Lesufi sê jammer oor rassisme by Pta-skool

Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng by Pretoria Girls High School (Augustus 2016) Foto: Twitter via @EducationGP

Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng by Pretoria Girls High School (Augustus 2016) Foto: Twitter via @EducationGP

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Vrydag om verskoning gevra vir rassisme en viktimisasie by Pretoria Girls High School.

Lesufi het gesê die rassisme en viktimisasie is bevestig tydens ʼn ondersoek wat hy van stapel gestuur het.

“Die departement vra om verskoning vir veral die betrokke swart leerders wat dié traumatiese en vernederende ervaring van rassemishandeling en viktimisasie,” het hy gesê tydens ʼn mediakonferensie by die skool. “Die departement, beheerliggaam en uitvoerende bestuur vra om verskoning vir al die leerders, veral die leerders wat hierdeur geraak is.”

Dit het Vrydagaand aan die lig gekom dat ʼn ondersoek, wat ʼn regsfirma gedoen het, het bevestig dat daar wel rasse-voorvalle was.

“Swart leerders is aangesê om in groepe op te staan om die oorsprong van etniese nedersettings tydens apartheid uit te beeld, terwyl wit leerders nooit gevra is om dit te doen nie,” het Lesufi uit die verslag voorgelees. “Dit was onsensitief, onvolwasse en vernederend vir al die swart leerders om die minste te sê.”

Lesufi het gesê die skool het nie reageer op die swart leerders se klagtes van rasse-mishandeling deur onderwysers en wit leerders nie. “ʼn Aantal voorvalle is aangemeld waar óf die leerders óf die ouers die skool genader het oor mishandeling van swart leerders, maar geen stappe is gedoen nie en daar was ook nie enige verdere inligting bekend gemaak oor die klagtes nie. Die skool het ook nie stappe gedoen teen die betrokke onderwysers nie.”

Swart leerders van die skool het in Augustus opslae gemaak toe hulle die instansie se beleid oor haarstyle veroordeel het.

ʼn Paar van die meisies het in daardie stadium aan Lesufi gesê hulle word gedwing om hul hare reguit te maak en Afrika-haarstyle soos die Afro te vermy. Ander het aangevoer hulle is “apies” genoem.

James Tubb, lid van die skool se beheerliggaam, het ook onvoorwaardelik om verskoning gevra. “Aan al die leerders wat onregverdig behandel is, vra ons onvoorwaardelik om verskoning,” het hy gesê. “Ons sal seker maak dat onverdraagsaamheid en rassisme, waar dit ook voorkom, uitgeroei sal word. Ons wil ʼn ten volle nie-rassige skoolomgewing hê. Dit was nooit ons doel om rassisme op enige manier te duld nie. Ons glo dat Pretoria High School for Girls ʼn skool is waar leerders gelyke geleenthede geniet.”

Lesufi het gesê die aanbeveling is dat die skool diversiteitsopleiding moet ondergaan asook ʼn kulturele bewusmakingsprogram. “Onderwysers en leerders moet daaraan deelneem om seker te maak dat daar ʼn behoorlike begrip is wat betref ras, geslag, kultuur en godsdiens. Die skoolbeheerliggaam moet ook hierby ingesluit word.”

Lesufi het gesê die ingryping moet teen April 2017 afgehandel wees.

Daar is ook bevind dat die huidige samestelling van die skoolbeheerliggaam nie verteenwoordigend is van die rasse-demografie van die skool nie. Daar word aanbeveel dat swart ouers ook by die beheerliggaam ingesluit moet word.

Lees alle vorige berigte oor Pretoria Girls High op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

varkie ·

Ag my genade gee vir die swart leerder elkeen n suigstokkie en gee vir hul hul eie skool en laat die WIT leerders hul eie skool kry dan kan daar mos nie rasisme wees nie wat de hel hul raak nou regtig afgesaag maar nee hul wil als net hê en hê

Chrisjan ·

Ai dis so jammer. Dit sou egter nooit in die apartheidsjare kon gebeur nie.

DewaldS ·

Hahaha – so lyk die redelike en versoenende benadering deur swartmense waarvoor die witmense hulle ordelike voortbestaan en toekoms weggestem het…..

Ai tog ·

Ai tog, hier gaan ons alweer!
Lesufi, daar is seker ook té veel WIT onderwysers. Maak ‘n plan jong, maak ‘n plan.

not in wonderland ·

Ja, wens ons kan nou begrafnis hou vir hierdie “rassisme”. As iemand hard genoeg skree, glo almal dit. Ek gaan nie meer nuus kyk nie. Vanogend gekyk hoe Pieter Mulder se woorde telkens verdraai word, maar hy was wakker en het die dame op haar plek gesit.

