die land uit. Bou maar jou geintigreerde SA met die die nuwe SA geintegreede skoliere wat in ander lande nie graad 4 wiskunde kan deurkom nie. Ons sal nou en dan SA besoek en met dollars en ponde betaal om in die beste hotels en game lodges te bly terwyl die nuwe SA ekonomie aanhou krimp en misdaad hoogty vier in die skole en die standaard nog 5 present val. Dan is SA mos nou geintigreer.

Judge Dredd ·

En weereens probeer Lesufi taal ‘n ras aspek maak.
Weet Lesufi nie dat daar meer nie-blankes is wat Afrikaans praat as blankes?

kolla ·

Welke persentasie of aantal leerders is nodig dat ‘n spesifieke taal by ‘n skool aangebied word? Veronderstel daar is 1000 leerders maar slegs 10 is Afrikaans (of enige van die ander inheemse tale) sprekers. Gaan hierdie 10 leerlinge die aanstelling van onderwysers in hul moedertaal regverdig?

Andreas ·

kolla, jy fluit deur jou ore en jy weet dit. Die realiteit is soos wat dit tans in Afrikaanse skole is, om jou som om te draai. daar sal bv 1000 leerders in ‘n Afrikaanse skool wees wat in hul moedertaal onderrig ontvang, maar Lesufi wil bv 10 of 20 leerders daar kom indruk, wat dan nie eens in hul moedertaal onderrig word nie maar in Engels. Lees dan jou sin soos hier bo klaar.

(Die praktyk het in alle geval bewys wat dan voerntoe gebeur en wat Lesyfi se hele oogmerk is, is om die skool te verengels, want dubbelmediumskole kos baie duur om te bedryf en sal die ouers dit nie kan bekostig nie.)

piet piet ·

Elke kind het die reg om in sy moedertaal onderrig te kry so as jy jou kind in engels, fanakalo of zulu wil laat studeer dan.is dit jou saak maar om kinders 40km met taxi’s wat die staat subsidieer om die afrikaanse skole te infiltreer terwyl hulle skole leeg staan is vir my n aanval op my menseregte, dit is dan wat ek my eie privaat afrikaanse skole ondersteun en die toelating sal wees vir alle kinders wat in afrikaans wil leer sonder inmenging van onbevoegde sogenaamde leier wat te ruggraat loos is om te sê hy haat afrikaans en soos n.dief in die nag agteraf is met sy agenda.

Hans ·

Ag ou Kolla , ons is gewoond aan stroomop,voëlvry en ander randeier mense.Lesufi praat van volwaardige Afrikaanse skole waar hy n paar swartes wil plaas wat nie Afrikaans wil of kan praat nie.Dan word die hele kultuur van die skool omvergewerp.So ,Kolla,jy is in die verkeerde geselskap.

Kierie ·

Hierdie mens se haat vir die Afrikaanssprekende en veral die wit Afrikaanssprekende verdof sy oordeelsvermoë.

Antionette ·

Hoekom moet ons afrikaanse kinders sukkel op skool wat se huistaal afrikaans is? Dis mos nie regverdig nie. Hoe sou hy gevoel het as n xhosa geforseer was om net afrikaans te leer? So dit is mos rassisme

kolla ·

Wittes gaan nie gedwing word om Xhosa te leer nie en swartes ook nie Afrikaans nie (soos die Apartheidsregering wou doen en toe strike die paw paw die fan met die Soweto uprisings). Almal gaan egter Engels moet neem wat nie ‘n probleem is nie want almal het nog altyd Engels geneem (selfs gedurende Apartheid). Ek dink darem ook mens moet realisties wees en nie verwag dat jou kind spesifiek moedertaal-onderrig gaan kry as dit nie ekonomies regverdigbaar is by ‘n betrokke skool nie.

Andreas ·

Kolla, jy is 100% reg, so dis maar moeilik om te verstaan waarom mense hul kinders na ‘n Afrikaanse sal skool wil stuur en te verwag dat die kind daar in Engels onderrig moet word.

piet piet ·

Nou leer jou kinders in engels ,hoekom altyd hierdie lings gesindheid in afrikaans skryf doen dit in engels dit is wat mens demokrasie noem

kolla ·

Daar is nie eintlik Afrikaanse skole nie want selfs daar moet Engels as ‘n vak geneem word. Persoonlik het ek nie ‘n probleem as Engels die enigste onderrigtaal so vanaf graad 8 word nie.

