‘Lesufi se uitsprake druis in teen SA’ners se grondwetlike regte’

panyaza lesufi

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys. Foto: ANA.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het gesê skole behoort verteenwoordigend van alle “groepe” in die land te wees en dat daar nie plek is vir skole wat net een groep verteenwoordig nie.

Melanie Buys, hoof van stelsels by Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS), meen dié uitspraak druis in teen Suid-Afrikaners se grondwetlike regte.

Lesufi het ook gesê taal kan nie gebruik word om leerlinge uit te sluit nie. Hy het beklemtoon dat hy nie ’n veldtog teen Afrikaanse skole in die besonder dryf nie, maar ook ’n probleem het met skole wat net onderrig in Zulu of Venda bied.

Buys sê hierdie uitsprake is teen die grein van die grondwetlike beginsel van eenheid in verskeidenheid. “Lesufi toon ’n absolute disrespek vir gemeenskappe se taalverskeidenheid en totale onkunde omtrent wêreldwye navorsing oor die opvoedkundige belang van moedertaalonderrig.  Hy is ʼn diktator wat alle mag vir homself wil toe-eien om toelatings en aanstellings sentraal te beheer.”

Buys sê Unesco, waarvan Suid-Afrika lid is, erken moedertaalonderrig as ʼn basiese mensereg. “Die organisasie se Global Education Monitoring Report van 2016 bewys onomwonde moedertaalonderrig het deur die bank ’n positiewe effek op prestasie en dat armoede vererger word wanneer kinders nie in hul moedertaal onderrig word nie.”

Buys het intussen ook gesê die voorgestelde wysigings aan die wet wat leerlinge se toelating tot openbare skole in Gauteng reguleer, sal skoolgemeenskappe magteloos laat om hul eie beleid te bepaal.

Buys sê die voorgestelde wetswysigings kom neer op ’n diktatorskap oor skole en is teenstrydig met die bepalings van ’n demokratiese bestel. Hierdie sentralisering van mag sal nadelig wees vir alle skole. “Daarom sal die SOS, in samewerking met AfriForum en Solidariteit, binnekort ’n veldtog van stapel stuur om ouers en onderwysers die geleentheid te bied om hierop te reageer.”

Lesufi het op 30 Julie voorgestelde wysigings in die Staatskoerant gepubliseer. Dié voorstelle sluit in:

Skole mag nie leerlinge weier op grond van hul ras, geslag, taal, kultuur of godsdiens nie.

Gender-spesifieke skole mag wel leerlinge op grond van geslag weier.

Skole mag nie ’n leerling weier indien sy ouers nie die skoolfonds kan bekostig nie. Skole mag dus nie versoek dat voornemende ouers hul finansiële state aan die skool verskaf wanneer hulle aansoek doen om toelating nie.

Ouers mag nie verplig word om inligting rakende hul kind se gesondheid of vorige wangedrag aan die skool te verskaf nie, ten einde te verhoed dat die skool teen die voornemende leerling diskrimineer.

Leerlinge mag nie verplig word om die missie- of visiestelling van die skool te onderskryf nie.

Toelatingstoetse moet geskrap word.

Leerlinge wat binne ’n 30 km radius van ’n bepaalde skool woon, kan by dié skool aansoek doen. Leerlinge moet tans binne ’n 5 km radius van die skool woon.

Die hoof van die onderwysdepartement sal verantwoordelik wees vir die plasing van leerlinge in ’n skool en het finale sê oor wie tot ’n skool toegelaat word.

’n Skool se beheerliggaam moet die toelatingsbeleid aan die LUR voorlê vir goedkeuring. Toelating van leerlinge tot Gr. R moet ook deur die departement reguleer word.

“Die voorgestelde wysigings gee die LUR van onderwys volle mag oor skole en die skoolgemeenskap sal geen sê meer hê oor hul skool se toelatingsbeleid nie. Deur hierdie wysigings wil Lesufi beheerliggame se reg gryp om beleid te maak en toe te pas, soos uiteengesit in die nasionale Skolewet.”

Buys meen dit sal boonop onredelik wees van die departement om beheer te neem van plasings in gr. R, omdat voorskoolse onderrig nog nie verpligtend is nie. “Skole met gr. R.-klasse voorsien tans self die onderwysers en hulpbronne hiervoor. Die departement betaal net ’n klein toelaag aan hierdie onderwysers.”

