‘Lesufi teiken Afrikaanse skole’

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Solidariteit Helpende Hand het in ’n sterk bewoorde ope brief aan die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, uitgevaar teen die departement se aanvalle op Afrikaanse skole.

Dit volg op die mees onlangse debat oor ’n beweerde voorval van rasse-segregasie by ’n privaatskool in die noorde van Pretoria.

Volgens dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, is daar beslis tekens daarvan dat Afrikaanse skole deur Lesufi en sy departement geteiken word. “Dreigemente doen nou meer gereeld die rondte en Afrikaanse skole is ’n duidelike teiken. Dink maar aan die onlangse dreigement waarin Lesufi skole sou dwing om parallelmedium te word en die planne om sogenaamde ‘twinning’ op skole af te dwing. Boonop het die nuutste sage by die Curro-skool die klem probeer verskuif vanaf die land se meer as 80% disfunksionele skole na ’n opgeblaasde rassevoorval, ten spyte daarvan dat talle ouers bevestig het dat die betrokke voorval niks met rassisme te make het nie,” verduidelik Brink. “Lesufi vind byna weekliks ’n nuwe stok om Afrikaanse skole mee te kasty en ons vraag is eenvoudig – waarom?”

In sy brief skryf Brink onder meer aan Lesufi oor voorvalle soos dié: “Dit bevestig my vermoede dat u die Gautengse onderswysdepartement as politieke instrument inspan – die tragiese is dat kinders en hul opvoeding onder u agenda ly.”

Brink beklemtoon voorts ook dat Lesufi en sy departement veel eerder hul kragte moet toespits op die verbetering van onderwys in die provinsie en moet toesien dat die tientalle onderwysprobleme getakel word. “Ons kan nie politieke gevegte probeer veg terwyl net 35% van ons kinders behoorlik kan lees nie. Ons kan nie ander pad kyk terwyl sommige onderwysers net 3,5 ure per dag skoolhou nie. Ons mag nie die feite ten opsigte van dwelmmisbruik of die feit dat minder as die helfte van graadeens waarskynlik twaalf jaar later matriek sal klaarmaak, ignoreer nie.”

Klik hier om die volledige brief te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

EKKE ·

“Lesufir” kan gerus bietjie sy aandag gee aan skole waar “onderwys” gegee word, maar daar gebeur eintlik niks!!!!!!!

Se Maar Net ·

Hoekom is Afrikaans sy probleem?
Hoe kan die minderheid vir hom so ‘n kopseer wees?
Of is dit die enigste skole wat opreg presteer??

Winston ·

Hy is n rassis. Dis al. En ja, die skole in sy teiken presteer beter. Ons weet dit mos. Hy moet liewer aandag aan probleme gee en nie probleme soek waar nie is nie. Dis ongelukkig die hele regering se probleem.

KarooKlong ·

Dalk moet PL vir ‘n tydjie self in die skool gaan deurbring om die werklike toedrag van sake te ondervind. En sodoende bietjie skoolopleiding ook te ondervind. Hy kry dalk ‘n raport of ‘n sertifikaatjie.

Gerhard ·

Afrikaners en Afrikaans is oor die algemeen vir die regering ‘n probleem. Waarom? Want Afrikaners presteer desondanks die feit dat elke wet op die boeke daarop gerig is om hulle te benadeel tot voordeel van die massas. Die feit dat die massas steeds vergaan van ellende ten spyte van hul skaamtelose bevoordeling bevorder nie toeneëntheid tot Afrikanes en Afrikaans nie. Die regering is skaam-kwaad en regeer dienooreenkomstig.

Peet Schabort ·

Die man is so behep met en TEEN Afrikaans dat mens met hom kan toor.

lorayne ·

Hy spoel oor van haat vir Afrikaans en als wat daarmee tepaart gaan . . . maar tog WENS hy vir swart kinders om lekker styf langs die wit Afrikanertjies te sit?

Izzy ·

Dankie Solidariteit dat julle bereid is om vir mense soos ek, wat my kinders in Afrikaanse skole wil sit opstaan .Dankie dat julle bereid is om te veg vir ons kinders en nageslag se toekoms.

Carel ·

Lesufi – is net nog n dom rasis – hy dink as hy die afrikaner skole ondermyn sal ons afrikanse kinders domer word…nuus vir jou Lesufi….. dit het niks met taal te doen nie maar alles met verstandelike vermoe”.
Hoekom wil jy ons ons reg ontneem om in ons taal te onderrig – hoekom kry jy nie jou skole reg nie? Is jou onderwysers nie slim genoeg nie of is dit die leerders? Is dit dalk die kultuur? Dink bietjie hoekom wil swart mense hul kinders na skole ver van hul huise in die wit buurtes stuur – ………………..is dit nie dalk om dat daar beter onderrig sonder intemidasie en politiek is nie?
Dink hieroor hul weet waar daar beter skole is……… maar dis beter omdat dit op n sekere manier bestuur word met n doel om leerders te leer – so wat jy nou eintelik vir die wereld wys is dat jy nie beter skole as die afrikanse skole in ander gebiede kan laat werk nie – dis nogal snaaks – die ANC regering vertel dan vir die wereld hy kan alles beter doen as wat die witmense dit kon doen??……………………….nee jy lyk vir my maar onosel.

Ampie ·

Lesufi weet van onderwys niks. Daars is nie veel van hom op Google te vind nie, net groot aanprysings oor sy “aktivisme” en “leierskap of Studenteraad”. Natuurlik al die ANC kongresse bygewoon, lyk my dit is ‘n aanbeveling om hoof van onderwys in Gauteng te wees. So ons weet hy is ‘n kader, dat hy nooit skoolgehou het nie, en graag wit skole boelie omdat hulle te suksesvol is. Lesufi, kom ons identifiseer 500 swart skole (redelik maklik om 100% swart skole te identifiseer). Nou dring ons aan dat daardie skole in Afrikaans moet onderrig en Afrikaanse kinders moet akkommodeer. Ons gee nie regtig om waarvandaan die Afrikaanse kinders kom nie, ook nie of daar addisionele onderwysers of klaskamers is nie. Daardie 500 skole wat uitsluitelik swart kinders onderrig is rassisties Lesufi. Doen iets daaraan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.