Lesufi sluit 20 onwettige skole

lesufi-deur-ana-2019-03-11

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys. Foto: ANA.

Altesaam 20 onwettige skole in Ivory Park, Ekurhuleni, is Maandag deur die Gautengse departement van onderwys gesluit.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het persoonlik die skole besoek en hulle opdrag gegee om hul deure te sluit. Dit sluit onder meer in Star Combined, Four Comprehensive en Our Legacy Combined. Dié drie skole het saam meer as 400 leerders in hul klasse gehad.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, sê die departement het reeds begin met ʼn oudit om te bepaal by watter naburige skole al dié leerders plek kan kry.

“My belange lê by die toekoms van hierdie kinders, en daarom moet hulle in openbare skole geplaas word,” het Lesufi gesê. “Ons doen ʼn beroep op ouers om hul samewerking te gee en nie hul kinders in te skryf by ongeregistreerde leerinstansies nie.”

Lesufi het bygevoeg kinders wat deur ongekwalifiseerde onderwysers onderrig word, kry nie gehalte-onderrig nie, wat op lang termyn nadelige gevolge vir die kind se akademiese prestasie kan inhou. Hy het ook bygevoeg dat ongeregistreerde skole dikwels nie vereis dat leerders immuniseringskaarte indien nie, wat kommer oor leerders se gesondheid wek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Joubert ·

“Belange lê by die kinders…” – jy lieg man. Jou belange lê daarin om soveel moontlik geld uit die algemene publiek uit te wurg. Ek’s seker daar’s weer ‘n verskuilde agenda om alle kinders in openbare skole in te forseer.

kolla ·

Hierdie ou doen sy werk, meer as wat van ander staatsamptenare gesê kan word.

wet ·

Onthou toe Mario Ramos die Waterfront in kaapstad verkoop het sodat Transnet ´n wins kon wys? Dis presies wat hy doen. Hy skuif rond maar daar is niks konstruktiefs in dit wat hy doen nie

Karlahari ·

As hy sy werk gedoen het, het hy skole gebou.
Sal goed wees om te sien hoeveel skole is in die 25 jaar voor 94 gebou en hoeveel in die 25 jaar daarna.
In die Oos Kaap us daar nog steeds modder skole met put toilette.

Vonkprop ·

Met sy politieke speletjies kry kinders nêrens meer kwaliteit onderrig nie. So of die skole wettig of onwettig is hy maak seker hy breek alles.

Marius ·

Waar gaan hulle nou vernuut skool gaan en ons gaan moet betaal vir hulle??

Magda ·

Ongekwalifiseerde Onderwysers – 95% is ongekwalifiseerd en 90% is afwesig elke dag – Onderwys is deesdae n GRAP

Papa G ·

Waar het jy jou kennersopinie bekom? Navorsing vir ‘n nagraadse kwalifikasie, dalk? Jy praat absolute snert. Is jy dalk een van daardie 90%?

Hennie ·

Plaas van skole sluit hoekom maak jy nie skole oop nie. Dalk is dit jalosie dat die ongekwalifiseerde onderwysers beter vaar as by die wettige skole

Pieter ·

Daar is nie geld nie ons belasting geld is in eskom denel en s. a. l en die res in hulle sakke

Nel ·

‘n Slim manier om sy sin te kry en Afrikaans-medium skole te verengels.

nabetragting ·

Daar is ‘n LEUENGEES waarvan halwe waarhede deel is, wat in Suid-Afrika losgelaat is, soos nooit tevore in die geskiedenis van hierdie land nie.

JohanR ·

Ou Lefusi sal nie ophou todat daar nie meer een skool naam is in Afrikaans, of een skool waar onderig in Afrikaans gegee word nie. Dit is nommer een op sy “bucket list”! As jy ‘n taal uitwis op skool en universiteit flak, dan sall daai taal naderhand doodgaan.

Janine ·

Wat was daardie skole se slaagsyfer? Is jou plan om die skole te sluit om die kinders te integreer by Afrikaanse skole sodat dei skool kan vernader na Engels..en jul die so die skool naam (en standaard) kan verander na Secondary?

