Lesufi sê sy woorde is verdraai

Panyaza Lesufi (Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Panyaza Lesufi is hoogs ontsteld oor ’n onlangse mediaberig waarin daar glo geïnsinueer word dat hy ten gunste van die herinstelling van lyfstraf is. Die Gautengse LUR vir onderwys ontken nou dié bewering ten sterkste en beoog om ’n formele klag by die Persombudsman te lê.

Die betrokke mediaberig is Woensdag gepubliseer nadat die Gautengse LUR vir onderwys Dinsdag die Fred Norman Secondary School in Ennerdale, Johannesburg, besoek het ná ’n argument tussen ’n onderwyser en ’n grootouer in ’n klaskamer.

Die LUR is tydens die besoek deur gemeenskapslede gevra of lyfstraf afgedwing behoort te word aangesien daar talle gevalle van swak dissipline in Gautengse skole aangemeld is.

“Lesufi het geantwoord dat dit die gemeenskap se demokratiese reg is om sekere onderwysbeleide te hersien indien hulle dit wil doen. Hy het egter nóóit die toediening van lyfstraf op enige manier voorgestaan of ondersteun nie,” sê sy departement nou in ’n verklaring.

“Die hersiening van ’n sekere beleid is nog nooit gelykgestel aan die ondersteuning van ’n bepaalde siening nie. Hierdie storie is doelbewus verkeerd vertolk deur ’n joernalis wat jare al ʼn wrok teen my en die departement koester, in so ’n mate dat hy altyd die inligting wat ons met hom in ons antwoorde deel, verdraai,” meen die LUR.

Hy bestempel voorts die artikel as “misleidend” en “onakkuraat”.

Maroela Media het vroeër berig die betrokke onderwyser by die Fred Norman Secondary is ná die argument met ’n grootouer as ʼn voorsorgmaatreël tot verdere kennisgewing by dié skool verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nie Verbaas ·

En daar kom die hoof voorvereiste van ANC regering vir n pos na vore. Dit was nie ek nie. Altyd iemand anders se skuld.

Charl ·

Is reg, bring lyfstraf terug, sal ál taal wees wat vandag se ongepoetste, ongemanierde kinders sal verstaan !

SjN ·

Dit is al taal wat hul verstaan, howe moet ook lyfstraf weer instel soos in verlede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.