Robert ·

…….en niemand by die byeenkoms het opgestaan en hom diplomaties in sy hel in gestuur nie……

Hannes ·

Om in AFRIKAans skool te gaan en AFRIKAans te bevorder is trotse de-kolonialisasie. Om Engels in almal se kele af te druk is ‘n slaafagtige oorgawe aan kolonialisme. Waar staan jy?

hendrik ·

Wat hy se is irrelevant. Hy hou nie van my nie en ek hou nie van hom nie.

Alicia ·

Ek is bly Mr Lesufi beplan om iets te doen om meer polisiebeskerming by skole te kry. Hy het egter niks gese oor optrede teen wanfunksionele skole in hoofsaaklik die swart buurtes nie.

Ella ·

Nog n diktator in wording? Ala Myeni en Monyane.
Almal wat hy toespreek sit in verwondering/vrees vir sy uitsprake
Is hy nou verhewe bo die ministers wat hy moet “dien”? Hulle uiter nie n woord oor sy planne en uitsprake, so stem hulle saam met hom?
Mense met kinders, kyk wat aangaan en bekyk julle opsies.
Die skoon en vuil olievergelyking tref mens in die hart

Damon ·

Weet hy dat baie kleurlinge, wat NIE wit is nie en wat OOK slagoffers van apartheid was, OOK Afrikaans praat? So wat nou van hulle?

Dries du Toit ·

Damon hulle moet net wys dat hulle saam met die blanke wil trek. In die verlede het hulle die kant gekies van die sogenaamde onderdruktes. Nou sien hulle wat gaan daai lot met ons en julle aanvang.

werner ·

Lesufi moet hom eerder op skole geweld laat konsentreer as om hom oor tale te laat konsentreer kinders leer van grootmense dit is hoekom ons samelewing die die moelikheid is want die gedrag van die regering en wette van ons land maak dat ons ouers kriminele grootmaak en hulle laat wegkom met moord

PJC ·

Hy weet hy en sy kamerade kan nie regkry wat die Afrikaner vermag het nie en nou breek hy maar af eerder as om gedurig teen ons sukksesse vas te kyk. Dit moet baie swaar wees vir hom anders sou hy nie so hatig teenoor Afrikaans wees nie.

Philip ·

Dit klink alles baie mooi, maar wat hy wil doen, is om die simptome in plaas van die oorsaak aan te spreek. Stap 1 sou wees om te erken dat hy in sy vorige termyn gruwelik aangejaag het en dat die leerlinge en onderwys daardeur benadeel is. Stap 2: Vra gerus raad by mense wat weet waarvan hulle praat en gooi die politieke oogklappe af. Stap 3: Get back to basics- maak onderwys weer die prioriteit. Ek wonder by myself waar die geld vir sy planne vandaan sal kom en hoe lank dit sal vat om te implimenteer en of dit enigsins lewensvatbaar is?

Kallimaari ·

Die punt wat hy maak oor Afrikaans is kleinlik teenoor die feit hy wil dat laerskole nou graad R onderrig moet gee.

Ék my dogtertjie in ‘n skool plaas met laerskool hardebaarde? Nooit gesien. Ek sal êrens sny, maar my dogter sal privaat skool gaan.

Frm ·

Net die feit dat jy skool en polisie in dieselfde sin gebruik se klaar ons land is in groot moeilikheid.

Dries Moolman ·

Nou toe, skole mag nie enkeltaalskole wees nie, volgens Lesufi. Laat die aanslag op die grend Engelse skole dan maar begin! O wag, dit sal nooit gebeur nie…

Hartseer ·

Lesufi gaan bou jou eie kultuur se skole met geen dissipline en respek en los ons Afrikaans skole uit! Ons het vir jare sonder jou inmenging reggekom!

Penellope Jones ·

“Dat leerders van verkillende agtergronde moet saam leer”

Moet?

Wat MOET gedoen word is om ‘n skool-atmosfeer te skep waar daar respek, wedersydse respek, leergierigheid, kalmte en gehoorsaamheid heers, nie bloot vir die rede dat “alle agtergronde moet saamleer” nie.