Lou ·

Elke jaar na die matrieks se uitslae bekend gemaak word dan is daar vreeslike planne vir die volgende jaar om die skole wat swak presteer te verbeter. Onderwysers gaan beter opeiding kry en verdere kursusse moet doen ens, ens. Dit gebeur nooit want enige iets wat die departement reel verander in ‘n groot partytjie. Die kususgangers daag laat op, sit en slaap en speel op hulle selfone en dan word daar ge-eet. Oggend, middag en aand word groot ge-eet want die staat betaal.
My punt is: Spreek die werklike probleme aan en los die politieke speletjies voordat dit heeltemal te laat is vir ons land se kinders.

koos ·

Plaas hy help hulle om wettig te word. Maar nee, daar is mos meer as genoeg skole in Gauteng!

Gert van Wierdapark ·

Stem saam met Magda. As dit gaan oor ongekwalifiseerde onderwyser wat nie mag “klas gee” nie, gaan daar choas wees met al die skole wat sal moet toe maak my geagte mini-ster van Onder-wys en bo?

Wenz ·

Waar kan ek n skool rapporteer wat geen sins n benul het hoe om kinders die nodige onderig te gee nie.

GELD is al wat vir hulle tel. My kinders was in die skool, gelukkig kon ek hulle betyds uithaal. Maar nou is daar ouers wat sukkel. Graad 11 kinders wat nog glad nie die jaar klas gery het in van hulle vakke nie.

Johan Maritz ·

Wenz as dit n privaatskool is raporteer hulle by Umalusi (012)3491510

Disselboom ·

Waar rapporteer mens ‘n openbare skool waar die onderwysers nie op hulle pos is nie en/of die onderrig nie op standaard is nie?

Pieter ·

Wanneer gaan die wereld besef hulle kan en sal nooit n land kan best nie al wil hulle hulle is te slim

Ben ·

As ek hy was het ek die skole gehelp om wettig te word. 1) Hierdie mense probeer om hulle self te verbeter. 2) Hulle wys inisiatief. 3) Dit is hulle kinders! 4) Hulle probeer werk skep. Die Staat het al hierdie wette en reëls: Kinders is skoolpligtig maar daar is nie genoeg skole nie, daar is nie voldoende vervoer nie, veiligheid nie, klas kamers nie, onderwyseres nie, Skryf boeke nie. Wat het geword van UBUNTU? 0/10 vir die minister.

Frans ·

Seker daai skole se slaag syfer was beter as die staatsskole in die omgewing en hy doen dit vir die kinders !!!! dis eind eksamen tyd

kolla ·

Onwettig is onwettig. Lesufi bestuur sy departement baie goed. Hy maak ook skole toe wat nie ekonomies vatbaar is nie en verander Afrikaans medium skole waar daar net 10 Afrikaansprekendes in is na Engels-medium. Lyk vir my na die logiese ding om te doen, hy weet wat hy doen.

Adam ·

Kolla, niemand kan verskil met jou argument dat onwettig onwettig is nie, maar ek wil graag vir jou ‘n vraag vra aangesien jy so beindruk met Lesufi is en waarskynlik goed ingelig is oor onderwyssake. Hoe is dit moontlik dat SA slegs 1 uit 5 onderwysers het wat gegradueerd is en hoekom het ons per geleentheid in die laaste paar jaar in die internasionale wiskunde en wetenskap evaluerings in posisie 164 uit 165 deelnemende lande geeindig. Dink jy regtig Lesufi en sy makkers weet wat hulle doen? Besef jy dat die top staatskole nog gehalte-onderrig gee, maar dat die enorme aantal staatskole in arm gemeenskappe se standaard so swak is dat dit nie eens die gebruik van die woord standaard regverdig nie. Ons onderwysstelsel faal ons land se kinders, almal van hulle, terwyl Lesufi en sy maatjies veel meer ingestel is op die aanteken van goedkoop politieke punte as die oplei van diegene wat die toekoms se leiers moet word.

