Lesufi: ‘Voedingsgebiede vir Gautengse skole sal vergroot word’

lesufi-deur-ana-2019-03-11

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys. Foto: ANA.

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het die goedkeuring van verskeie nuwe skoleregulasies in die provinsie aangekondig.

Een daarvan is dat die radius van skole se voedingsgebied voortaan van 5 km na 30 km vergroot is.

Die aankondiging is Sondag tydens ʼn mediakonferensie in Johannesburg gemaak waar Lesufi gesê het talle nuwe regulasies vir die toelating tot openbare skole is goedgekeur. Dié regulasies sal in die Staatskoerant geplaas word en binnekort op die departement se webwerf verskyn.

“Skole sal nou aan almal behoort. In gewone Engels beteken dit: Voortaan kan jy aansoek doen by enige skool van jou keuse ondanks die ligging van die skool of die taal waarin onderrig daar plaasvind, selfs as jy werk het of werkloos is, ryk of arm is,” het Lesufi reeds vroeër hieroor getwiet.

Die verandering sluit glo in dat die departementshoof van die onderwysdepartement nou verantwoordelik is vir die toelating en plasing van leerders in alle gewone openbare skole in Gauteng. Die taak kan ook aan ʼn streeksdirekteur gedelegeer word.

Dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het Maandag gesê hy beskou die aankondigings as opportunisties.

“Dit sal onverantwoordelik wees van enigiemand, self die LUR, om ʼn ophef te maak oor nuwe skoleregulasies voor ons die amptelik gepubliseerde weergawe onder oë gehad het.

“Fedsas het insette gelewer met die vorige ronde kommentaar wat oor die voorgestelde skoleregulasieveranderinge in Gauteng ingewin is. Dit sal nou belangrik wees om te sien hoeveel van daardie insette gebruik is voordat ons weer kommentaar lewer.”

Carien Bloem, AfriForum se onderwyskoördineerder, het gesê die burgerregte-organisasie is ongelukkig dat van die skoleregulasies wel goedgekeur is ondanks duisende kommentare wat dit teengestaan het.

“Elke kind het die reg op onderwys, maar as kinders in skole geplaas word waar hulle nie die medium van onderrig verstaan nie, gaan dit ekstra druk op skole plaas om onderwysers te verskaf wat in die leerders se taal kan klasgee.

“Die onderwysdepartement begroot jare lank nie meer vir bykomende onderwysposte nie; inteendeel, hulle verminder poste. Die beheerliggame moet dan vir hierdie bykomende poste voorsien, wat bykomende druk op ʼn skolegemeenskap en sy ouers plaas.”

Lesufi het tydens die mediakonferensie ook gesê ouers sal nou nie meer gedwing word om hulle kinders in onderpresterende skole te plaas nie net omdat dit die naaste skool is. Hy het verder gesê onderpresterende skole sal nou hulle sokkies moet optrek om leerders te lok en elke skool sal gegradeer word sodat ouers weet wanneer hulle aansoek om toelating doen of dit ʼn goeie skool is of nie.

In reaksie hierop het Bloem gesê skole is klaar van kwintiel een tot vyf gegradeer.

“Wie se skuld is dit in elk geval as skole nie presteer nie? Dit is die departement se verantwoordelikheid om die nodige aandag aan skole se infrastruktuur te gee en genoegsame onderwysers, finansiering en hulpbronne aan skole te verskaf.

“Gaan kyk gerus, skole wat op standaard is, word deurlopend deur beheerliggame en finansiering van buite gedra.

“Taal, velkleur of geloof bepaal beslis ook nie of ʼn skool disfunksioneel is, of nie,” het Bloem bygevoeg.

Melanie Buys, ontwikkelingshoof van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), meen Lesufi beskuldig oorvol Afrikaanse skole vir die gebrek aan toegang tot skole in die provinsie, maar swyg oor die aantal disfunksionele skole wat leegstaan. Boonop word daar ook te min nuwe skole in die provinsie gebou.

“Eerder as om oorvol skole te dwing om meer leerders in te neem deur die voedingsgebied na 30 km te vergroot, moet disfunksionele skole reggeruk word. Lesufi vergeet dat dit al 25 jaar lank sy party se verantwoordelikheid is om belastinggeld te gebruik om toegang tot gehalte-onderrig te verseker.

