Lesufi-uitspraak verbreking van 1994-skikking

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die Solidariteit Beweging het Vrydag gesê op die oog af lyk vandag se uitspraak oor die geldigheid van die Gauteng-onderwysdepartement se omstrede toelatingsregulasies vir openbare skole, na die verbreking van die historiese 1994-skikking.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het reageer op die konstitusionele hofuitspraak waarvolgens Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR van onderwys, mag besluit wie in Gautengse skole geplaas moet word.

Buys meen dat vandag se skikking die beskerming van minderhede, soos die voortbestaan van Afrikaanse skole, vir ’n meerderheidsregering verruil.

“Ons sal die uitspraak nog verder in samewerking met ander groepe in die onderwyssektor bestudeer om met ’n amptelike strategie na vore te kom,” het Buys gesê. “Die kern van hierdie strategie sal gerig word op die uitbouing van ons internasionale reg op moedertaalonderwys, asook demokratiese ouer-inspraak deur middel van skoolbeheerliggame. Hierdie uitspraak bevestig ons siening dat demokrasie sonder vryheid net vryheid vir die meerderheid is.”

Lees meer: Grondwethof sê oor Gauteng se skooltoelatingsbeleid

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

John ·

Ja, soos by werkplekke. As daar een Engelse mens bykom, dan moet almal in die skool of by die werkplek Engels praat want die’ een mens kan of wil nie iets anders verstaan nie en sy/haar menseregte word glo dan erg geskend. Die ander s’n is minder belangrik. G’n wonder hulle hamer deesdae so op ons ou Van nie, want die wiel het nou weer tot daar gedraai (glo so 2,000 jaar gelede). Almal moet ook nou weer net Engels, Engels, alles wat jy sien en hoor… want Herrie die Strandloper verstaan net Engels, of was dit… Mandaryns?

Veritas ·

Die ‘inheemse bevolking’ se haat teenoor die blanke, en in besonder die Afrikaner, is bloot ‘n uitvloeisel van jaloesie. Jaloesie oor dít wat die Afrikaner deur die jare heen bereik en vermag het. Die Afrikaner se sukses is vir baie (Engelse ingesluit) ‘n steen des aanstoots, iets wat nie maklik geëwenaar kan word nie. Twintig jaar na die totstandkoming van ‘demokrasie’, begin hulle besef dat sukses net deur harde werk en deursettingsvermoë bereik kan word. Daarvoor sien hulle nie kans nie en gevolglik poog hulle om die Afrianer op enige moontlike manier te dwarsboom. Die mees effektiewe metode sal wees om die Afrikaner se identiteit te vernietig en vandaar die aanslag teen sy taal en kultuur. Deur by die skole te begin, is die eerste stap tot die vernietiging van iets wat hulle besef, hulle nie self kan bereik nie.

Theo ·

ek weet nie veel van die grondwet se bepalings nie, maar ek glo dat soldariteit dit nie hier sal laat nie. ek kan ook nie glo dat as daar een zoeloe sprekende kind na n vol afrikaanse skool gaan , dié skool hom/haar moet akkommodeer ? Wat gebeur dan hier?

Flippie ·

So sal geen ooreenkoms waaroor daar destyds beding en ooreengekom is die toets van die tyd gaan deurstaan nie. Daar voor is die weersin van die huidige regering in Afrikaans te groot.

Ons (Afrikaner/ Boer) se metodiek/strategie om die regime se aanslag op alles wat afrikaanserig lyk of ruik te weerstaan gaan nie werk nie. Ons maak van sg. beskaafde metodes gebruik om die aanslag die hoof te bied. Die regime aan die anderkant maak van ‘n boelie (barbaarse) taktiek gebruik om ons nageslag van hulle herkoms te ontruk en ons van ‘nageslag te ontneem. Dit is erger as Milner se onderdrukking van Afrikaans.

Psnaya Lesufi is besig met ‘n agresiewe en dodelike oorlog teen die Afrikaner/Boer. En dit lyk my ons is te ordentlik of te bang/slapgat om dit stop te sit. Ons beskerm ons steeds minder worderende aardse belange ten koste van geedtelike en fisiese weetbaarheid.

Ons wat eens ‘n onafhanklike volk in eie reg was, is in twintig jaar gereduseer is tot die bespotting van die ander Suid Afrikaanse volke. En ons keer vervaard vir die flenters besittings om ons wat ons ons aardse besittings noem te behou terwyl ons oer-vyhand ons van ‘n nageslag ontneem.

Dit het tyd geword om diegene wat ons sleg gesind is te wys van watter stofasie die Afrikaner/Boer gemaak is.

Afrikaner ·

Ek stem volkome, slapgat/bang/volstruissindroom verhoed Afrikaanssprekendes om te baklei.
Dis tyd dat ons opstaan!!

Skatimyr ·

Die probleem is nie te min skole nie maar te veel kinders, maar dít is die Olifant in die klaskamer wat niemand raaksien of nie wil raaksien nie want dit is polities nie korrek om daaroor te praat nie. Daarom sê ek hou by julle strategie van Doen jou eie Ding want dit gaan nie verander nie. Gebruik eerder geld en energie op ‘n meer positiewe manier.

Theuns ·

Wat het van FW se Wigte en Teenwigte geword? Ons is verraai. Ons hoop is op AfriForum gevestig en die Afrikaanse Volk in die algemeen. Ons moet leuns met die waarheid beveg!Ons kinders gaan ons haat as ons nie die rekord regstel nie!!!

Andrea van Vuren ·

Die gevolge van die “ja” stemmers. Die leerlinge van die afgebrande skole moet gehuisves word. Waar? In ons tradisionele gevestigde skole. Dis maklik om weer ‘n vuurhoutjie te trek en als te vernietig wat deur die jare opgebou is. Ek moet bieg. Ek gee op!

Johan ·

Van die begin van “vryheid” af het ons gesien hoe effektiewe be planning werk. Meer leerders, meer studente en minder tersiere instansies (univdrsiteite en technikons moet mos saam smelt). Skole word gebou en sommer vinnig verniel, afgebrand en en. Zimbabwe was ‘n goeie voorbeeld van hoe om alles op te voeter. Van broodblik tot geen blik. ANC is goeie studente op hierdie vlak en die EFF nog beter. Nie lank nie dan gaan Zim oud modies lyk ten opsigte van vernietig en “groei”. EISH

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.