Lesufi: Skole se ‘apartheidsname’ sal vervang word

Panyaza Lesufi

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het Donderdag bekend gemaak dat Hoërskool Hendrik Verwoerd in Pretoria oor drie weke ʼn ander naam sal hê.

Lesufi het die aankondiging tydens die Gautengse middeltermyn-bestedingsraamwerk vir die 2019/20-jaar in die provinsiale wetgewer gemaak.

Die LUR het gesê ander skole waarvan die name ʼn herinnering aan die apartheidsregime is, sal ook verander word. “Jan Smuts sal volg, Magnus Malan sal volg, PW Botha sal volg … tot ons name het wat ons nie aan ons verlede herinner nie,” het Lesufi onder luide toejuiging gesê.

“Ons bly verbind tot ʼn nie-rassige onderwysstelsel in die provinsie.”

Hoërskool Hendrik Verwoerd sal voortaan as Rietondale Secondary School bekend staan. Maroela Media het vroeër vanjaar berig die skool se beheerliggaam het gesê hy is gelukkig met die naamsverandering.

Hoërskool Hendrik Verwoerd (Foto: Maroela Media)

“Rietondale was die naam wat ouers voorgestel het tydens ʼn algemene jaarvergadering en ons is tevrede dat die onderwysdepartement die voorstel goedgekeur het,” het Olga Veldsman, voorsitter van die beheerliggaam, gesê.

Lesufi is destyds toe die naamverandering ter sprake gekom het, daarvan beskuldig dat dit net nog ʼn stap in sy lang lys van aanvalle teen Afrikaans is.

Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, meen Lesufi se uitlatings bevestig net weer sy verbintenis tot die aanstook van rassepolarisasie en sy algehele gebrek aan belangstelling in die bevordering van gehalte onderrig. “Vir hom is hierdie sleutelpos wat hy beklee ’n geleentheid om politieke punte aan te teken en ideologiese speletjies te speel, met Gauteng se leerlinge as speelballe.”

Bailey het gesê AfriForum hou die uitsprake en aksies van die LUR fyn dop. “In die verlede het ons nie geskroom om onderwysdepartemente en hul amptenare wat buite die raamwerk van die wet optree, vas te vat nie en ons bly deurlopend verbind tot die bevordering en beskerming van moedertaalonderrig van hoë gehalte.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Reguit ·

Ai shame kyk hoe seer maak die name die mense net nie!
Kan ook niks beter kry om te doen nie, wonder net wat sou gebeur as alles wat nie blank is nie ook so afgryslike gemaak word hoe sou daar dan nee weer verbrand, geplunder en vernietig en getoi toi word nie!

Duiwelsadvokaat ·

Ek neem aan dis net afrikaanse name van skole wat nou in die visier is….wat van die coloniser name Lesufi? Het nou die dag by Milner High school verbygery, en gewonder hoekom die boere wat soveel smarte onder hom beleef het so naam sou toelaat. Die rede is eenvoudig: geskiedenis….om ons te herhinner waar ons vaardaan kom, en wat ons al moes deurmaak as ‘n volk. Lesufi, jy kan nie die verlede verander nie, al probeer jy hoe hard.

Poot ·

En so wil Lesufi die eer vat. Die skool se beheerliggaam het lankal besluit om die naam te verander alvorens hy dit nou kwansuis gedoen het. “Rietondale” is beter as suzie matwete secondary school.

wilma ·

Asof naamsveranderinge enige verskil aan opvoedingspeil gaan maak!

Ditsem ·

Los ons skole en bou julle eie wat julle kan vernietig. Jy kan nie geskiedenis maak verdwyn nie

Kannie bou nie ·

Die mens en sy party en aanhangers is nie in staat om self te bou nie, soos die geskiedenis wys. Kan net oorvat en vernietig maar nie self bou nie. Ek wonder waarom?

Kobus ·

Is hy nie bietjie mosterd na die maal nie. Is dit nie die skool wat se naam deur die betrokke Bestuursraad verander is nie? Maar nou ja jy sal natuurlik krediet eis.

