Lesufi se rassisme-raad ‘ongrondwetlik’

(Foto: pixabay)

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, se voorgestelde adviserende raad wat onderwysers en leerders moet ondersoek vir rassisme, is ongrondwetlik.

Lesufi het verlede maand aan die Gautengse provinsiale wetgewer gesê dat hy ʼn komitee op die been wil bring wat die onderwyssektor in die provinsie vir rassisme sal monitor.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se nasionale voorsitter, het Vrydag gesê volgens die skriftelike antwoord wat die party van Lesufi ontvang het, is die rede vir die skep van die raad omdat wit mense rassisties teenoor swart mense is.

“Geen melding word gemaak van swart op wit rassisme nie. Dit is dus vir die VF Plus baie duidelik dat die raad tot stand gebring word ten einde wit onderwysers en leerders op ʼn eensydige wyse te ondersoek sonder dat ag geslaan sal word op omgekeerde diskriminasie en rassisme,” het Alberts gesê.

“Die VF Plus beskou dus die skepping van die raad as ongrondwetlik aangesien dit eensydig en arbitrêr diskrimineer teen wit onderwysers en leerders en sal ʼn klag hieroor by die menseregtekommissie (MRK) indien.”

Alberts sê die beplande verwysingsraamwerk van die voorgenome raad gebruik onder meer voorbeelde soos die uitsluiting van swart leerders uit skole en die gebruik van taal en godsdiens om sekere leerders uit te sluit as rasionaal vir die daarstelling van die raad.

“Dit op sigself dien as bewys dat die voorgenome raad ook gebruik gaan word om sogenaamde data te versamel om nie-Engelstalige skole te teiken om hul taalbeleid te verander op grond van voorvalle van rassisme.”

Alberts sê dit is eintlik net sogenaamde ANC-kode om Afrikaanse skole by te kom en alle skole te dwing om meertalig te word, wat weer gaan lei tot uiteindelike Engelstalige skole. Die VF Plus sê hy beskou die voorgenome raad net as ʼn instrument wat die vernietiging van Afrikaanse en ander nie-Engelstalige skole moet verhaas.

“Die ironie hiervan is dat Afrikaanse ouers se belastinggeld gebruik word om die raad te skep en sy lede te betaal wat daarop gerig is om hulle taal en kultuur te help vernietig, terwyl Afrikaanse skole alreeds net 6% uitmaak van alle skole in Gauteng.

“Dit is duidelik dat Lesufi se obsessie met rassepolitiek geboorte gegee het aan nog ʼn polariserende gedrog, die keer in die vorm ’n Sowjet-era rassismepolisie wat op onskuldige mense spioeneer.”

Die VF Plus sê hy gaan alles moontlik doen om die totstandkoming van die raad te stuit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Flip ·

Die wat hierdie raad goedkeur sit met n minderwaardigheids kompleks en dan is alles ook apartheid of oom Jan se skuld….

Juffrou ·

Dié vent doen/sê enigiets om tog net die media te haal. Wat ń absurde plan nou weer. Hy is rassisme op steroïds. Moenie vir dié vent enige lugtyd gee nie. Hy het sy oog op ń ministerspos. Verwyder hom tog betyds.

Andre ·

So maklik, skei wit en swart skole. Dan is al sy probleme opgelos. Behalwe die slaagsyfer.

JohanR ·

En die “adviserende raad” sal seker ontstaan uit ANC pelle, sal almal swart wees en sal elk oor die R2 miljoen ‘n jaar verdien!

4ntj13 ·

Lesufi bevorder swartmense se xenofobie. “Rassisme” is ʼn holruggeryde woord wat weinig van sy oorspronklike betekenis behou het. Ek stel voor ons staak die gebruik daarvan uit erkenning dat die betekenisverskuiwing net die oorspronklike probleem vererger het. Feite sal bly staan. God het twee millenia gelede reeds die vader van leuens verslaan.

Hoekom ·

Die “Inquisition” of jy kan dit ook noem die Nazi Gestapo is terug…Dit is maklik vir ‘n oningeligte persoon om die foute van die verlede te herhaal. Die enigste leesstof wat hierdie politikuste teekom is op twitter. Dit is hartseer as ‘n mens besef die ware tekort aan kennis en wysheid wat jou land se leiers aan beskik. Suid Afrika is ‘n Idiocracy…

DieKriek ·

Het ons nie elf amptelike tale nie? Hoekom net Engels en Afrikaans in skole? Praat alle swartes dan net Engels? Ek het gehoor moedertaal onderrig is wenslik. Waar is die ander tale se skole en handboeke? Onderwysers? Kan die LUR nie eerder skole bou met die geld wat hy in spioenasie wil belê nie?

Jr ·

Daar is net twee tale wat enige iets wat geuiter kan word in enige wêreld taal. Dit is Engels en Afrikaans. In die ander tale veral swart is daar nie woorde vir duisende dinge of expressions. Bv in mynbou is n “stope ” ‘n werksplek waar goud uitgehaal is. In Afrikaans is dit ‘n ” afbou ” werksplek “. Daar is nie n woord vir dit in hulle taal. Dit is die twee tale wat vir enige woord wat geskryf kan word n woord het.

katerinadiekat ·

Ja natuurlik as hy wou, kon hy die geld liewer vir skole bou of opknap bestee. But for him, where is the fun in that? He gets all the fun and pleasure in life from trying to persecute white people.

Jacobus ·

Dear Mr Lesufi. Why on earth would you want to waste more resources with another politically biased body? Why on earth also do you take apon yourself to stop, wreck and delay things that work? Not even mentioning food distribution.
Please look at the KPI’s of your job (that we pay for) and stick to it. Build new schools and fix unhygenic things at rural schools. Stop taking aim at everything Afrikaans. There are surely other Europhile institutions that could also occupy your time.
Soltech aims to contribute to this country’s growth. Hands off! This has got to stop! The inquisition stopped centuries ago. Weed out blatant racism perpetrated by ALL races.
Please.

Ria ·

‘N goeie begin, en die enigste, sover dit my betref, is om ministers ‘n eed te laat aflê waarby hille sweer om enige vorm van rassisme aan te meld en op te tree daartee. As die minister ,’n rassis is, gaan ons nêrens kom nie

Vrystater ·

Lesufi se rassistiese stellings en optrede is bloot taktiek – ‘n taktiek om die aandag af te lei van wesenlike

Vrystater ·

Lesufi se rassistiese stellings en optrede is bloot taktiek – ‘n taktiek om die aandag af te lei van die wesenlike mislukkings, vergrype en korrupsie van die ANC tot nadeel veral van sy eie ras.

Ons moenie in die strik trap om ons aandag, energie en emosie op sulke rookskerm politiek te mors nie. Wanneer ‘n politikus met sulke slenters vorendag kom om sy falings te verberg, moet ons sy nuwe inisiatiewe in die kiem smoor deur feite in die media wat sy swak onderwys administrasie en verwaarlosing van onderwys aan almal, en sy onvoldoende skole en swak onderwys aan sy eie ras, ontbloot.

‘n Onderwysleier wat hardwerkende skole wil kaap om sy eie swak onderwysbestuur op te dollie, voel duidelik niks vir sy eie mense nie. Hy moet gedurig op die agtervoet gehou word.

Die boodskap aan die ANC moet duidelik wees: hou op wegkruip agter julle rassisme om die aandag van julle korrupsie af te trek, en sorteer julle korrupsie gemors uit. Dan sal daar genoeg geld wees vir skole en onderwysers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.