Carel ·

Kortom beteken dit als mors jy jou asem tyd, tyd, geld en jou talente as jy deel is van sy staatskool idee. Slim praatjies met ‘n gladde tong beteken niks nie. As kinders nie behoorlik geskool word in akademie sowel die lewe, dan beteken die tyd wat jou kind daar by sy idee van skool spandeer niks. As jy nie werk doen of leer nie, kom jy nerens in die grootmens lewe daar buite nie. Dit is ook goed om te leer dat mens faal in die lewe, hoe gouer hoe beter. Liewers op skool leer van faal en weer op staan as later in die lewe. Daar is baie beter dinge om te doen om te meng met mense wat glo aan die pasella beginsel. Daai slimigheid van passela dinge kry haal jou in in die lewe, kyk maar wat gaan on die ekonomie. Ek was skepties oor CVO skole aan die begin maar ek gee hulle pluimpie vir wat hulle doen.

ne ·

Lesufi – waar bou jy nuwe skole????? Ek hoor niks daarvan nie. Net Afrikaans/Afrikaans en nogmaals Afrikaans. Julle gun die blankes NIKS!

Anton ·

Basiese wiskunde en Afrikaans vir oom Lesufi: 1-2-3 Lesufi dink hy is n genie, 4-5-6 dom-astrant nes die res, 7-8-9 dink hy het n sege, 10-11-12 maar hy is net half, 13-14-15 van my ouma se nagwa kantien,.

Danie ·

Die rakker se manewales is uiters irriterend. Is die belaglike stellings sy opinies wat hy wil afdwing om punte te “score” by sy meesters of is sy party se beleid? Duidelik is rasse harmonie nie in sy visier. Hy hou hom besig rassekwaad stig en onbenullighede terwyl sy dept brand en kinders skade ly. Hy het duidelik NIE ‘n idee wat is tans prioriteite in sy dept. En sy premier swyg!!!Die kader moet aarde toe gebring word van sy ego rit. Die keiser is kaal maar hy weet dit nie!

Charles ·

Hy dink blykbaar ons is onnosel- “saamleer” in Afrikaans ja as uitoefening van vrye assosiasie en liefde en respek vir Die Taal en waardering daarvoor as onderrigmedium wat jou kind laat gedy in die lewe!!!
Maar “saamleer” in dubbelmedium skole lei tot Enkelmediumskool Engels en uitsluiting van Afrikaans en Afrikaanse kinders- hulle is moedswillig en verstaan nie vrye assosiasie en diversiteit nie, terwyl lg. begrip nog mooitjies in die nuttelose “grondwet” vervat is. Nee wat Lesufi, jy en Motshekga op wie se aandrang jy weer in jou pos geplaas is flous niemand nie!

Hanna Hoekom ·

Klink my die Lesufi lei aan n erge vorm van n minderwaardigheids kompleks. Alles wat wit en Afrikaans is, presteer. Hy weet dit.

C.Maree ·

Mr Lesufi, I would have liked to write in Afrikaans, but I think you wouldn’t have read my comment. Although you say you don’t hate Afr. you facial expression and body language on TV definitely show that you dislike it immensely. I am a 70 year old ex-teacher who retired after many years of teaching English (1st &2nd language) in a number of schools. My mother tongue is Afrikaans and I graduated with Eng and Sesotho as my mayors. I also speak Setswana and German. I found that knowing other languages open doors for one. Why do you want to deprive our youth of such an opportunity by only promoting Eng. as medium of education? I don’t know what your academic qualifications are, but I doubt it that you have ever been a teacher. It has scientifically been proven that mother tongue education reaps the best results. Mr Lesufi, nobody is going to deprive Afrikaans speaking people of their mother tongue… not even the British forces could do it after the Anglo-Boer War… the Afrikaner stood up, started working and created a new future for themselves. They didn’t demand and waited for grants!! They WORKED to create a future for their children. Afr. also survived the English government’s DONKEY label round pupils’ necks in schools for speaking Afr. DOODKRY IS MIN, Mnr Lesufi.

Hennie ·

Ek wonder of Lêsoufie weet dat die Ingilse die grootste onderdrukkers van alle tye was… Nie dat ek enige iets hou teen die Britte nie, dis mos verby, ons het aangestap, ons het sterker geword!