“Verder praat die LUR van ‘toegang tot onderrig en kultuur … vir almal’. ʼn Leerkultuur, goeie eerlike bestuur, ouerbetrokkenheid en toegewyde onderwysers is inderdaad aspekte wat sekere skole suksesvol maak, maar gemeenskappe moet self daardie kultuur in hulle skole skep,” het Buys gesê.

Lesufi het ook Sondag die belangrikheid van gemeenskapsbesit en ouerbetrokkenheid beklemtoon. “Maar hy wil juis beheerliggame se magte beperk deur mag te sentraliseer in sy eie kantoor. Ouers kan ook kwalik deel vorm van ʼn skoolgemeenskap as hulle 30 km van die skool af woon,” het Buys bygevoeg.

Bloem het gesê AfriForum het met die vorige ronde kommentaar oor die voorgestelde skoleregulasies regsmening ingewin en sal nou weer daardeur werk om te bepaal watter verdere stappe gedoen kan word.

Die SOS het ouers intussen aangemoedig om flink op te tree en voornemende gr. 1- en gr. 8-leerders vir 2020 betyds in te skryf wanneer die Gautengse onderwysdepartement se aanlyn registrasieproses vir die leerders open.

Na verwagting sal dit in Mei wees, maar die datum is nog nie amptelik bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

AmY ·

Ek neem aan hy gaan die vervoerkoste ook dra, of gaan die kinders daar sit en wag tot die ouers wie weet watter tyd van die werk af kom?
En gaan hy ook bydrae vir die ekstra engelse klasse wat nou by die skole oopgemaak moet word?
Nee hy het nog nie daaraan gedink nie. Die skole sal maar die duur prys betaal.

Afrikaner ·

Lesufie het mos, veral seker so die afgelope twee jaar, oorlog teen Afrikaans verklaar en as hy hier nie sy sin kry nie, gaan hy die tande net nog dieper inslaan.

D B ·

Net nog ‘n manier om Afrikaanse skole wat werk te melk i.p.v. om eintlik sy werk te doen. So val alles wat wel nog werk in hierdie land.

m.d.r. ·

Soos AmY hierbo tereg opmerk dat Lesufi nognie die vervoer probleem oorweeg het nie—as ‘n leerder 30 km vanaf sy skool woon beteken dit ‘n heenrit van 60 km per skooldag….
En wat an Huiswerk of sport ….?
Hierdie man is beslis nie skerpste potlood in die pakkie nie…….of dalkies het hy vir hom ‘n paar taxis aangeskaf vir leerling vervoer,,,,,!!

BlinkStephaans ·

Julle weet julle kan nou maar raas en blaas en op en af spring… maar die kêrel sal sy wette deurstoot maak nie saak hoeveel insette daar was. Hy sal nie rus voor elke liewe skool disfunksioneel is. Maak maar liewer jul eie planne om jul kinders te onderrig… ñ plan wat nie die staat insluit… ek dink nie daar is regtig ñ ander uitweg. Voorbeelde van voorheen top skole wat besig is om agteruit te gaan is op elke dorp.

Leon ·

Dan sal Lesufi die wittes blameer vir die ineenstorting van die stelsel.

Rve ·

Dit gaan net lei na ‘n verskuiwing van die blanke kinders na privaat skole. Die hoër aanvraag da rna sal hopelik die pryse vir middelklas ouers om dit te kan bekostig. Ongelukkig gaan Lesufi dan net daardie skole teiken

Andre ·

Agbare Minister jou plan kan net werk as jy wegdoen met ons geldstelsel deur jou eie geldstelsel in te bring vir skole.
Nuwe poste se onderwysers verdien dan 9000 Lesufies per maand as die lerrders maandeliks hulle skoolfonds en vervoerkostes met Lesufies betaal. Probleem opgelos.

Pieter ·

Ek dink die tyd het aangebreek waar ons, ons Afrikaanse geld van die skole weerhou. Ons moet selfs daaraan dink om “Sel groep tuisskool” te begin en dalk ou blanke onderwysers weer werk te bied met sulke tuisskool groepies. As ek nog kinders gehad het, het ek hul beslis tuisskool onderrig gegee!

Gert van Wierdapark ·

Die man is ‘n “Meester” daarin om die “Stoele” op die dek van sy selfontwerpte Titaniek rond te skuif. Hy doen eintlik boggerol, maar trek darem die aandag van “verstekelinge” wat in die warboel kajuite bekom! Was hy ‘ n regte “dekhand” op ‘n boot, sou hy seker al gekielhaal gewees het vir lyf wegsteek.!
.

