Lesufi sê Maandag oor chaos met plasings by skole

Talle ouers wou weet wat die doel van aanlynsoeke was, as hulle stééds ure lank in toue by streekkantore moet staan om plek vir hul kinders in skole te probeer kry. (Foto: ChefKat MOLEFE/Twitter)

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, gaan na verwagting Maandag ouers op die hoogte van sake bring ná talle probleme die afgelope naweek by die departement se streekkantore ontstaan het.

Lesufi se kantoor het gesê “ouers het uitdagings ondervind”.

Beamptes is aangerand en toerusting en geboue beskadig toe tientalle ouers Sondag na streekkantore opgeruk het om te verseker hul kinders word geplaas in hul voorkeurskool.

Die plasingsproses moes teen die einde van verlede maand afgehandel gewees het, maar dít het nie gebeur nie. Gister het Lesufi getwiet dat die meeste “goeie skole” volle kapasiteit bereik het en dat daar nou na alternatiewe gesoek word. Hy het die onderneming gegee dat geen leerder nié geplaas sou word nie.

Die spertyd vir die plasing van gr. 1 en gr. 8-leerders is intussen uitgestel aangesien meer as 40 000 leerders steeds nie plek in skole het nie. Die spertyd is nou die einde van dié maand.

Altesaam 234 290 leerders is reeds geplaas terwyl 43 797 nog nie plek in skole het nie. Die departement het ook gesê dit is kommerwekkend dat sowat 4 700 leerders se ouers nog nie hul plasings aanvaar het nie. Daar word ʼn beroep op ouers gedoen om die plasings te aanvaar aangesien die plekke ná ʼn tydperk van sewe dae nie meer beskikbaar is nie.

Tot dusver is 411 skole reeds vol, hoewel van die skole reeds hul kapasiteit verhoog het om nog leerders te kan inneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

KO ·

Hy het nie n glu wat aangaan nie, kom ons verander die sisteem.

Jacques ·

Ek is regtig dankbaar ons bly nie die gebied met al die probleme nie . Hier gaan ons net elke jaar aan na die volgende graad met geen probleme nie . Ek sal egter net wil weet wanneer gaan die departement besef dat die STELSEL nie werk nie , want dit is elke jaar dieselfde uo storie van die STELSEL is oorlaai ??

Kaap ·

Laas jaar het ek dieselfde gesê. Met geen slegte bedoelings nie. En word toe sleggesê deur iemand anders, wat toe ook sê, hy is bly hy woon nie in die kaap met waterprobleme nie… wou net sê, ek is ook dankbaar; voel vir julle wat so moet sukkel.

Johann ·

NOG n voorbeeld van die resultaat van beplande moedswilligheid om chaos te verseker. Mens noem dit ANARGIE.

Jacques ·

Ek is regtig dankbaar ons bly nie die gebied met al die probleme nie . Hier gaan ons net elke jaar aan na die volgende graad met geen probleme nie . Ek sal egter net wil weet wanneer gaan die departement besef dat die STELSEL nie werk nie , want dit is elke jaar dieselfde ou storie van die STELSEL is oorlaai ??

K P ·

Lesufi is seker weer besig om weer n ou landsvlag te soek tussen die rugby skare. Solank hy net nie sy werk hoef te doen. Dink nie hy het n idee wat om te doen behalwe as dit kom by rassistiese uitsprake

Cora Simpson ·

Lesufi het getwiet dat die meeste “GOEIE SKOLE” volle kapasiteit bereik het. Sekerlik kan hy nou ‘n lys gee watter is goeie skole en watter is slegte skole. Watter ouer by sy volle verstand wil ‘n kind in ‘n skool sit waar die Minister van Onderwys se dis ‘n SLEGTE SKOOL.

Oud Onderwyser ·

Alle ou model C-skole is goeie skole, daarom word duisende leerders soontoe aangery vanuit die townships.

Lonnie du Plessis ·

Maar was die man dan opgehemel deûr David Mabusa dat hy sulke uitstekende werk doen nie.?? Kon nie eers die bevorderings pos aanvaar nie want wie gaan sy wonderlike werk voortsit!

James ·

Hy te besig met afrikaans en name verander. Shame as dit by die regte werk kom wonder hy wat nou..

Michiel ·

Solang ons nie ons eie ding doen, en ons talente saambundel, en vreedsaam oor ons eie toekomst beslis sal ons slagoffer bly van die onderdrukker.
Ons werk onwillig mee aan ons eie ondergang. Hy weet dit, en hy gebruik dit goed om ons met ons eie middele te ondermyn.

Bou ·

Kom ou L, bou bietjie ‘n skool of twee vir jou mense. Waar het jy nou gesien sogenaamde opgevoede ouers wat hulle kinders in ons top skole wil prop rand beamptes aan?

Hb ·

Plaas bepaal hy hom met dit waarvoor hy verantwoordelik is en bly van twitter af met sy belaglike uitlatings!!!

PPP ·

En wat van as Boettie En Sussie nou in twee veskillende skole geplaas gaan wees

Speedguard ·

Dit is presies wat nou aan die gebeur is, my dogter gee skool en is dit ‘n baie groot probleem, almal is verward en geskok oor die toestand van sake !!

chrisp ·

Gelukkig het die Proteas die rugby wereldbeker gewen wees positief alles gaan nou regkom…….

JohanR ·

Kan ons nie ou Lefusi laat skrum teen ‘n paar manne en vroue wat meer bekwaam is nie? As hy die einstryd wen dan bly hy aan, As hy verloor is hy uit!

Bernard ·

Hahaha. Wag vir nasionale gesondheid. Mense gaan soos vlieee sterf deur te wag vir n plasing na n hospitaal of om befonsing te kry… Tenminste is ons wereld kampioene in Rugby…. Sokker kom nog sodra Eskom uitgesorteer is…

AJB ·

Lesofi draai nou al aan die rondte dan sien hy vlae wat nie bestaan nie.

HENDRIK JANSEN VAN VUUREN ·

Wat nou van ons wat gister in lyne gestaan het? En vir ons gesê is ons sal vandag sms’e ontvang?

Peet ·

Beloftes Lesufi, beloftes. Aan die einde gaan jy tog net weer Afrikaanse skole die skuld gee. Tussen ons, waar is daai Biljoen wat verdwyn het – naam borde is tog nie so duur nie!

Adam ·

Jammer dat die ANC regering nie besef dat hordes skole gebou kon word met die geld wat deur hulle en hulle maatjies geplunder of wanbestee is nie. Dit is die probleem.

Susna ·

Sal baie graag die name en redes van “sy” goeie en slegte skole wil sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.