Opistophthalmus ·

Hulle kan brande ‘bou’…… En dan kerm oor gratis onderrig…te kort aan onderrig materiaal…swak dienslewering,…ens ens

Nee regtig!! ·

Ag shame…. hy wil seker hê een van die skole moet na hom vernoem word!! Wat ‘n ramp!!

Deloris ·

Hy kan niks anders doen nie behalwe name verander…..en dis nou voor waar n groot prestasie….

John ·

Small thing amuse small minds. Wat beteken Panyaza? Miskien het die geagte kundige se ma ‘n aanvoeling gehad van wat kom… soos Nelson Mandela se ma. Nelson is die naam van ‘n beroemde Engelsman… wat… Dit het my nou ontgaan… Maar die voormalige prez het nog ‘n naam… nou vergete…

Johan ·

Lesufi hoop seker dat een die skole na hóm vernoem sal word.

toy ·

Ja die naam maak nie die land ‘n beter plek om in te woon nie. Hierdie beelde wat hulle ook heeldag oprig en dan ander weer verwyder. Hou op beelde verafgod. ‘n Beeld gaan ook nie vrede bring nie.

krie ·

Plaas los hulle die naam veranderings en help die mense wat nie kos en bly plek het nie.
so onnodige geld vir naam verandering.

marous ·

Ja , verander die name sommer na Teerpad Skool en Elektrisiteit Skool en Mielie Skool en Hospitaal Skool en Kraan Skool en Motor Skool en Foon Skool . Dit sal ook na die verlede herhinner as die kinders een dag vir hulle vra wat se goed was dit .

Waldo ·

“Name wat ons herinner aan ons geskiedenis”? So volgende is geskiedenis ook nie meer ‘n vak nie, of gaan ons die geskiedenis boeke ook moet verander om net te vertel van ‘wit koloniale rassiste’. Dankie tog dis nie hernoem na die een of ander nasie-naam nie

Sarie ·

Daar sal altyd iets wees wat hulle aan hul sogenaamde verlede sal herinner!

Henry ·

Ek dink dis beter dat hulle die skole se name moet verander anders draai al die ouens dalk in hulle grafte om as hulle sien hoe dat die skole wat na hulle vernoem was soos verweer en agteruit gegaan het. Ek sou beslis nie my naam gekoppel wil hê aan so hool en agter uitgaan nie. As jy kyk met watse trots en netheid daar vroeër jare by skole was.

Stuiwer ·

Solank die nuwe name neutraal is en niemand aanstoot gee nie.

SjN ·

Daar is groter probleme wat aandag behoort te geniet en nou hou hy hom met die snert.

Santjie ·

Ek is nie seker of daar skole in Atteridgeville is nie, maar kom ons neem aan daar is, gaan daardie name dan ook verander?

DAM ·

Die “eerbare lur” het nie skool name nodig om aan die verlede herinner te word nie, ons sogenaamde leiers herinner die hele wereld elke dag daaraan.

Michael P ·

Rietondale klink Ok ek net bly dit is nie. Blutayuaja of so iets nie.

Stiks ·

Ne ! Dit is deel van hierdie land se geskiedenis ouboet. Wys net hoe swak jy ingelig is

ne ·

@Boet – mooi gesê!
Ek sal graag die geskiedenis boeke van die toekoms wil sien, terroris, tronkvoël, prez.

otterman ·

‘n Terminaal siek regering wat soos ‘n Amerikaanse ” Stage Coach” op die krans afgrond afstuur. Die Koetsier het reeds afgeval, die disselboom is al los van die perde. wat uitwyk om die afgrond te vemy. Dit is net ‘n kwessie van tyd.!!!!

Vonkprop ·

Een van die dae sit ons met ‘n Hoërskool Lesufi, Laerskool Malema en o ja ‘n Zuma Spoeg en Plak creche. Wat van Hoërskool Brandsaam, Hoërskool Breekaf ens ens ens.