Sannie ·

Siestog mens moet seker die man jammer kry. Ken net een woord en dit is rassisme. In sy woordeskat bestaan daar ook nie omgekeerde rassisme nie. Net wittes is rassisties.

jaco ·

oppas om die uitdrukking “omgekeerde rassisme” te gebruik, veral as jy wit is. dit skep die indruk dat rassisme eintlik oorspronklik n wit eienskap is en dat die enkele swartes wat hulle daaraan skuldig maak, dit by wit mense geleer het. dis nonsens dat rassisme = wit velkleur. dis n lelike eienskap van mense regoor die wereld. die Japanese doen dit vandag nog met die groupie koreane in japan, die Zulus in SA is nie altyd op goeie voet met die Xhosas nie, regstellende aksie soos toegepas deur ons swart regering diskrimineer ook teen kleurlinge en indiers, Ens ens ens.

Cacophony ·

En die verskoning vir die skool wat Afrikaans heeltemal afgeskaf het?

Antonio Sonelli ·

Een van die dae sal hulle n wet moet maak om mense te verbied om skaak te speel. Die swart en wit blokkies is juis baie verdag.

Simon ·

Mnr Lesufi moet baie mooi dink wat die ooreenkoms aangaande rassisme en viktimisasie behels.
Behalwe dit wat hy dink mag daar dus ook geen rassisme en viktimisasie teenoor WIT LEERDERS gepleeg word nie.
Daar bestaan by my die vermoee, Na aanleiding van vorige optredes en uit sprake deur Mnr Lesufi dat hy nie onbevooroordeeld na die skoon gekom het om die saak ten volle te ondersoek nie.
Hy het uit vorige onder indigenous met n voor op gestelde bevindings na die skoon gekom om bevestiging vir sy voor oordeel te kry.
Ek lees tussentyd die Lyne van die berig daar daar allerlei onbevestigde “aantygings” gemaak is sonder dat die waarheid daarvan bepaald is.
Maak self u afleiding hiervan.

vermeende ·

Nou hoekom is sy verskoning genoeg, soveel blankes het al verskoning gevra vir hulle rassisme maar moes nogsteeds deur die hof en MRK getug word soos Penny en nou ook die doodkis saak.

Verskoning van hom af is nie genoeg nie, beboet hom R5 000 000.

Wilbro ·

“Anti-Rassisme” is n kodewoord vir blankehaat (Kaukasofobie).

Vonkelwyn ·

Ironies dat as jy elke dag al die kommentaar hier lees, sal jy opmerk dat die meeste mense hier rassisties is.
Nou kla hulle as die regering dit vir hulle uitwys.

Klink amper soos die ou van die SABC wat joernaliste wil sensor omdat hulle blykbaar vals inligting versprei, maar dit is juis feite wat hulle versprei wat die skuldiges nie van hou nie

Chrisjan ·

Vonkelwyn, almal is rassisties. Die blote feit dat jy rassisme kan uitwys, maak jou ook ‘n rassis.

Wat is jou definisie van rassisties?

Oom Kalahari ·

Mnr Lesufi moet hom liewer meer bepaal by die besigheid van die dag en ophou om oral kop in te steek en rassisme kaartjies trek. Kry dan liewer ‘n skool waar jy die onderwysers en leerders se voetjies met salf smeer en in wattejies toedraai en hul sagkens speen vir die toekoms. Hierdie ou woorde van viktimisasie en “rassisme is al holgery en steeds wil jul uiteenlopende culture saam dwing en waarom nie al die verkwiste gelde gebruik om skole te bou en leerlinge met hul onderwys personeel in hul moedertaal tegemoet kom en oplei nie.

Vonkelwyn ·

Jy sien oom Kalimarie. Jy en afrikaners eis dat julle moedertaal tegemoed moet kom. Jy wil onderrig word volgens jou afrikaanse standaarde en beginsels.
Maar dan in dieselfde sin, sien julle niks daarmee fout as swart dogters nie volgens hulle kultuur hulle hare mag dra nie, maar hulle moet onderwerp word aan die wit kinders se haarstyle.
Bietjie belaglik en dubbelstandaarde, is dit nie?

Daar is net een ding wat verantwoordelik gaan wees vir die Afrikaner se uitwisting, en dit is die Afrikaner homself

chrisp ·

V onkelwyn, stadig met jou naam ek dink jy het ‘n oormaat daarven in.

As elk sy eie kultuur binne sy eie skool kan uitleef sal die probleem nie ontstaan nie of wat meen jy?

Phumba ·

Jy sien vonkelwyn, die saak staan so, swart leerders wil na wit skole toe gaan met wit onderwysers wat Afrikaans praat omrede die kwaliteit van die onderrig ligjare bo die van die swart skole is. Dan, as hulle daar is, wil hulle begin baklei vir hulle etniese regte. Volgende is dit vir engelse onderrig en voor jy jou oe uitvee sit jy met nog n “swart skool” met swak onderwysers (unie lede met gekoopte kwalifikasies), swak finansiele bestuur (die hoof kan tog nie in ‘n gewone middelklas voertuig ry nie) en opstandige (ongeskoolde) ouers (wat skole afbrand want die skool kan nie meer kwaliteit onderrig gee nie)

Rakende hare, van wanneer af is ‘n afro ‘n kultureele reg, hoeveel volwassenes sien jy met afro’s. Of wat van dreads (was nog nooit ‘n inheemse styl nie).

