Lesufi se ingryping by haarstylkwessie bekommer

Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, Maandag by Pretoria Girls High School. Foto: Twitter via @EducationGP

Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, Maandag by Pretoria Girls High School. Foto: Twitter via @EducationGP

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het gesê hy is bekommerd oor die manier waarop die situasie by die Pretoria High School for Girls hanteer is nadat dié skool beskuldigings van rasverdeeldheid moes aanhoor.

Leerders het kapsie gemaak teen die skool se beleid oor haarstyle. Van die leerders voer aan dat daar rassistiese opmerkings teenoor hulle gemaak is en dat hulle gedwing word om hul hare in style te dra wat nie hul haartipes akkommodeer nie.

Volgens Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, is dié organisasie ongelukkig omdat Panyaza Lesufi, die LUR van onderwys in Gauteng, die skool se beleid oor haarstyle geskrap het nadat daar met die beheerliggaam en bestuur vergader is. “Lesufi het die beleid geskrap totdat daar ooreengekom kan word op reëls wat leerders, personeel én ouers akkommodeer.”

Bloem sê voorts dat Lesufi al telkemale by die beleide en etos van skole ingemeng het en dat hy nou hierdie voorval misbruik om beheerliggame van hul bevoegdhede en pligte te ontneem.

Maroela Media het vroeër berig slegs ʼn dag ná die rasseherrie by Pretoria Girls High School, is die Lawson Brown High School in Port Elizabeth Dinsdag ook tot stilstand geruk nadat nog bewerings van rassisme aan die lig gekom het. Lees meer.

In die lig van onder meer kommer oor Lesufi se aanhoudende pogings om beheerliggame se mag in te perk, hou die Solidariteit Beweging op 31 Augustus 2016 ’n toekomsberaad vir onderwys.

Dit is belangrik vir elke ouer en onderwyser wat gehalte-onderrig en die toekoms van die Afrikaanssprekende jeug op die hart dra om dié beraad by te woon.

Die besonderhede vir die beraad is soos volg:

Plek: Doxa Deo Raslouw, Centurion
Tyd: 09:00 tot 13:00

Registreer vir die beraad by: www.onderwysberaad.co.za

Lees alle vorige berigte oor Pretoria Girls High op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Emile ·

Is daar enigsins ‘n verskil tussen die haar-netheid gedragskode van historiese swart skole en oud model C-skole?

Ek glo nie. Dus is hierdie ‘n moedswillige en selektiewe demonisering van blankes en rasse-konflik opstoking van Lesufi en trawante.

Johann ·

Hey. Lesufi…het jy gehoor my en ander blankes se lewens word bedreig deur een van jou verkose “leiers” by TUKKIES? Of is jy nie beskikbaar vir iets anders as politieke gewonne aard nie? Maar ek kry net so lekker lag as ek sien hoe die tjommas wild rondgryp om hulle eie basse te red van werkloos wees. Danksy NUMBA ONE se leierskap.

MariO ·

Dit is awesome om die beraad te hou en ek as onderwysere en ouer ,en ek is seker daar is baie ander, sal dit graag wil bywoon. Maar dis op n weeksdag, en onderwysers moet by die skool wees!!!! …en meeste ouers by die werk. Wie gaan die beraad bywoon??? As ek dit gereel het sou ek dit oor n naweek maak dat soveel as moontlik mense die geleentheid het om dit by te woon.

Henning ·

Miskien sal dit beter wees as MariO, maar die beraad sal misloop en liewer die tyd gebruik om Afrikaanse taalklasse te loop.

hans ·

Duidelik is die ‘herrie’ wat skielik oor swart skoliere se hare in. Pretoria/Bloemfontein en Pt Elizabeth oor hare ontstaan het n goed organiseerde aksie is. Sedert 1994 was die hare nooit n probleem nie,duidelik probeer sekere politieke partye konfrontasie situasies skep vir politieke doeleindes.

Manna ·

Hans jy is heeltemal reg.Die mense sal alles doen om disipline te ondermyn. Maar in jare wat kom sal hhulle die
gevolge dra

Elize ·

Intressant dat studente van UP die skoliere ondersteun en dit toevallig juis nou. Op 5 September 2016 is die – Interdisciplinary graduate conference en een van die temas is: ” Urban black women embracing natural hair” Toevallige tydsberekening!

Boetman ·

Snaaks dat die kommunistiese regering van hierdie land nie Kim Jong Un van Noord Korea se voorbeeld volg en slegs 28 haarstyle afdwing nie. Beteken dit selektiewe kommunisme of rassistiese kommunisme?

