Lesufi trek sluipmoordklag teen AfriForum terug

Panyaza Lesufi. (Foto: Verskaf)

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het sy bewerings dat die burgerregte-organisasie AfriForum ʼn “sluipmoord” op hom wou uitvoer, amptelik teruggetrek.

Lesufi het in November 2019 dié bewerings tydens ʼn mediakonferensie in Johannesburg gemaak en gesê die organisasie het selfs sy kinders agtervolg.

Die LUR het nou, jare later, vir AfriForum gesê hy is spyt dat hy dié bewerings gemaak het.

In ʼn gesamentlike verklaring wat deur die twee partye uitgereik is, meen Lesufi dat sy destydse bewerings in ʼn groter konteks beskou moet word, aangesien hy gereeld gebuk gaan onder aanvalle uit alle sfere van die samelewing.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê die feit dat Lesufi nou sy bewerings teen AfriForum terugtrek, bevestig net dat die uitlating blatante leuens was.

AfriForum het Lesufi verlede jaar vir laster gedagvaar, maar gesê die dagvaarding sal teruggetrek word indien hy sy bewerings in sy amptelike hoedanigheid terugtrek.

“Aangesien die LUR se erkenning aan AfriForum se eise voldoen, is daar geen rede om met die lasteraksie teen hom voort te gaan nie,” sê Kriel.

“Die belastingbetalers se geld sou ongelukkig vir Lesufi se regskoste gebruik word, maar omdat miljoene belastingbetalers se geld reeds deur sy departement – met die skandaal rakende die sanitasie van skole – geplunder is, wil AfriForum verhoed dat nóg geld op Lesufi se regskoste vermors word.”

Luidens die partye se verklaring erken Lesufi dat sy uitsprake rakende AfriForum ʼn skeuring tussen die twee veroorsaak het.

“Desnieteenstaande verbind die partye hulle daartoe om in gesprek te tree om ʼn herhaling van só ʼn situasie te voorkom en enige probleme wat in die toekoms ontstaan, aan te pak.

“Albei partye het hul menings, maar hulle het vantevore byeengekom om oor kwessies te debatteer en is daartoe verbind om dit voortaan weer te doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

MakersMark ·

Dis waarskynlik lede van sy eie party wat hom wil dood hê……

Johannes ·

Lesufi moes aanspreeklik gehou geword het vir sy uitlating. As Hofmeyr so iets oor die ANC sou kwyt geraak het, was dit voorblad nuus.

H.A. ·

Lesufi kom te maklik weg met sulke aantygings. Die eier het klaar op die grond geval. Ons probleem is dat ons te gou vergewe en vergeet.

JM ·

Lesufi is al bekend vir sy groot mond, wat dink hy kan net sê en doen wat hy wil. Hy het besef dat hy hom lelik sou vasloop met Afriforum. Minder praat en belowe, Lesufi! Waar is al die skole wat hy sedert die begin van die jaar sou bou?

Nick ·

Laat dit nou ‘n wit persoon was wat die aantuiging maak dan was die hel los. Hierdie nar het onderwys vernietig met sy uitsprake. Spring altyd op die ‘bandwagon’ sonder om eers die feite te kry.
Waar is Nonedo’s nou?

annie ·

Wat gaan ons geagte president nou omtrent die leuenagtige amptenaar doen?

Jacobus ·

Sovêr ek weet is dit ‘n kriminele oortreding. Insgelyks kwalifiseer hy nou volgens ANC standaarde vir onmiddelike promosie.

JohanR ·

As jy praat van sleg, slegter en nog slegter ANC kaders in Suid Afrika, dan is die ou hier naby bo op die lys! Kan ook nooit sien hoekom AfriForum die ou wou uit neem nie. Sekerlik vir AfriForum is daar is meer belangrike dinge om jouself meer besig te hou in SA?

007 ·

Afri Forum bly weg van die gemors af. Meng jou met die seëls dan vreet die varke jou. Ek sou baie geld betaal om hom agter tralies te sien.

Flip ·

Doen hy nou dieselfde as wat die DA met die juffrou Barkhuizen saak gedoen het. Vinnig om beskuldigings rond te slinger en ander te veroordeel voordat hulle feite het…..

KB ·

Die mannetjie se koppie raas al ‘n geruime tyd. Dis dalk tyd vir psigometriese toetse.

MrMagic ·

Ek dink ook so Piet. Geen rede waarom belatingbetalers se geld daarvoor gebruik moet word nie.

Lood ·

Is hy seker dit was nie dalk “Pest Control” wat hom wou doodmaak nie?

casper ·

Mnr Kriel — Julle kon ‘n paar miljoen in die Afriforum koffers gekry het deur dit net deur te voer !!!

Chris dupreez ·

Hoekom maak hulle nie n siviele saak teen hom in sy persoonlike hoedanigheid,

Jakes ·

Om Lesufi in n belangrike pos aan te stel soos hy tans beklee is n bewys dat die ANC se kader aanstellings glad nie op meriete of tegriteit gebaseer is nie want waarskynlik sal n laerskool leerling n beter job as hy doen.

Mariana ·

Glo nie sy verskonings of jammer sê nie, hy doen dit net omdat hy nie vervolg wil word nie. Hy praat normaalweg baie nonsens oor veral wittes, maar hy is dit nie werd nie. Kan nou selfs nie die mense van Orania uitlos nie. Altyd besig om te krap waar dit nie jeuk nie.

Tjaart ·

Hy moet die prys betaal vir sy swaksinnigheid. As hy n ander kleur was dan het hy nou nog probeer borgtog kry.

Chris ·

Lankal geweet hy is nie betroubaar nie. Nou het hy self erken hy is n leunaar.

Ettienne ·

Stem, die ouens wat jou wil verwyder moet jy maar in jou eie party gaan soek ….die ANC.

Juffrou ·

Wat ń onaangename stuk vleis dié! Alewig sulke onbesonne uitlatings net om aandag te kry. Altyd op die Afrikaners en Afrikaanse skole gerig. Maak sy mond nou permanent stil!

SjN ·

Nog n bewys van iemand wat nie bevoeg is om sy werk te doen nie.

Jannie van Niekerk ·

Liegsufi lieg. Dis verkiesingstyd nou probeer hy gesig koop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.