Paul ·

Foeitog. Die arme sot kan nie eers sorg dat daar voldoende handboeke by skole is nie. Om sy onbevoegdheid te verbloem kom hy nou met sulke snert te voorskyn. Nog ‘n soustrein parasiet…

kolla ·

Die nuwe naam kon erger gewees het. Weet ook nie hoekom goed altyd na mense vernoem word nie, dis oor die algemeen belaglik. Een ou se vriend is ‘n ander se vyand. Baie beter om name aan plekke of dinge te koppel.

jaco ·

voordat almal nou te kwaad word oor naamsveranderings:
rondom 1960-61 is die toring wat vandag bekend is as die Brixton Toring, in die weste van Johannesburg voltooi. Dit het dadelik die naam Albert Hertzog Toring gekry. Dis vernoem na daardie tyd se Nasionale Party Minister van Pos- en Telekommunikasie, dr Albert Hertzog.
‘n paar later, in 1968, het Dr. Hertzog stry gekry met die eerste minister John Vorster en die res van die Nasionale Party. hy het dus weggebreek en die verkrampte Herstigte Nasionale Party gestig.
En ONMIDDELIK is die naam van die Albert Hertzog Toring na Brixton Toring verander.
So “ons mense” het ook maar name verander om by die heersende politiek van die dag te pas…
“Hulle” het dit maar net by “ons” geleer, maar ek gee toe die skaal waarop dit nou gedoen word is totaal oordrewe.
nog iets wat “hulle” by “ons” geleer het is kaderontplooiing. Ja, ek weet van TALLE gevalle waar topposte in die staatsdiens, Afrikanerbesighede soos Volkskas en SANLAM en selfs moderature van die 3 Afrikaanse susterkerke SLEGS aan lede van die Afrikaner-Broederbond gegee is. Bekwaamheid het seker meer van n rol toe gespeel as in huidige kaderontplooiing, maar die beginsel was PRESIES dieselfde: regerende politici gee jobs vir hulle ander polieke pelle. Die broederbond het trouens besluit dat hulle manne moet voorkeur kry met aanstellings in die onderwys en kerke, sodat “die volk” voortdurend beinvloed kon word om te stem vir “die regte pad” waarop die Nasionale Party dan Suid-Afrika lei…

Thinus Erasmus ·

Mag so wees Jaco. Maar wat was die resultate van daardie jare, as die buiteland ons nie so pak gegee het nie sou dit baie meer suksesvol gewees het. Nou moet ons net dankbaar wees dat die buiteland nog SA verdra en ondersteun anders was ons alreeds Suid-Zimbabwe !

LHS ·

Disom, klink reg vir my, verander Willie Snyman spesiale skool in Pretoria na Lesefu speçial school.

Poot ·

@jaco
Is die laaste 3… nodig gewees jou volle 249 woorde te gebruik?

Niek ·

Kan iemand die agbare LUR vra hoe dit dinge gaan beter maak. Dit is soos om in ‘n wiegstoel heen en weer te ry. Gee jou iets om te doen maar bring jou nerens…

Mia Joubert ·

Gee vir die LUR ‘n klomp bakstene (nie om mee te gooi nie) dan kan hy bitter nodige skole bou. Dit behoort hom lank besig te hou

Johan ·

Nelson mandela het hoeveel mensr vermoor maar hoeveel goed is na hom vernoem? Hou op ons belasting betalers se geld mors

Charlott ·

Ag get over your self. Al verander julle die naam, wat is, sal altyd wees. Dit kan julle nie verander nie.

Nick ·

Niks os meer “ons” s’n nie! Word wakker want ons dom volk gee alles weg!!!

Geitjie ·

Agge liewe hemel, daar gaan julle alweer met die afgesaagde vals liedjie!!!!

Jan ·

Hendrik Verwoerd was eers Michael Brink, die LUR vir onderwys in die SAP regering voor 1948. Hy het die skool begin, maar sy naam moes ook groet. Dieselfde vir Wonderboom Hoër.