CV ·

Kan mens werklik skole wat verreweg deur hul eie ouers befonds word nog staatskole noem en het die departement dan eintlik die reg om hulle voor te skryf?

Bekommerd ·

Hierdie is mos die ou wat die DA 7.5 uit 10 gee vir sy briljante planne. Waar is die Lotriet vrou nou van die DA…gaan sy en haar DA nou baklei vir Afrikaanse skole wat werk? Ek is hoogs bekommerd! Ek hoop rerig die VF+ kom sterk in in Gauteng. Tor dusver is hulle die enigstes wat blyk die waarheid te praat as hulle se hulle veg vir moedertaal onderrig. Ek sidder om te weet watter township gewoontes en kulturele praktyke nou omder Afrikaanse skole losgelaat gaan word! Mens sukkel al klaar met vandag se jeug en al die regte wat hulle het…en ons dink dit is nou erg? Bitter bekommerd hieroor.

Alida ·

Hoe gouer hierdie nar die pad vat hoe beter. As hy skole begin bou het in 1994 was daar nie probleme nie. Na 1994 het daar n ontploffing van geboortes plaasgevind maar wena het weer nie gedink nie.

lewies ·

Dit is een ding om grense uit te brei, maar as die skole in die kinders se onmiddelike omgewing nie vol is nie wat dan? Lesufi erken nou dat die ANC se onderwyssituasie in so’n toestand is dat kinders na skole 40km verder vervoer moet word. Wat van die onderwysers as skole begin leegloop. Sy moeilikheid gaan daar begin, moeilikheid van geleerdfe en professionele mense. Watter onderwyser sal 40km ver ry as hy nou net 5 of 6km moet ry. Dit maak net nie sin nie en dit is kwaadwillig.

Waarom doen hulle nie meer moeite om swak funksionerende skole in die kinders se onmiddelike omgewing op te hef nie?

Antie ·

Omdat hy te onnosel is om swak funksionerende skole op te hef, hy weet nie hoe om dit te doen nie

Snowball ·

Lesufi, die argitek van die ondergang van Gauteng skole. In plaas van onderpresterende skole op standaard te bring deur behoorlike onderwysers en onderrig daar te stel, plaas hy met dié wetgewing nog meer druk op goed funksionerende, bestaande skole (wat standaarde handhaaf deur onderwysposte te finansier mbv hulle beheerliggme). Nêrens sprake van verbetering of opheffing nie, net ‘n intensiewer aanslag om skole wat presteer te verslind en te verwoes sodat almal ewe kreperend is.
Hierdie truuk is laer as slangbollie se skaduwee.

Jeremia ·

Klink na nóg een van die kamerade se verkiesingsplannetjies om vinnige oplossings te verskaf. Die volgende is in pyplyn:
1) slaan hande op mense se pensioenfondsgeld om staat se mislukte projekte / instellings te finansier, en
2) gebruik die paar bestaande skole wat goed funksioneer om ALLE leerlinge te akkommodeer.
Altwee plannetjies stuur op chaos af.
En indien die blink en joviale voorkoms van sekere politici inaggeneem word dan is hierdie garde baie in hulle skik. So byvoorbeeld straal en blink Minister van finansies van bonhomie terwyl die SA-skip sink.

ZAR ·

Ek wil weet wie is die onsigbare hand wat die idiote voorsê om die land in sy maai in te help!

BM ·

Dis ‘n kabaal wat al meer as 200 jaar hier bedrywig is met verskeie tentakels.

Leon ·

Toemaar, Solidariteit sal hierdie politikus gou-gou in die bek ruk.

Prok ·

Ouers, bring julle kinders na die CVO skole waar hulle in Afrikaans onderrig word, waar hulle nog Bybelonderrig as vak moet slaag en waar jy gerus kan wees dat jy jou doopbelofte aan God nakom.

Bernadette ·

2019 – SA Stats have released figures which reflect the reality that South Africa is headed for a huge crisis with growing unemployment, starvation, crime and the break down of society a certainty in the future. 54 Million South Africans. 80% Black. 9% Colored. 2.5% Asian. 8.5% White.

Hoe gemaak met die 80% Black, dit affekteer alles , die skole, besighede, die ekonomie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.