Slim Jan ·

Snaaks. Lyk nie asof Afrikaans van jou hou nie?
Go figure

Adinda Oosthuizen ·

Ek stem saam die agbare Lesufi is net daarop uit om die Afrikaanse skole te teiken!! Hy weet nie hierdie skole het onderwysers om op trots te wees en hierdie onderwysers loop nie rond na talle unie vergaderings soos sy onderwysers nie. Daarom bereik ons kinders hoogtepunte want die grondslag en dissipline is daar!!
Waar is die geld vd skole wat nooit gebou is nie?? Bou nog Engelse skole en kyk waar kry hulle onderwysers? Waarom word so min onderwysers opgelei, Omdat die onderwys Kolleges gesluit is deur die regering! Die ministers se kinders gaan slegs na Engelse privaatskole en dan is daar ook n sekere groep wat verkies om hul kinders in Afr/skole plaas omdat daar dissipline gehandhaaf word en hulle is ook bereid om in Afr te leer!! Miskien is dit net mr/mnr Lesufi wat soveel haat teen die Afrikaners het en nie die ander mede landgenote nie!! Hy moet hom meer bepaal bd skole wat vol kriminele is en dit probeer oplos, maar nee dis n groot probleem wat hy nie in staat is om op te los nie???

Chris Ws ·

Ek het lanklaas iemand so openlik sien lieg op tv soos hy.

Eddie ·

Afriforum het reeds die oplossing vir onderwys op die tafel gesit ,Afrikaans en Afrikaanse leerders sal in die toekoms nog beter vaar as al die ander tale saam , gewaarborg !!

C op C ·

Hierdie knaap het hoër aspirasies as die pos wat hy nou beklee. Dis hoekom hy al hierdie opportunistiese wyshede kwytraak-dinge wat die massas wil hoor. Hoe meer mediadekking hy kry, hoe groter kans kry hy om op sy eie beuel te blaas, hoe groter kans dat hy in posisie kan kom wat hy in die oog het-ministerspossie…

Andreas ·

Lesufi is besig om ‘n toring van vir hom te bou met sy fanatiese dryf, totdat die Hoër Hand ingryp soos in die Bybel se tyd.

Susan vl ·

Nou dat al julle skole afgebrand is, nou wil jy kom septer swaai in ons skole?

kolla ·

Julle en ons. Geen wonder die agbare Lesufi wil hierdie ongesonde situasie regstel nie. Daarom sal kinders van verskillende rassegroepe saamgevoeg word in skole sodat hierdie ons/julle euwel aangespreek kan word. Dis nodig vir nasiebou.

Martin ·

Lesufi n “agbare”, asseblief tog Kolla. Voordat jy aanhou om intergrasie so onophoudelik te ondersteun, gaan kyk hoe het die skole verval waar swartes oorgeneen het. Gaan kyk hoe gedra hulle, hulle. Ek sal nie my kinders aan sulke gedrag blootstel nie.

kolla ·

Hoe gaan dit deesdae op Ventersdorp? Daai plek was mos woes AWB op ‘n stadium.

Martin ·

Liberalisme het nog nooit iets goed ir enige land beteken nie. Hulle is gou om propaganda te verkondig en verdraai altyd die waarheid.

fred ·

ag nee Kolla..waarom moet nou 2 heeltemaal verskillende kulture dwing om saam te bly en te integreer?
dit werk nie..nie hier nie en nie oorsee nie…
wees trots op jou eie kultuur en bewaar dit…

kolla ·

Want die Afrikaner sit nie op ‘n eilandjie in SA nie, ons moet deel vorm van ‘n verenigde nasie. Ek vra myself af: om watter rede wil hierdie regse groepering in die Afrikaanse gemeenskap nie integreer nie? Jy sien dit nie onder die ander volke van SA nie. Apartheid het julle behoorlik gebreinspoel.

Andreas ·

hierdie kolla is darem ‘n pittige ou, ek wed julle hy is een van die wat sy TV skottel na die Gamma episode vernietig het.

LHS ·

5 cleaners by elke rural skool, landwapen op alle skoolkleure, vernietiging van moedertaal onderrig, gr R by alle skole, dankie tog nou hoef beheerliggame nie meer daardie onderwysers se salarisse te betaal, weet net nie waar gaan jy daardie geld vandaan kry, nog minder hoe jy die cleaners gaan betaal. Jou grootheidswaan is besig om jou te vernietig. Daar is goeie psigiaters in Gauteng.

Jeremia ·

Daar was so ‘n fanatikus gewees wat Afrikaans met wortel en tak wou uitroei. Sy naam was nou weer Alfred Milner.
Hy het sy taak ewenso superernstig opgeneem. Dit het weer tot die ou CNO-skole en menige ander teenoffensiewe gelei.
Miskien skrik ons mense dalk weer eendag wakker. Dalk is te nog nie heeltemal hopeloos te laat nie.

onnie ·

Lesufi dis tyd om meer skole te bou
1+1=2
Stuur al die onwettige Afrika buitelanders terug na hulle eie lande. Daar is genoeg onderwysers daar word jaarliks duisende studente opgelei met die Post Grad Sertifikaat program maar waar is nuwe SKOLE!