INA ·

Ek was in 1957, ’58 & ’59 in HF Verwoerd Hoërskool. Die naam was Michael Brink Hoërskool & is gedurende daardie tyd na HF Verwoerd verander. Ek onthou nog dat hý op diè betrokke dag, by die skool was…

barend ·

ag regtig ……………alles wat julle nie moet pla pla julle en dit wat julle moet pla pla julle nie

Pokkels ·

Dis waar Barend. ek glo die ou het ‘n hengse minderwaardigheid teenoor ons wittes; dalk wou hy wit EN Afrikaans wees. hahaha

Johan Swart ·

….. en die kinders is dommer as ooit ….almal word deurgesit omdat hulle n sillabus wat reeds 5x keer in die verlede makliker gemaak is nog steeds nie kan 40% behaal nie….ons kweek n generasie van idiote.

Madelein ·

LHS Willie Snyman skool bestaan lankal nie meer nie. Die skool is meer as 12 jaar terug geskuif na suiderberg toe dit is nou Suiderberg skool

Lefusi ·

Die ou moet ‘n erge minderwaardigheidskompleks teenoor WITTES hê. Shame. He so wish he could be white AND Afrikaans speaking >>>

Pensioenaris ·

Ag siestog mnr Lesufi, asof enige naamsverandering enigiets sal verander aan die onopgevoedheid en vandalisme wat onder die meerderheid leaders heers. As jy nie van kindsbeen af leer om dinge op te pas nie sal niks ooit in stand gehou en opgepas word nie. Dan is dit beter om liewer al die skole wat nog afrikaanse name en name van leiers het te verander sodat dit nie verbind word met hedendaagse mislukkings nie. Mnr Lesufi jy ly aan ‘n helse minderwaardigheidskomplek en nou
probeer jy op hierdie manier daarvoor opmaak. Mens kan jou net jammer kry.

hannelie ·

Die geskiedenis boeke is jare terug verander. Gaan kyk maar niks meer wat ons geleer het op skool nie.

Dries Moolman ·

Ag ou Lesufi, jou skole wemel van moorde, verkragtings en aanrandings. Maar dis reg, kom ons ‘polish’ eerder aan die bokant en skuif die aandag na die verlede, om julle voortdurende mislukte bewind te verdoesel.

Chrisna Botha ·

Ag jippie, en dit gaan die onderwysstelsel en -gehalte verbeter?

jakes ·

Die agbare ‘Selufi’ krap al lankal waar dit nie jeuk nie. Eintlik is dit nie so erg dat die skole se name verander nie want die standaard van onderrig in skole het reeds begin verswak. Die agtreruitgang en standaarde van onderrig moet liewer gekoppel word aan die nuwe benaming van skole want duidelik is n skool se naam belangriker vir ‘Selufi ‘as die kinders se bekwaamheid vir die lewe wat wag.

Parlement ·

Julle kan die skole se name verander, winkels se sname verander, maar in elke opregte Suid-Afrikaanse Boer klop n warm hart – DIT KAN NIEMAND VERANDER NIE

Dan ·

Dat daar soveel drastiese stappe geneem moet word omdat herinnering e van die verlede julle bang maak?
Net nog ‘n manier om die stryd van Afrikaans en Afrikaner wees te verdoesel..
‘n Mens wat met jou kultuur rondspeel, sal mee gespeel word in die toekoms. Hy sal ‘n lagwekkende ‘figuur’ word, een met perel-oë.. Hy wat kyk, en niks sien nie..

Willem Pretorius ·

Ek voel regtig jammer vir die wat elke blanke en veral Afrikaanse naam wil verander. Nie een van die wat dit wil doen kon nog iets doen om ons land tot voordeel te strek nie, op geen gebied daarom hul wil in die blanke se keel wil afdryf. Ek voel regtig jammer vir hulle minderwaadigheids gevoel….hulle weet hul kan net afbreek….kyk na die land…en niks opbou.

Carel Breytenbach ·

Ai mnr. Lesufi, veral jou apartheid stories oor hekse op besems is al holrug gery. Kry tog end daarmee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.