Die SOS sal skriftelike kommentaar op die voorgestelde wetswysigings aan die departement stuur. Belanghebbendes het 30 dae (tot 29 Augustus) om op die voorstelle te reageer.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Disselboom ·

Dis waar ja: dit druis in teen grondwetlike regte. So ook korrupsie, grondgryp, SASSA-toelaes wat swak bestuur word, ens ens. Melanie Buys is reg ja. Tegnies korrek. Vraag is wat word gedoen om onderwys weg van die onbeholpe en vyandige staat te neem en Afrikanerkinders ordentlike onderwys te gee? Dis hulle reg, en dis ons verantwoordelikheid! Dis nie net Lesufi wat grondwetlike regte aantas nie, dis ons wat ons plig versuim en so die nageslag se regte aantas.

Tuis onderrig ·

Ek is betrokke by n tuis onderrig sentrum. Kon nie werk kry as onderwyser nie,asgevolg van my kwalifikasies. Toe begin ek ekstra klasse aanbied, dis toe die skoolhoof van die tuis onderrig sentrum my cv sien en my nader sleep. Baie ouers gaan die tuis ondrrrug rigting agv die lefufies in die onderwys.

Johan Neuteman ·

Stem saam dit is dringend om onderwys dalk eerder as ‘n funksie te sien wat deur die kerk en deur die gemeenskap en ouers self bedryf moet word. Soos ek verstaan, maak die wetgewing dit egter moeilik om nie die staat se kurrikulum te volg nie; maar dis darem seker nie onmoontlik as die wil daar is om self onderwys daar te stel nie? Ek wil versigtig wees met kritiek op Solidariteit en Afriforum wat darem heelwat dinge wel doen, maar dit lyk of hulle net ondersteuning van bestaande skoolonderwys gee, maar nie nuwe skole wil oprig nie.

AmY ·

Los hom vir die Venda’s en die Zulu’s. Hulle sal met hom klaarspeel.
Selfs by die nie-blankes is daar kulture wat nie meng nie.
Lusifi se duiwelse planne gaan hom nog duur te staan kon.

Boerseun ·

En nogsteeds wil sommige nie hoor nie. Daar gaan besluit moet word , of jy steun n volkstaat of jy verengels. Daar sal nie n tussen weg wees soos die meeste mainstream Afrikaners nog glo nie.

Wim Kotze ·

Nou praat jy Boerseun, maar ek sien jy is ook reeds in daai hoofstroom van Afrikaners.

Johanna Botha ·

Die ou is belaglik … breek was heel is en krap waar dit nie juk nie

Oom Piet ·

Lesufi ek het nog nooit gelees of gehoor dat jy teen Zulu en Venda beswaar gemaak het ,waar hulle net in dié tale onderrig gee nie. Gee vir ons die skole se name.

aj ·

Die staaskole gee verouderde onderrig soos bedoel vir fabriekswerkers …. wat uit pas is met die eise van die INLIGTINGSEKONOMIE van die wêreld.

Kennis is nie meer in die onnie se kop wat hy/sy oordra aan groot groepe leerders, tussen 4 mure in ‘n fabriekagtige gebou (skool!) nie!

Kennis is nou in die WOLK en dit word van alle mense vereis om kennis op aanvraag (onmiddellik!) te onttrek d.m.v. tegnologie.

Leerders moet sélf leer onder toesig van die ouers, binne hulle veilige huis.

Die staatskole se enigste waarde is om te dien as kinder “store” (warehouses) sodat die kinders nie los rondloop en misdaad pleeg nie.

Staatskole se onderrig is nie die geld en moeite werd wat daaraan bestee word nie. “Fabriekwerker skole” se produkte (leerders) gaan vir altyd werkloos wees omdat hulle uit pas is met die vereistes van die samelewing. Robotte vervang fabriekswerkers wêreldwyd!

Oorweeg liewer goeie relevante tuisonderrig vir die Afrikaner kinders!

Laat Lesufi diktator speel oor leë, verlate skoolgeboue.

X ·

In ‘ n ideale wêreld kan dit werk, maar ongelukkig het alle kinders nie dieselfde vermoëns nie.Sommige leerders MOET ‘n onderwyser se hulp en leiding kry en dit nie deur ‘n skerm nie.En eks baie seker meeste ouers het nie die tyd of die fondse om hulle kinders heeldag te kan onderrig nie. Daar is baie jong en ou passievolle onderwysers wat absoluut hulle beste vir die kinders gee, onder baie swaar omstandighede. Menslikheid ,waardes en liefde sal tegnologie nooit kan bied nie. Om te leer is nie net ‘ n suiwer akademiese in druk van kennis nie, daar is baie ander menslike faktore wat leer optimiseer. Mens maak die beste van n slegte saak.

Hanna Hoekom ·

Dis nou maar net weer n manier om die handjievol funksionerende skole ook af te trek tot op Afrika-standaard. Skole moet die reg he om jong kriminele te kan weier. Ek sal nie my standard 6 dogter in dieselfde skool as n paar jong verkragters uit voorheen benadeelde areas wil he nie. Ons moet die reg he om te weet en te kan weier. Punt.

marous ·

Gaan hy waag om kinders van ander gelowe in die moslem gemeenskap se kele te probeer afdruk ?