Andreas ·

kola, hier is ‘n aanhaling uit ‘n berig in vandag (16/06/2019) se Rapport:

SKOLE SE TAALBELEID ‘LEI TOT ONGELYKE UITKOMSTE’ IN SA
Meer as 90% van die land se skoliere word gedwing om eensklaps in gr. 4 na Engelse of Afrikaanse onderrig oor te skakel sonder dat hulle die taal behoorlik magtig is.

Nou lees ons ook nog op die koop toe die afgelope week of so ‘n ander berig dat Angie Motshekga beplan om kinders wat in gr. 1 tot gr. 3 druip, outomaties deur te sit.

In haar departement se begrotingsrede in Mei vanjaar het sy gesê, en ek haal aan uit ‘n berig in Businesstech van 13 Junie:

“A number of education experts have opined on this matter, and the overwhelming message is that it does not make any educational sense to make young children aged six to ten years, repeat a grade,” she said.

“According to the experts, the children who repeat, on the whole, gain absolutely nothing. On the contrary, for many affected children, repetition is a powerful early signal of failure – a signal that lasts through the individual’s life.

“To improve the efficiency of the system, we are also focusing on Grades 9 to 11, as repetition and drop-out rates are also high in these grades.”

Nou vra ek, is die departement se onderwysstelsel in chaos of nie?

Die arme kinders!

kolla ·

Ek het mos gesê ten minste graad 8 en hoër vir Engels enkelmedium-onderrig. Baie Afrikaanse ouers (ook in my familie) het hul kinders sonder probleme na Engelse hoërskole gestuur. ‘n Voorbeeld – Francois Pienaar se seun was in Bishops.

Andreas ·

kolla, jy staan afsydig teenoor die werklikheid en jy hang net jou eie ideologie aan, lees wat om jou aangaan, neem kennis van die verwoesting wat die ontkenning van die realiteit tot gevolg het, dit wat jy wil ophef, sal dalk oor nog ‘n leeftyd besef waar hulle verkeerd gegaan het.

mooi vadersdag en ook jeugdag op hierdie wintersnag

Andreas ·

kolla en nou vergelyk jy jou agtergrond met die swart mense s’n en glo dit moet ook so vir hulle werk? lees weer wat ek hier bo skryf hoe hulle dinge sien.

Andreas ·

kolla, jy het nie ‘n woord gelees wat ek hier bo geskryf het nie, dis hoekom dit in die land gaan soos dit gaan. En wat het Francois Pienaar hiermee uit te waai?

kolla ·

Moedertaal-onderrig EN Engels vanaf Graad R tot Graad 7. Net Engels in staatskole vanaf Graad 8. Dis belangrik dat Engelse onderrig van die begin af gegee word sodat kinders gereed kan wees vir die oorskakeling na net Engels in Graad 8.

Andreas ·

kolla, jy het nie gelees wat Me Angie gaan aanvang nie, ook vir graad 9 tot 11. en dan is die kind se vormingsjare …. wag voor ek dit skryf, laat ek van jou hoor watter jare is dit?

Andreas ·

kolla, jou voortelle gaan die departement in ‘n groter chaos dompel as wat dit tans is, lees weer wat ek hier bo geskryf het, beter, gaan koop die gedrukte koerant.

Andreas ·

terloops kolla, jy sal ‘n klomp nonsens skryf net om ‘n reaksie te ontlok, maar as jy ernstig is, en jy het inset te lewer wat die land op sy kop maak laat staan, stuur jou voorstel vir die koerante en vir Me Angie se departement.

Susna ·

Kom laat ons hierdie man se gedrag nou maar vir eens en altyd aanvaar. Dit is niks anders as daardie ou mislukke groen mannetjie nie. JALOESIE. Wat hy nie besef nie is dat ons hier gaan saamstaan en baklei nie, asook die feit dat daar alreeds van ons kant af oplossings vir ons Kleinkinders voorsiening gemaak is nie.

A Mac ·

Ja, mnr. Lesufi. Kom ons rafel hierdie taalkwessie so uit dan het ons nie nodig om die werklike probleme wat ons tans in ons onderwys bevind te hanteer nie. Maar nou ja, dan is daar mense wat so stuksienig is dat hulle met oogklappe deur die lewe gaan en net sal aanhou hamer op een “probleem”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.