Boerseun ·

Model C volgende. Hou maar jul beraad gaan niks help nie al die skole behoort aan die staat.

Sarie ·

Ek is in my mid 70’s & gedurende mý skool-loopbaan & veràl my hoërskooldae, was ons aan allerlei reëls & wette onderworpe, wat oa ingesluit het hare, naels, grimmering, die dra van broekies, ipv skoolbloemers, voorgeskrewe skoolskoene, wit sokkies, & die lengte van ons rompies of skooljurke. Daar was gereelde inspeksies uitgevoer & ons is op kòrt kennisgewing aangesê om in rye in te val daarvoor. Die onderwyseres het ons rompies met ‘n rottang opgelig om te sien of ons die regte kledingstuk aanhet & sy het ons wit hempskrae omgedop om te sien of dit “skoon” is… Dit was bitter warm in PTA in die somer & moeilik om wit kouse & bloesies kraakwit te hou wanneer jy gesweet & die skoolgronde uit roooigrond bestaan het. Gelukkig is die seuns & dogters se inspeksies op aparte gedeeltes vd skoolgronde gehou. Daar was slegs blanke kinders in die skole & dus gèèn sprake van rassisme nie. Mý moeder het dit verwelkom & sy sou my gefoeter het as ek met ‘n “briefie” by die huis sou aankom!!!

elize naude ·

ouers het toe nie self gedink nie..
alles nagepraat wat onderwysers te sê had…

Ruby ·

elize naude, ek stem nie met jou saam nie.

Dis OMDAT ouers gedink het dat die kinders goed uitgedraai.

Die lewe van die kind, ouer en onderwyser het soos ‘n geoliede masjien geloop…..hoekom?…. dissipline!

Anti-rassisme ·

So nou skree elke bogsnuiter ook rassisme. Al hierdie optredes is goed ge-orkestreer! Brand af breek af, verwoes. Watse kultuur is dit? Wat wil daarmee bereik word?

elize naude ·

bogsnuiter? as volwassenes hul so oor tieners uitlaat… is dit geen wonder dat respek nie gegee is nie…

Manna ·

Rerig! Duidelik jy het nie idee wat besig is om te gebeur in land. Jy gaan die goed nog aan jou lyf voel.

Scalla ·

Laat hul gaan na n skool waar die reels hul pas, Lesufi bepaal jou eerder oor die patetiese eksamen uitslae.

GJ de C K ·

Hoë skoolgeld, Afrikaans, streng reëls … Geen slim plannetjies in ruil vir die fundamentele normatiewe kan ooit ‘n probleem volhoubaar aanspreek nie.

Maar daar moet seker maar eers nog meer water in die see inloop… Intussen is dit seker ons “plig” om onder hierdie onsinnighede te ly… ?

peanut ·

Hmmmmm, laat my nogal wonder; daar is 2 TWEE swart skole met SWART skoolhoofde en SWART kinders wat glad nie extensions, dreadlocks etc.toelaat nie.
gaan kry hulle reels, en voeg dit in Pta Girls High se reelboek, dan kan niemand niks sê nie

Kobus ·

Ons kom dikwels, by tye een maal ‘n maand in die Krugerwildtuin. In die noorde kom ons gereeld, in Letaba- en Mopani kampe busse swart skoolkinders van die Limpopo omgewing teë wat daar kom dagbesoek af lê, dus van die omliggende landelike gebiede af.

Ons het nog nie één skoolind gesien met ‘n uitspattige haarkapsel nie, nie een nie, almal is netjies versorg, maar nouja, dit mag wees omdat hulle uit die landelike gebiede kom en hulle nog waardeselsels het, sonder die grille en giere van die stedelinge.

Stefaans ·

Solank ‘n mens minderwaardig voel, sal jy minderwaardig dink en optree. Hierdie hele besigheid is miskruiertaktiek deur mense wat nie hulle eie heil kan uitwerk nie.

Armando ·

Dankie, Stefaans. jy het dit in ‘n paar woorde opgesom. Dit geld die hele land.

Anoniem ·

Dit wil vir my voorkom asof die geskiedenis hom herhaal. In 1976 het leerlinge gemor oor Afrikaans en nou mor hulle oor ‘n belaglike ding soos ‘n haarstyl.