Juffie ·

Ja Kolla, so sluit daar ‘n skool in ons omgewing einde laas jaar – hierdie jaar moet daai kinders skool toe…maar waar? Kom ek sê jou…Lesufi sê ons moet hulle vat, ons sê ons het nie plek of onderwysers vir daai kinders nie. ONS MOET!!!! Nou sit ek met nie 42 kinders (soos gewoonlik) in my klas nie, maar 64, amper ‘n derde van hulle kon nie ‘n woord Engels verstaan of praat in Gr 3 nie. Ons is ‘n English Home Language school. Ek het 15 wat moet druip in my klas aan die einde van die jaar omdat hulle na 8 maande nogsteeds NIKS kan doen nie – maar nee die departement sê hulle moet pass. Nou vra ek jou met trane in my oë hoe de hel moet ek vir daai kinders kwaliteit onderrig gee????? Dis ‘n onmoontlike taak!

Se net... ·

Hier in die Vaaldriehoek is daar so n skool, nogal afrikaans
Waar meld ek dit aan?
Skool fooie hemelhoog raporte baie goed maar kinders leer niks als lyk net goed op papier. Onderwysers almal net n 4 weke kursus geloop

Gogga ·

Ek wil ook graag weet hoe mens kan uitvind of n skool geregistreer is voordat jy jou kinders daar inskryf. Vele skole gebruik ongekwalifiseerde onderwysers ( teen minder vergoeding) sodat hulle lekker geld kan maak.

Renier ·

Die klomp Afrikaners verafgod die staat as instansie so, hulle besef nie dat hulle ondergang bewerkstellig is deur die feit dat hulle die staatsinstansie ondersteun het nie. Waar en hoe jy jou kind onderrig het niks met die staat uit te waai nie.

GM ·

Kolla, jy is die enigste een wat dink Lesufi weet wat hy doen. Afrikaanse mense word oral uitgedruk, dit is hoekom daar dalk net “10 Afrikaanssprekendes” in party skole oor is wat ‘n paar jaar terug dalk Afrikaanse skole was.
Hy kan skole bou vir sy voorkeur groepie, daar is immers ‘n tekort aan skole, maar dis mos makliker vir hulle om te vat en te verwoes, as om op te bou. Blameer apartheid omdat die populasie so gegroei het en daar nie genoeg skole is nie – dis die regte ding om te doen…

Saint ·

Mnr Panayasi Lesufi,
Wanneer gaan jy leer dat jou werk is om skole te laat bou?
Hier is tog n duidelike bewys dat daar nie genoeg plek is byy openbare skole nie – nou help die mense hulself.
En wat doe jy.? Plaas van om die skole te help registreer sluit jy die skole. Gevolg is dat daar nog meer leerders wat nie by n skool ingeskryf KAN word nie ontstaan.
DOEN JOU WERK LESUFI !!!
BOU DIE SKOLE WAT BENODIG WORD EN LOS DIE POLITIEK UIT. DOEN JOU WEK VIR N SLAGGIE.

Stel ·

@Magda – Kom kuier vir my dan wys ek jou. Jy weet nie waarvan jy praat nie. Jy en Lesufi hou jul ewe slim. Die grap dink ek is julle.

Elsie Riekert ·

Wat word bereik deur kinders op hierdie stadium in oorvol skole te prop? Dis amper September. Skole word geplunder dus baat niemand by rekenaars ens. nie. Hope geld word gemors en almal word oorgeplaas of hulle nou in gr.10 kan lees en skryf of nie. Lesufi is duidelik besig met n politieke agenda. Op die ou end sal slegs ‘n klein getal jongmense kwalifiseer om hopelik oorsee werk te kry.

Gert Midstream ·

Nie geregistreerde skole??? My magtig man hoe word die ministerie bestuur? Vaderland wat ‘n verdere mislukking. Wonder of rekenaars ook daar verskaf was. Volwasse opgeleide opgevoede personeel met integriteit word vereis. Kort dit oral in staatsbestel? Verwys opvoedkundige instelleings universiteite. Studie subsidies. Silabisse gehaltes word jaarliks afgradeer. So val die eens magtige Babilon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.