Lesufi weer LUR vir onderwys

Panyaza Lesufi. (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency (ANA)

Panyaza Lesufi is twee dae nadat hy as LUR vir finansies en e-regering aangestel is, teruggeskuif na die portefeulje van onderwys wat hy voorheen beklee het.

David Makhura, premier van Gauteng, het Vrydagoggend gesê die algehele nie-partydige terugvoer wat hy ontvang het, was dat dit beter vir die provinsie sal wees as Lesufi by onderwys bly “om sy goeie werk voort te sit en om te verseker dat ons provinsie die leier en pionier is van transformasie in die onderwys”.

Makhura het reeds gister aangekondig dat hy oorweeg om Lesufi weer LUR vir onderwys te maak. “Ek het verder besluit dat Nomantu Nkomo-Ralehoko die LUR vir finansies en e-regering sal wees. Die besluit om elke LUR in ʼn spesifieke portefeulje aan te stel is nie ligtelik geneem nie.”

Die VF Plus het vroeër Lesufi se verwydering uit die onderwysportefeulje as die enigste ligpunt in Makhura se uitvoerende raad verwelkom.

“Lesufi se plasing skep egter nuwe onsekerhede omdat hy voorheen gewys het hy is nie in staat om sy departement behoorlik te bestuur nie. Nou is hy weer in ʼn baie belangrike pos aangestel,” het die VF Plus toe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Andreas ·

Skuus dat ek hier indruk, maar hierdie boodskap kry ons toe op Republiekdag!
En dis Vrydag!
En Lesufi gaan NIE my dag verder versuur nie.

pieter ·

Siestog,seker gevra im terug te kom,sou dit nie maak in ander amp nie.Hou daarvan om mense te BOELIE EN AF TE KNOU.

Francois Joubert ·

Duidelik het sy eie mense gese “Hel nee, hou hom net weg van finansies”.

Hanna Hoekom ·

“Goeie werk” voort te sit?! Rassehaat aanblaas, funksionele skole aftakel, onbenullige hofsake ens. Wat mis ek?

Boerboel ·

Net n’ paar dae terug was ons almal bly nou is hy terug. Agnee hy vat nou behoorlik die huppel uit my stap . Dis glad nie goed vir Afrikaans in skole nie. Hy beteken niks, gee hom eerder die trek pas!

Jacques ·

Mmmmmm….dog dit is 1 April. Te koel so kan nie wees nie.

Nelia van Zyl ·

Skandalig!! Hy weet NIKS van onderwys nie. Hy kan net Afrikaanse skole teiken. En die minister dink hy is knap. Knap met wat?? Gauteng gaan mank aan genoeg skole en opgeleide onderwysers in sekere gebiede. Kry hom in ‘n openbare debat en toets asb sy vak – en onderwyskennis. En laat die minister kennis neem – die buiteland lag vir SA se onderwystrapsel.

Andreas ·

Die probleem was dat hy nie syferkundig ingestel is nie, maar tog baie hoog in die ANC aangeskryf was, so hulle moes plan maak, en walla, hy is terug in sy ou jop.

Andreas ·

Nee die probleem was dat hy nie syferkundig ingestel is nie.

Andreas ·

As dit nie ‘n voorbeeld van ‘n kader is en hoe die ANC hulle aanwend nie, weet ek nie wat dit is nie.

Ellisras ·

Dit is nou die slegste nuus van die week. Al wat Lesufi doen is haat aanblaas

Jacques ·

Hy gaan nou klaar maak wat hy begin het , onderwys heeltemal in die grond in druk .

Lucifer ·

Wat ‘n gemors!
Koolstofie is terug om rassehaat aan te vuur.

Pieter ·

Nou gaan Lepufi die onderwys met nuwe passie verder vernietig. Opbou en verbeter pas nie in sy raamwerk nie.

Leon Stevens ·

Hoe kan ‘n premier konsuis hierdie skuif maak? Het die President hom nie amptelik aangestel as LUR vir finansies en e-regering nie? Verontagsaam die premier dan nou die President se aanstelling van Lesufi? Hoe werk dit dan?

Leon ·

Dit laat my dink aan paar gelede met Finansies minister-
“Jy is die minister / LUR, maar net vir twee dae hoor!” :-)

jakes ·

Dis ooglopend dat hulle vasgestel het dat hy eintlik n gevaar inhou vir finansies en dus skuif hulle hom terug na onderwys want hy het onderwys so opgefoeter dat niemand dit weer sal regruk nie.

! ·

Ek dink hy het gaan smeek/dreig dat hulle hom terugskuif sodat hy sy vernietigingswerk en aanslag op die Afrikaner kan voortsit.

Stormjaars ·

Ek maak seker dat my kinders reg geleer word. Die CancER sal nie ons taal afbreek nie. lesufi kan in sy kanon invlieg. Ek sal nie ingee nie. Hy kan maar sy slangolie aan sy eie mense gaan verkoop.

Justice ·

Makhura is reg – Lesufi kan nie met die Provinsie se finansiele sake vertrou word nie.

Andreas ·

As daar enige positiewe na die verkiesing oor die land gespoel het, het hierdie berig die land se rug gebreek.