Marius ·

Dit is verdomp kommerwekkend. Daar is net geluister na die kinders se stories. Ek is jammer, maar in die ras behepte samelewing waarin ons bly, sien ek nie hoe ‘n blanke onderwyser ooit vir ‘n swart kind goed sal se wat die meisies vertel is vir hulle gese nie. Daar is nie ‘n manier nie. Ek glo vas dat die meeste van die lot se stories is absolute bog. Weereens is net op een kant van die saak gefokus en die blanke is uitgemaak as die ‘bad guy’, die skurk. Nee wat, ons gaan in ons lewe, as blankes, die soort saak wen nie. In die geval, sal die kinders altyd geglo word, maak nie saak wat nie.

Kobus ·

Ek lees nou op Google News ve voorblad ‘n berig van ‘n toesparaak wat die SABC geplaas het. Angie Motshekga (die minister van onderwys) sê gister daarin dat elke skool het sy eie “code of conduct” en daar is niks met die Pretoria skool se kode en reels verkeed nie. Dit is ook nie rassisties nie. Sy sê haar departement bepaal nie die skole se reels nie, het nie seggenskap daaroor nie, daar dit die skool se eie verantwoordelikheis is.

Gaan lees gerus daardie berig.

Amen.

Emile ·

Tipiese wederregtelike Mugabe-intimderingstaktiek.

Soos die minister tereg uitwys bepaal die skolewet dat skoolbeheerliggame die gedragskode bepaal en dit nie onderhewig is aan Departementele oorsig of tersydestelling soos Lesufi hardhandig gedoen het nie.

Stel voor PGHS se SBL voorsitter ignoreer Lesufi se gedragskode-opskorting en epos vir die Minister se kommentaar.

Kobus ·

Emile, ja, dan wonder ek ook wat het die nuutverkose DA burgemeester van Tshwane saam met Lesufi daar by die Pretoria meisieskool gesoek.

Wat het hy nou met die hele petalje uit te waai, of het Lesufi sommer al wat leef en beef en wat hy in die hande kon kry saamgesleep om saam met hom die mense te gaan intimmideer.

André Groenewald ·

Die vlak (inhoudelik, eensydigheid, taal en spelling) van debat op Maroela Media is ‘n bekkommernis. Ons beledig mekaar ook sommer. Ons sal mekaar se andersheid (taal, kleur, geslag, kultuur, godsdiens, agtergrond, denkwyses en “hare” – dit gaan natuurlik hier oor baie meer as hare – moet respekteer en akkommodeer as ons wil vorentoe beweeg in ons land. Die Toekomsberaad is goed, maar belangriker is wat daarna – sou graag inligting oor voorleggings wou bekom. Die LUR het niks met Tukkies te doen nie. Openbare (veral) skole is sy domein – of ek en jy nou daarvan hou of nie. Ek sê weer: ek hoor nog steeds niemand praat oor Beheerliggame wat liefs nog minder magte moet hê nie (ja, natuurlik wil geen regdenkende mens al die mag aan politici oorlaat nie – daar moet iets nuuts ontwerp word), want dit is as gevolg van Beheerliggame dat sekere Afrikaansmediumskole tot niet gaan. Wat vandag ‘n hoof van hul keuse aanstel en die volgende dag van hom/haar wil ontslae raak!
Verneem op goeie gesag van ‘n ouer (swart) wat met mening inklim onder die “moeilikheidmakers” by een van die skole in die nuus. Kan nie presiese woorde hier herhaal nie, maar dit kom daarop neer dat die ouer sê ouers het ‘n kontrak met die skool geteken waarin hulle die skoolreëls aanvaar. Die ouer is woedend!
Soos altyd is daar drie kante aan ‘n storie. Koelkop, waarheid, gebalanseerde denke en die soeke na middelgrond is die antwoord vir Suid-Afrika.

neelsie ·

Hoe bly ons kompeterend in die wereldekonomie met sulke sinnelose goed soos haarstyle ?
Geen wonder ons onderwysstelsel is van die swakste in die wereld nie.
Dit raak nou weer eksamentyd…..moet ontwrigting veroorsaak…word mos oorgeplaas… anders is dit ook rassisme.
Lesufi en sy trawante verlam hierdie eens sterk ekonomie met sy rassisme.

Willie ·

Wat het regtig by die skool gebeur? Was die betrokke persoon al in die moeilikhied? Het die persoon huiswerk gedoen? Is die hare uitermatig om ander te tart? Is daar nie toeletings reels nie? Kom Maroela gee ons meer werklikke insig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.