
Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA
Dit volg op die mees onlangse debat oor ’n beweerde voorval van rasse-segregasie by ’n privaatskool in die noorde van Pretoria.
Volgens dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, is daar beslis tekens daarvan dat Afrikaanse skole deur Lesufi en sy departement geteiken word. “Dreigemente doen nou meer gereeld die rondte en Afrikaanse skole is ’n duidelike teiken. Dink maar aan die onlangse dreigement waarin Lesufi skole sou dwing om parallelmedium te word en die planne om sogenaamde ‘twinning’ op skole af te dwing. Boonop het die nuutste sage by die Curro-skool die klem probeer verskuif vanaf die land se meer as 80% disfunksionele skole na ’n opgeblaasde rassevoorval, ten spyte daarvan dat talle ouers bevestig het dat die betrokke voorval niks met rassisme te make het nie,” verduidelik Brink. “Lesufi vind byna weekliks ’n nuwe stok om Afrikaanse skole mee te kasty en ons vraag is eenvoudig – waarom?”
In sy brief skryf Brink onder meer aan Lesufi oor voorvalle soos dié: “Dit bevestig my vermoede dat u die Gautengse onderswysdepartement as politieke instrument inspan – die tragiese is dat kinders en hul opvoeding onder u agenda ly.”
Brink beklemtoon voorts ook dat Lesufi en sy departement veel eerder hul kragte moet toespits op die verbetering van onderwys in die provinsie en moet toesien dat die tientalle onderwysprobleme getakel word. “Ons kan nie politieke gevegte probeer veg terwyl net 35% van ons kinders behoorlik kan lees nie. Ons kan nie ander pad kyk terwyl sommige onderwysers net 3,5 ure per dag skoolhou nie. Ons mag nie die feite ten opsigte van dwelmmisbruik of die feit dat minder as die helfte van graadeens waarskynlik twaalf jaar later matriek sal klaarmaak, ignoreer nie.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
“Lesufir” kan gerus bietjie sy aandag gee aan skole waar “onderwys” gegee word, maar daar gebeur eintlik niks!!!!!!!
Hoekom is Afrikaans sy probleem?
Hoe kan die minderheid vir hom so ‘n kopseer wees?
Of is dit die enigste skole wat opreg presteer??
Hy is n rassis. Dis al. En ja, die skole in sy teiken presteer beter. Ons weet dit mos. Hy moet liewer aandag aan probleme gee en nie probleme soek waar nie is nie. Dis ongelukkig die hele regering se probleem.
Dalk moet PL vir ‘n tydjie self in die skool gaan deurbring om die werklike toedrag van sake te ondervind. En sodoende bietjie skoolopleiding ook te ondervind. Hy kry dalk ‘n raport of ‘n sertifikaatjie.
Afrikaners en Afrikaans is oor die algemeen vir die regering ‘n probleem. Waarom? Want Afrikaners presteer desondanks die feit dat elke wet op die boeke daarop gerig is om hulle te benadeel tot voordeel van die massas. Die feit dat die massas steeds vergaan van ellende ten spyte van hul skaamtelose bevoordeling bevorder nie toeneëntheid tot Afrikanes en Afrikaans nie. Die regering is skaam-kwaad en regeer dienooreenkomstig.