Lesufi se kop geëis oor tender-uitlating

Panyaza Lesufi. (Foto: Verskaf)

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, se kop word geëis nadat die Sondagkoerant City Press ’n opname bekom het waarin Lesufi onder meer sê dat dit sy verantwoordelikheid as LUR is om te verseker dat tenders “sy mense” tevrede stel.

Daar kan ook in dié opname gehoor word hoe die LUR tydens ’n vergadering aan sy span sê dat amptenare daarvan seker moet maak dat hulle betyds hoor wanneer beheerliggame tenders adverteer.

Solidariteit het Sondag geëis dat die LUR met onmiddellike effek geskors word.

“Duisende Solidariteit-lede gee hulle bes om kinders uitnemend, in uiters moeilike omstandighede, te onderrig. Terwyl hulle skool gee, help die LUR van onderwys om hulle hulpbronne te plunder. Dis ʼn misdaad teen onderwysers, kinders en ouers,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Solidariteit versoek nou dat Lesufi nié net geskors moet word nie, maar dat hy ook aangekla en uit sy amp ontslaan word. Solidariteit meen Lesufi en sy kaders het “plunderaars onder die dekmantel van ʼn regering geword”.

“Die Grondwet skryf ʼn effektiewe staatsdiens voor en nie effektiewe kaderbemagtiging nie. Indien Lesufi nie geskors word nie, word kaderbemagtiging gekondoneer. Ramaphosa en die ANC kan nie sekeres vra om opsy te staan en ander plunder rustig voort nie,” sê Hermann.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Mariana ·

Dit sal ‘n heugelike dag wees as hierdie een sy trekpas kan kry, vir ons kinders en ouers en die onderwys as geheel. Hy is ‘n slang, maar dit sal nie gebeur nie, hulle hou hulle maatjies styf vas in die ANC.

Aikie ·

Met deesdae se uitwysing en aankla van korruptes lyk dit of daar ‘n ligpunt is in die tonnel. Ek hoop net nie dis die ANC-wat-alles-ignoreer trein wat aankom nie.

My siening ·

Die het ons geweet hy is skelm maar nou wag ons vir die skelm anc om te sien hoe hulle die een gaan hanteer.

Sarel ·

In Gauteng is Lesufi die ANC se goue seun net soos wat
Magashule i n die Vrystaat was. Hy is ook die volgende Kandidaat vir Gauteng se Pre.mier. Daarom kan hy doen
en sè net wat hy wil

Pieter ·

Solidariteit praat gaan ons niks help ons moet begin met n belastingboikot die ANC gaan nooit op hou plunder nie.

Dries ·

Netso. Hulle moet plan maak of harder veg vir onafhanklikheid iewers

Grassie ·

Wat Sarel hier bo sê is reg, maar ek dink dit gaan selfs nog verder. Ek sal nie verbaas wees as hy die volgende minister van onderwys in die sentrale regering gaan wees nie. Sy haat teen blankes en Afrikaans laat hom kwalifiseer vir die pos.

Casper ·

Hy is mos die man wat gal gbraak oor afrikaanse skole.Kyk watter skole het die beste slaagsyfer en dan besef jy dit is jaloesie omdat our people alle verskonings uitdink vir hulle mislukkings.Viva Afrikaans viva.

daniel ·

Ongelukkig is dit so dat die ANC spesialiseer in aanstelling van mense sonder gewete, blote skandelike kriminele, vir wie oneerlikheid so normaal is as om te eet.

Persheks Adri ·

Hy doen in elk geval nie sy werk nie hy is lus useless! Vervang hom met iemand beter ASB pffft

Jacobus ·

Versigtig mense – die geluide wat hy maak plaas hom in die voorste linies vir bevordering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.