Voor jy by ‘n skool aansluit, voor jy vir ‘n besigheid begin werk moet jy tog jouself vereenselwig met die beleid /reels van die instansie en as jy nie ssamstem nie – gaan elders! Dis tog die logiese gevolg.

Flintstone ·

Vonkelwyn.Waarom sien ek nie hoe jy jou mond uitspoel rakende die Meyerspark laerskool waar onskuldige kinders die slagoffers is van rassehaat nie?As jy mooi kyk sal jy sien dat elke muntstuk in die werel twee sye het.Party ignoreer egter gerieflik hierdie feit .Jy praat van uitwissing-verduidelik wat wil jy daarmee sê?Dat een kultuur se toekoms in die hand van ‘n ander gesetel is?God alleen bepaal die toekoms van die mens-nie meerderheids-sentiment nie.

Waarheid ·

Ai tog…glo as ons almal môre grys van kleur is sal kinders nog kinders bly want kinderagtigheid moet ontgroei word en geestelike volwassenheid en selfrespek het GEEN KLEUR. EMOSIONELE VOLWASSENHEID is ‘n vereiste nié iets wat onverskoning voor gevra moet word!!!! Onvergeeflik skandelik vir persoon in sy hoedanigheid. Veroorsaak verwarring en mors van kosbare onderrigtyd kinders en volwassenes het te veel ledige tyd om van onbenullige miershopie BERG te maak.

Oom Kalahari ·

Ja Tokkelwyn, ons Afrikaners heg waarde aan ons moedertaal en glo my baie water moet in die see loop voor die Afrikaner uitgewis sal word. Dalk is sy uitwissing deur die uitverkopers. Natuurlik voel ons Afrikaner om in sy eie standaarde en beginsels opleiding te ontvang as wat die huidige verdraaide sisteme wat aan die orde van die dag is. Soos jy dan nou sal noem “julle” ek neem aan die Afrikaner waarna jy tereg verwys, wel ons sien weldra geen fout daarin dat die swart dogters hul hare kan of mag dra in enige vorm wat hul pas en volgens hul kultuur, maar moenie dit op ons wil afdwing waar al die jare die nodige reëls en regulasies wel van toepassing was en nou gebuig moet word om sekeres te pas. Doen dit in eie gemeenskaps skole en waarom dan net altyd wil indring en dan regte opeis waar ander s’n onvanpas is. Nee geen dubbel standaarde was ooit gewees waar elke kultuur homself kon uitleef in sy eie gemeenskap. Ook bietjie belaglik dat die skool reëls dan net op die wit kinders van toepassing moet/mag wees maar die ander het vrye teuels. Is dit dan ook nie dalk dubbel standaarde nie?

Etienne ·

Vonkelwyn – dalk het dit na jou kop toe gegaan ? Terwyl jy al die wysheid in pag het (jy begin klink soos iemand van die SABC wat vir alles ‘ n oplossing blyk te hê) Wat is jou persepsie rondom Indiër skole waar hul geloof en kultuur die skool definieër – gaan jy hulle ook as rassiste uitkryt ? Woord van waarskuwing – vir moord kry jy 5 jr en vir rassistiese opmerkings tot 10 jr….

Basson ·

Geen melding van die UITERS rassistiese toespraak wat an bewering deur ‘n swart leerder gelewer is wat eintlik aanleiding gegee na hierdie situasie?

pieter ·

Ja, krap die saak behoorlik oop. Vertel ons meer oor die toespraak. Mnr Lesufi se sg ondersoek is duidelik so polities gedrewe en hy wys by herhaling sy obsessie met ras net as hy wittes en Afrikaners as skuldiges kan voorhou. Wat ek ook nie kan verstaan nie is Kyknet se eensydige hantering van die saak in hul nuus gisteraand.

Lance ·

Ook al waneer hy in die nuus is as hy iets oor ras se …net soos baie ander wat niks anders kan bydrae nie behalk opstookery …is dit nou sy werk om oor ras iets te se heeltyd of doen hy ander goed ook

elsja ·

Enigste land in die wereld waar MEERDERHEID teen MINDERHEID beskerm word

sarie van heerden ·

Ons het in die verlede geweet wat die reels van die skool is en al het ons gedink sommiges daarvan is half belaglik het ons die reels gehoorsaam . Mense is mos opgevoed om wette en reels na te kom. Die beste manier om jou selfrespek te behou is om by jou soort te hou en jou tradisies daar uit te leef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.