Waarom? Omdat die kennis en opvoeding van die land se jeug weer in die afgrond gestuur is, dat niks meer rasioneel is nie, niks meer wat mens … ja, voeg elkeen sy hart se teleurstelling by waarom die land oor die vlate van verlate rommel uitkyk.

Vintcent ·

Sy primêre doel is om skoor te soek met Afrikaners. Hy pas net ANC-beleid toe. Hy het geen ander vaardighede nodig nie.

Afrikaans ·

Dit gaan nie net daaroor nie, hy druk ENGELSE Kinders in Afrikaanse skole in terwyl ENGELSE skole leegstaan. Ek dink julle maak die issue kleiner as wat dit is. Daar is nie genoeg skole vir die influks van die ‘nuwe generasie’ nie. Nou is daar te min skole en te veel ‘ ingelse’ kindertjies. So waar die Afrikaanse skole dalk ‘n beperking van 30 kinders per klas het, druk hy nou no 20 daarin agv sy onbevoegdheid om nuwe skole te bou. Die 20 kinders is dan oorwegend Engels en nou moet daar ‘n ENgelse onderwyser vir hulle aangestel word. Die godsdiens raak onmiddellik ‘n issue en die godsdiensperiode verval. Die kinders wat ENGELS moet leer is soms so agter omdat hulle eintlik net ‘n etniese taal ken,so daar moet nou ‘n persoon aangestel word wat die etniese taal verstaan en engels sodat sy kan ‘vertaal’ .. Die skool het begroot vir 800 leerlinge se boeke, hy druk nog 200 daarin, nou is daar 1000 leerlinge wat moet boeke kry met minder betalers. So ONGELUKKIG is dit nie NET oor Afrikaans nie, maar oor die hele kultuur in die skool wat daarmee verander asook die opset. Vreemde onderwysers, vreemde kulture, vreemde gewoontes, vreemde dissipline .. Skielik moet alles vir die kinders verander wat in die skool WAS, om aan te pas by die nuwes wat daar ingedruk word ..

Andreas ·

Ons moet hierdie man se denke en dade met alle mag tot ons beskikking veg, ons moet elke greintjie krag gebruik, al kos dit die laaste sent wat ons het, ons moet maar geen steen onaangeroer laat nie. Ons is dit aan ons self, ons gewete, ons kinders, kleinkinders en nageslagte se toekoms verskuldig.

moedertaalonderrig ·

Wie het die druk uitgeoefen ? my eerste vraag. My tweede vraag dit sal ek later vra…

Oujongvrou ·

As die VF net stil gebly het was hy nog steeds weg. Maar toe moet die ANC vir Groenewald n punt bewys, naamlik dat hy maar terug geskuif gaan word. En die stertjie van transformasie as goeie werk is ook nie toevallig nie. Dankie die Vader ons kinders is in ander lande met hulle kinders

Ig ·

Tot dusvêr is hy taamlik in toom gehou deur sekere organisasies se hofsake en dreigemente met hofsake. As daardie organisasies hulle kaarte reg speel is dit is net ‘n kwessie van tyd voor ‘n hof bevind dat hy ongrondwetlik en kwaadwillig optree. Dan is sy doppie geklink onder die nuwe bewind.

Andriette ·

Dit voel of ek wil braak. Lesufi jy maak my siek. Jou rassistiese aanvalle is ten koste van die kinders wat net wil skoolgaan. Wat saam met hulle swart en wit maatjies revue doen, op kampe gaan, eksamen skryf, skinder oor die nuutste pop liedjies. Regtig. Voetsek net man.

Pim ·

Hulle het dit aspris gedoen! Hulle se eintlik net vir ons hy is te dom vir finansies so hulle moet hom nou maar terug skuif…..

Jopie ·

Ek weet hoekom hy terug is. Julle sien hy is terug aangesien hy sy werk briljant doen. Hulle kan nie bekostig om hom te verloor in die onderwys nie. Die werk waar voor hy aangestel is en wat hy so vantasies uitvoer is natuurlik niks anders as die verwoesting van ons taal en kultuur op die mees invloedrykste vlak van ons samelewing nie. Dus is dit n “briljante” skuif van die ANC. Lefusi doen ‘n baaaaaie goeie job vir hulle.

Andreas ·

Hier is nou drie baie vrof appels in die land om die aandag af te lei en ons besig te hou sodat die ander nie so vrot lyk nie. Die een is Lesufi en die ander twee is David Mabuza en ACE.

Eddie ·

Ek kom agter baie ouers doen nou tuisonderig in moedertaal en ek is oortuig dat die resultate beter gaan wees , solank die onderlinge sosiale betrokkenheid en ander aktiwiteite van kinders nie afgeskeep word nie !

Andreas ·

Volgens bronne geGoogle het hy ‘n Meestersgraad in Besigheids Administrasie.

Klipindiebos ·

Die burgers wat in SA gaan agterbly sal langtermyn moet begin dink. Dit help nie dat enige van ons wat agterbly, net dink aan hierdie geslag Afrikaners wat moedertaalonderrig moet ontvang nie.

Piet parys ·

Dit is net n feit dat die Zuma faksie vir cyril aan die kort arm beet het.

Dries du Toit ·

Die DA juig oor sy aanstelling wat sê Annelie Lotriet nou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.