Nie die skerpste ·

Lesufi, Nomvula Mokonyane, Hlaudi Motsoeneng, Manto Tshabalala-Msimang en nog klomp ander het niks bygedra nie. Net dinge laat verswak en klomp mense se lewe vernietig. Al die name hier bo glo dat hul reg is en res van wêreld verkeerd is. Gelukkig onthou niemand hulle sodra hulle nie meer daar is nie. Dan sê Melanie Verwoerd nog dat Agriforem nie die ANC moet minag en leuns vertel nie. As ek Lesufi sien, dan sien ek ook Hlaudi Motsoeneng. Hulle is regtig besonders. Dat daar meer van hulle in ons land is, is net ongelooflik.

TLC ·

Wonder wat is sy kwalifikasies want hy klink heel stupid Hy soos kind wat tantrum gooi nie sy sin gekry met Overvaal nie nou try hy sy stempel afvors op ander wit skole Laat ons maar sien jou rassis jy gaan nog groot moeilikheid veroorsaak in ons mooi skole

Asmain ·

Lesufi is die Gautengse LUR vir onderwys. Mens hoor nooit dat die LURe van die ander provinsies so inmeng by die skole nie. Is Lesufi se pos ook hoër as die Minister van Onderwys, want jy hoor nooit niks van die Minister oor Lesufi se manewales nie…lyk my Lesufi is n loose canon wat maak wat hy wil en niemand vat hom vas nie…

1+1 ·

Dis ‘n kwessie van die stert wat die hond rond swaai. “ANC-politiek”

Joe Olivier ·

Het ons geen vryheid van assosiasie meer nie , Lepufi?

Pieter ·

Lesufi se aksies is alles suiwer ras gedrewe.
Hy wil die minderheid onderdruk.

Oom Kalahari ·

Hierdie LUR, Lesufi is besig om anargie deur te bring met geen reels, regulasies of beheer op leerlinge nie. Sy afdwingbare maniere is rassisties gebasseer en verswakte opleidings strukture. Die Zulus en Vendas asook Moslem gemeenskappe sal hul nie laat voorskryf oor hul Moedertaal onderwys nie. Die knapie wil nou maar net die wolf in die skaap kraal loslaat.

RH ·

Ag laat hulle al die skole oorneem en vat. Ons sal ons kinders wel erns anders neem waar die standaard weer is soos dit was en die skoolopvoeding n waarde dra agter daai sertifikaart. Die skole vandag se lesse maak elkgeval nie sin vir n kind se toekom nie en dus sien ek geen goeie rede om my kinders verder in enige suid afrikaanse skool te hou nie. Hulle het elkgeval ons geskiedenis uit gewis en dus ook geen rede om skool toe te stuur nie. Ons onderwysers en onderwyseresse wat mishandel word en aangeval word konstant toon ook geen rede waarom hulle sulke klein mossels moet aandag gee of oplei nie. As hulle maar net wil privatiseer en klasse privaat aanbied sal dit soveel beter uitwerk vir ons mense. Hoeveel onnies gee verskillende vakke en hoeveel kan meer as een vak aanbied? Nou ja. Stig n groep in alles gebiede en sit koppe bymekaar. Julle sal meer respek kry meer geld meer goeie uitslae ek minder strooi van die klomp. Moedswillig sal hulle wees omdat afrikaans meer wit is.

Jacques ·

Kyk na die res van Afrika, dis soos kankerselle, vernietig alles op sy spoor tot alles tot niet is. Die res van die wereld moet net ophou gee en voed.

Charles ·

Asseblief, beveg hom met alles binne julle vermoe !!!

Goddank dat SOS nou die Overvaal uitspraak het om op te steun in die geveg teen Lepufi, derhalwe is Lepufi se poging gedoem tot mislukking. Dank die Here vir Overvaal!

Oom Uncle ·

Is eenvoudig ..die dag as hulle gebore word gee sommer matriek sertifikaat en graad van sy keuse saam met die geboorte sertifikaat. Dit sal baie geld en ellende spaar

Trek ·

Nou wanneer kry ons ‘n Eie Staat?
Werk iemand daaraan?
Ek is gereed vir die Groot trek.

ANGELIQUE ·

Well, if they haven’t been stealing nice word “Looting” all the money…..they should/could have build more schools by now…..especially for mother tongue, that there has not been schools or enough school off…..stop taking the existing schools!!!!!!

Paul ·

En daardeur gaan hy sorg, indien daar sou wees, dat geen Afrikaner kultuur in die skole geduld sal word nie. Dus gaan dit nie net oor taal nie, maar ook oor die kultuur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.